Kolkat op sy mooiste

Vroegoggend met goue lig en die volmaan nog steeds sigbaar…_MG_4442

Hy stap doelgerig aan…_MG_4457

‘n Ent verder vly hy hom neer …_MG_4494

Bespied die wêreld…_MG_4489

en begin doen wat alle katte doen…was homself van kop tot tone…_MG_4512

Lek elke kolletjie wat hy kan bykom…_MG_4524

tussen die tone…_MG_4546

Kou ‘n paar lastige bosluise af…_MG_4551

Agterpoot in die lug terwyl hy op ongemaklike plekke probeer bykom…_MG_4527

Tussen elke toon word sorgvuldig gelek…_MG_4556a

 

52 Replies to “Kolkat op sy mooiste”

    1. Ek stap tot teen die dier, fluister net sagte koer woordjies en siedaar! LOL!
      Waar ons gaan, ry hulle letterlik tot by die diere en dan het ek ‘n 100/400 lang lens. Soms kom hulle so naby die voertuig, dat my lens te lank is. Daarvoor hou ek ‘n tweede kamera gereed, met ‘n korter lens.Hierdie was miskien so vyf meter weg. Die eerste foto met die maan, was heel ver, maar die lang lens het daarvoor opgemaak.

      Liked by 1 person

        1. In die begin was ek skrikkerig, maar met baie jare se ervaring leer mens om hul lyftaal te lees. Dit beteken steeds nie dat niks kan gebeur nie. Hierdie katte word van kleinsaf gewoond aan die voertuie, maar daar is ‘n spesiale boskode van respek teenoor die diere en hul spasie. Net drie voertuie word per dier toegelaat.

          Like

    1. Ek gebruik ‘n 100/400 Canon lens. Verder is dit nogal ‘n kuns om dit stil te hou, want dis baie swaar. Op die voertuig het ons vasgeskroefde spesiale kussings, waarop die kamera kan rus. Die groot geheim is ook om in regte lig presies reg geposisioneer te wees. Ons is bevoorreg om gereeld na hierdie spesiale plek te gaan, waar die veldwagter en spoorsnyer ons wense uitvoer.
      Die groot ding is egter jare se oefen!

      Liked by 1 person

    1. Wanneer ek deur die lens kyk, sluit ek my af van die wêreld en dan dink ek nie eers oor oë wat vir my kyk nie! Hy was seker ‘n halfuur besig met sy wassery, maar die lyflekkery se foto’s het nie mooi uitgekom nie, want hy het te veel beweeg, dan is die foto’s nie skerp nie.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s