Onweerswolke…

hang weer oor haar kop en dreig om haar te verswelg. Agt jaar lank al sorg sy vir haar kleinkind wat deur sy ma weggegooi is. Gedurende hierdie tyd het sy ma beswaarlik iets bygedra tot sy opvoeding en moes hy baie verjaarsdae teleurgestel word, as sy nie eers moeite doen om te bel nie. Dan moes Gogo (ouma) maar troos, trane afvee en mooipraat.

Intussen het sy ma weer swanger geraak by ‘n ander man en lewe geskenk aan ‘n dogtertjie. Vir hierdie kind het sy alles gedoen en selfs die geld waarmee sy vir Surprise moes klere koop, gespandeer op pienk goedjies. Juis in hierdie tyd, het sy hom nooit besoek of enige aandag aan hom gegee nie. Die tragedie tref en die dogtertjie sterf onverwags op die tenger ouderdom van vyf maande.

Skielik slaan sy weer by Gogo uit en huil hartroerend oor haar dogtertjie. Sy bieg met trane in haar oë, dat sy Surprise versaak het en weer met sy pa wil regmaak. Intussen het Surprise se pa reeds aanbeweeg met ‘n ander liefde. Toe hy dinge wou regmaak, wou sy nie en noudat sy ellendig is, wil sy weer sake regmaak. Al is Gogo jammer oor die slap mammie se verlies, verseker sy haar die lewe werk nie so nie.

Uit die bloute is daar ‘n foonoproep van slap mammie se pa af en hy dreig vir Gogo dat hy sy kleinkind kom haal.  Sy skop vas en hy dreig haar met die woorde dat sy nie met ‘n Xhosa moet sukkel nie. Surprise het die gesprek oor die foon gehoor en is sommer vir ‘n week lank siek. Die oupa se plan is dat Surprise  Transkei toe moet gaan en by sy ander vrou gaan bly. Hy kan nie die taal praat nie en ken nie eers die mense nie. Hy het nog nooit eers sy oupa gesien nie!

Gogo vermoed hulle wil hom inspan om veewagter te word en hul vuilwerk doen. Wat eintlik agter alles sit, is dat hy weer begin praat oor “damages”. Krismis lê mos weer oom die draai!

Vrydag lui die foon en dis weer die oupa wat begin met sy dreigemente. Gogo was intussen by die welsyn en hulle het aanbeveel dat sy regstappe doen as daar nie tot ‘n vergelyk gekom kan word nie. Die oupa eis nou R7000 vir “damages” en Gogo sê dis regso, maar eers moet hy betaal vir die 8 jaar wat sy die kleinkind versorg het en sy wil ook al die “grant” geld hê wat die ma nooit vir haar gegee het nie. Plus sy gaan ‘n saak van bedrog teen die ma maak, omdat sy die grantkaart gehou het vir eie gebruik. Kliek, die foon is morsdood.

Surprise was weer die hele naweek siek!

My hart is stukkend vir die kind…

Naskrif: Blykbaar is dit ‘n kulturele ding dat die dogter se familie geld kan eis by die seun se familie, as ‘n kind buite die huwelik gebore word.

Hartseerste is dat die oorlede babatjie se pa se familie “damages” moes betaal, terwyl haar lykie al in die lykshuis was…skandalig! Die Xhosa oupa het dit self vir Gogo vertel, as deel van sy dreigtaktiek.

Die verhaal sluit hierby aan https://perdebytjie.wordpress.com/2018/07/03/surprise-wat-n-skat/

67 Replies to “Onweerswolke…”

  1. Verskoon tog menz se Frans: maar kultuur of nie, is dit fucked up om ‘n kind as kommoditeit te sien of te gebruik. En elke keer Surprise se hart te breek.

    Die ma en haar familie behoort geensins voort te plant nie.

    Liked by 2 people

        1. Dis beslis verkeerde redes. Hulle het nog nie ‘n dag lank omgegee vir die kind nie. Dis wat ek so skandalig vind, dat mens ‘n kind kan gebruik om geld te genereer. Geen wonder ons sit met sulke sosiale probleme nie…kinders word rondgegooi soos speelballe!

          Liked by 1 person

    1. Jy kan gerus daaroor skryf, Danie. Ek het al self gewonder oor kultuur en die logika daarvan. Ons kultuur het ook lelike goed en soos wat die wêreld verander, moet kultuur tog ook aanpas daarby. Mens kan nie skuil agter kultuur as iets duidelik verkeerd is daarmee nie.

      Like

  2. Dis so sleg dat kinders so misbruik word, want die bliksels weet dat kinders die grootste manipulasie tool is…ek moet liewers nie sê wat ek voel nie. Dalk omdat daar in my eie lewe ‘n soortgelyke situasie is…reeds daarvoor kan ek nie praat nie. Sulke tye wens ek dat sluipmoorde maklik kon wees, regverdigbaar.

    Liked by 2 people

    1. Sover het dit die outjie gered van ‘n groot gemors. Ek weet nie of jy alles oor hom gelees het nie, maar hy het twee jaar by ‘n ander ouma gebly, waar hy amper ‘n volslae alkoholis was reeds op tweejarige ouderdom. Die ouma bedryf ‘n sjebien en die kind is aan die verskriklikste goed blootgestel. Arme Gogo het haar vrek gesukkel om die kind weer reg te kry en nou begin die nonsens weer!

      Liked by 1 person

  3. I’m not sure the translation was clear but I think I got the general idea. Allow me to say this: European liberals have no idea how far away some cultures may be. And as much as I have lived and traveled the world over, (which does open one’s eyes) there are some… “cultural” aspects I dislike thoroughly. There! I’ve said it. 😦

    Liked by 1 person

    1. This is about a child being thrown around. Grandmother has been looking after him for eight years and the family on the other side wants money for ” damages”, because her son made their daughter pregnant. They never paid a cent for his upbringing or anything. This nonsense always starts around this time of the year. I am also tired of being politically correct. The logical explanation is that this is not correct, albeit “culture”. So many bad things happen in the name of culture. We also experienced a lot of that in my life. Nowadays I distance myself from culture and use my own brain to decide if it is nonsense.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s