
My bydrae tot blokraai woordsnoere.
Dis Woensdagmiddag. ‘n Gees van opgewondenheid heers in die township. Van orals kom hulle aan en gly teen die skuinste af wat lei na die oop grasveld, waar die klein lorrietjie elke week parkeer. Die rede vir hierdie samekoms, is ‘n wenresep vir opvoeding.
Dit gebeur juis na skool en kinders vol lewenslus, kom met hul honde hier bymekaar om ietsie te leer, oor versorging van troeteldiere. Honde so groot soos oerangoetangs, middelslag honde, klein brakkies, meeste aan leibande, kom met hul base aangeswerm om hul kleims af te steek.
Aanvanklik lyk dit soos ‘n komedie wat hom hier afspeel en die hewige belangstelling, prikkel die buitestaander se nuuskierigheid. Wat sou die aantrekkingskrag wees en wat gaan eintlik hier aan?
Op eie inisiatief is iemand besig om elke Woensdag die kinders te help om hul diere te bad. Hulle moet self inspring, seep smeer, was en afspoel. As hulle klaar is, lyk die eens vuil en verwaarloosde diere weer moedermooi!
Sommige word eenkant geïsoleer en mooi ondersoek. Ontwurming word gedoen en raad uitgedeel oor moontlike makabere velsiektes of septiese aandoenings op die dierelyfies.
In ons droewe land moet politici ophou om deur hul enge getinte lense te kyk en liewer hulself vergewis van die fenomenale bydrae wat vrywillige engele daagliks verrig.
Maat! Dis nou mooi vertel, en ja, dis hoe ons die land kan omkeer. Ek is mal hieroor. Dankie dat jy kom saamstring.
LikeLiked by 1 person
Dankie Lekkervurig. Dis waar mense ophou praat en begin doen. Hierdie dinge word nie deur iemand wat op ‘n egotrip is, aan die grootklok gehang nie. Dit word stilweg gedoen.
LikeLike
Daai is die engelwerk en wat saak maak en verskille maak. Die een hand weet nie wat die ander hand doen nie!
LikeLiked by 1 person
Ek het toevallig hiervan by my huishulp gehoor. Sy gaan môre kyk of sy kan uitvind wie dit doen. Dalk is dit die DBV of Animal Anti Cruelty League wat dit doen. Ek sal probeer uitvind.
LikeLiked by 1 person
Mooi verhaal,
Ik zie hier in Vlaanderen ongeveer dezelfde problemen.
Groetjes van uit Tienen.
Theo
https://groetenuittienen.blog/
LikeLiked by 1 person
Daar is te veel mense wat hul diere verwaarloos. Dit kan slegs beveg word deur opvoeding. Baie dankie dat jy kom lees het, Theo.
LikeLiked by 1 person
Bedankt voor jouw reactie
Het zet me ertoe aan om in het we daarover een bericht te plaatsen op mijn Blog rond dat onderwerp.
Ik ben nu nog bezig om wat technische veranderingen aan te brengen op mijn Blog, maar daarna ga ik het zeker en vast doen.
Nogmaals bedankt.
Groetjes uit Tienen
Theo
LikeLike
Een van de veranderingen die ik op Blog aan het doen ben is de Lay-Out van de catgorieën onder andere deze https://groetenuittienen.blog/category/fotografen-photographs/in-de-kijker-zuid-afrika/
LikeLike
Pragtig gedoen, Perdebytjie. So ń positiewe verhaal lig mens se gees op.
LikeLiked by 1 person
Dankie Una.
LikeLike
Dis kosbaar, mooi Bytjie❣
LikeLike
Baie dankie Bondeltjie.
LikeLike
Wat ‘n wonderlike storie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Heel mooi gedaan, ik ben er een beetje jaloers op.
LikeLiked by 1 person
Dankie Paul…goed om te hoor iemand is jaloers!
LikeLike
Wat een prachtige daad. Lopen daar dan zoveel honden op straat die niet verzorgd worden? Of heb ik het niet goed begrepen?
LikeLiked by 1 person
Hierdie speel af in ‘n oorwegend arm woonbuurt, waar mense uit onkunde, nie hul honde goed versorg nie. Daar word pogings aangewend om die kinders bewus te maak van hoe jy teenoor diere moet optree.
LikeLiked by 1 person
Een heel mooi initiatief Dina!
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n mooi opheffende verhaal Bytjie. Ons moet almal onthou dat die klein dingetjies wat ons vir mekaar doen belangrik is, want dit lei tot groter samehorigheid en samewerking. Jy het baie mooi gesnoer.
LikeLiked by 1 person
Ek is elke dag verstom oor wat mense vir mekaar doen….dankie vir kom lees, Hester.
LikeLiked by 1 person
Ek het hierdie storie baie geniet.
LikeLiked by 1 person
Dankie Anne.
LikeLike
Dieren hebben verzorging nodig.
Mooi verhaal hierover.
LikeLiked by 1 person
Dit is so waar…dankie dat jy kom lees het, Suske.
LikeLiked by 1 person
Jitte dis nou ‘n oulike idee…ek hou hiervan. Dankie vir die mooi stuk Perdebytjie.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer, Kameel.
LikeLiked by 1 person
Joe-kie-doekie, dis nou nie net netjies geskryf nie maar ook n besonderse storie. Baie goed om te weet daar is sulke “klein” dingetjies wat gebeur om veral die kinders te laat deel in die versorging.
LikeLiked by 1 person
Verandering begin juis by kinders. Dankie vir inloer, Ineke.
LikeLiked by 1 person
Beslis, hul is nog vatbaar vir verandering.
LikeLiked by 1 person
Wat een fantastisch iets.Kinderen leren hier eigenlijk al spelend een hele boel.Het is goed voor de honden ook.Respect voor al diegenen die hier aan mee helpen
LikeLiked by 1 person
Dit is nou oulik vertel. Ek het dit baie geniet.
LikeLiked by 1 person
Dankie Sonell.
LikeLiked by 1 person
Fijn dat mensen dit doen. Een hartverwarmend verhaal. groetjes, Hanneke
LikeLike