Die Valentyn wat ek liefs wil vergeet.

Ek het nooit baie kêrels gehad nie, was maar ‘n skaam jongmens. In my jeugjare was daar nie iets soos Valentynsdag nie en dis maar eers die laaste paar jare wat hierdie storie in SA begin kop uitsteek het. Dus, mens het nie so ‘n dag nodig om in elk geval ‘n totale gek van jouself te maak wat die liefde betref nie.

Die storie gaan eintlik oor my suster. Die seuns het soos bye om haar gezoem en reeds in standerd vyf op ouderdom twaalf, het sy al ‘n vaste kêrel gehad. Op hoërskool het die matriekseuns slote getrap na ons voordeur en wie moes altyd die deur vir hulle oopmaak? Die uwe, armsalige ekke, droëbek, wat nooit ‘n man se knieë kon lam maak nie.

Sommige kêrels was nie baie welkom nie en dan was dit my onaangename takie om vir hulle te jok, dat sus nie tuis is nie. Een so ‘n knaap, was onafskudbaar soos ‘n bosluis en wou maar net nie die boodskap kry nie. Eendag klop hy weer aan die deur  en sus wat in die sitkamer was, kruip hande-viervoet by die sydeur uit en los my om die leuen te vertel. Hy sê toe dat hy haar deur die venster gesien vlug het! Ek het soos ‘n totale gek gevoel, maar dit was die laaste sien van dié blikkantien!

Wat my eie liefdes betref…ek hou dit maar geheim.

Inlinkzskakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=816460

30 Replies to “Die Valentyn wat ek liefs wil vergeet.”

  1. Ek het nou sommer lekker gelag. Ek het nie susters gehad nie – wel ouer broers wat ook altyd ‘n toeloop van meisies veroorsaak het onder die dekmantel dat hulle by my wou kuier. (Daardie dae is daar skeef gekyk na meisies wat agter seuns aanloop). Ek wou niks van hulle weet nie, want hulle was baie ouer as ek en ek was gewoonlik sommer snipperig met hulle.

    Liked by 1 person

  2. Wha ha HAA! So… die liefde het jou ander wyshede geleer!
    Gelukking het jy die bollie gegorrel om jou sussie te beskerm… dink net… as daai blikbeker dalk vir haar in die hande gekry het… dalk sou jy dan moes moord pleeg! 😉
    Ek neem natuurlik aan jy het wel die wysheid afgeleer in latere lewe!! 🙂

    Liked by 1 person

    1. Ek is so bly my sus kon daardie vent afskud. Hy was regtig grillerig.Ek het self op my dag weggekruip vir ongewenste besoekers😄😄Ek weet nie of ek regtig wys geword het deur die jare nie.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +