My wapens teen beurtkrag…

Vir my Nederlandse lesers…ons gaan tans gebuk onder beurtkrag. Dit beteken dat ons nasionale kragnetwerk nie genoeg elektrisiteit kan opwek om in die vraag te voorsien nie en dan word krag beurtelings vir ‘n aantal ure na alle gebiede afgeskakel. Die rede hiervoor is jare se korrupsie, onkundigheid en tans bankrotskap en skuld van miljarde.

Dis chaos op die paaie, banke is gesluit, winkels kan net beperkte besigheid doen, sommige besighede is besig om onder te gaan as gevolg van die verlies aan inkomste…die prentjie is duister.

Hierdie twee vrugteflesse met hul sonkragskyfies, is my lig in die duisternis.

Voorkant…IMG_0599

Agterkant…IMG_0601Die probleem is net, ons het drie dae laas son gehad, dus is die lig amper uitgedoof. Ek kla egter nie oor die broodnodige reën nie…ek sit liewer in die donker!

52 Replies to “My wapens teen beurtkrag…”

  1. Dis te pragtig. Is seker Namib sandjies? Dis nou n goeie idee. Gaan dit in my nood trommel sit sodat daar lig is saans. Dis regtig n bose kringloop wat aan die gang is. Wat nou van die yskas/vrieskas goed in winkels en by die huis. Dis net ongelooflik hoe sleg dit is. Jul sal maar na daardie wind kassie soos van ouds moet gaan met die vleis wat nie in yskas kan wees op ou end.
    Ek het nie woorde vir die toestand nie. Geen krag, geen water, wat nou nog?

    Liked by 1 person

    1. Ons maak maar planne en pas aan daarby. Daar heers egter ‘n algemene gevoel van woede omdat onkundige mense oor jare heen, die maatskappy geplunder en in die afgrond in bestuur het. Almal weet wie hulle is en hulle loop skotvry rond!

      Like

    1. Those are canned fruit jars and some very clever person started manufacturing the solar panel tops and these jars could be bought at outdoor shops and in Kruger National Park in South-Africa. They have been available for quite a few years now. I have such a lot of stones,feathers, seeds and other natural memorabilia, that I can regularly change the scenes in the jars.Thanks for visiting!

      Like

      1. Are you serious?! Solar panels inside the lids? I couldn’t figure it out, no wonder! Yes, very clever.
        That’s what I would do – change the “scenery” regularly. Well, maybe someone will sell them over here…. Thanks for explaining, Dina, I appreciate you taking the time to write all that out, in English! 😉
        OK, I found them online! 🙂

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s