Bosstories

Na die onlangse laat somerreën, lyk die bos soos ‘n paradys. Die gras staan hemelhoog en orals vlieg insekte, skoenlappers en motte om hul laaste funksies te verrig, voordat die seisoen draai na winterslaap. Die voëls kwetter in die bome en die lowergroen plantegroei, bring ‘n ongekende atmosfeer van vrolikheid vir die bosbewoners, groot en klein.

Lientjie Luiperd is vol lewenslus. Sy klouter in die bome rond…_MG_5844

Spring af…_MG_5851

Skrik haar amper flou toe Mammie Mientjie haar stilletjies bekruip…_MG_5859

Ja, jy moet altyd paraat wees, my meisiekind…_MG_5861

Soos die twee aanstap en Mammie Mientjie hul gebied afmerk, spring Lientjie in elke denkbare boom en bespied die wêreld…_MG_5867

Niks daar nie…af na die volgende boomstomp…_MG_5873

Te laag, ek kannie oor die gras sien nie…_MG_5878

Daar gaan Mammie, ek beter byhou…_MG_5880

In die bos moet mens altyd versigtig wees…_MG_5883

Mammie Mientjie neem die voorhoede en konsentreer kliphard op die omgewing, elke sintuig ingespan…_MG_5895

‘n Lekker hoë termiethoop, dien as uitkykpos en daarvandaan kan gevaar en moontlike kos bespied word…_MG_5907

Mammie hou ‘n wakende ogie, terwyl Lientjie ‘n bietjie verder op haar eie verken…_MG_5924

Sy waag dit nie te vêr nie…_MG_5916

Wie loer so nuuskierig tussen die bome uit? Kammie Kameelperd het lankal ons posisie weggegee en die rooibokke het laat spaander…weg is ons ontbyt!_MG_5936

Laat ons maar doen wat alle katte goed kan doen…_MG_5939

Te lekker…_MG_5954

Nou is dit Lientjie se beurt om ge-aai te word…_MG_5956

Ai, dis salig om styf en veilig teen Mammie te lê…_MG_5958

_MG_5960

_MG_5961

Vir oulaas nog ‘n oor skoon lek…_MG_5964

Innige diereliefde…_MG_5966

Rustelose Lientjie se nuuskierigheid dryf haar alweer om verder te verken…_MG_5975

Kom nou Mammie, ek is honger en ons moet daardie rooibokke gaan bekruip…_MG_5985

Ek kom skat, wees net geduldig…_MG_5990b

Hier laat ons die twee met rus…ons wil hulle nie steur terwyl hulle jag nie.

(Alle foto’s geneem op Londolozi in die Sabi-Sandwildtuin, aangrensend aan Krugerwildtuin).

56 Replies to “Bosstories”

    1. Ongelukkig nie, want in Londolozi ry die voertuig orals agter die diere aan. Ons het seker twee ure lank hierdie twee gevolg. In Kruger sal jy net met geluk sulke foto’s kry as die diere langs die pad is en daar nie driehonderd voertuie saambondel nie.

      Like

  1. SJoe Perdebytjie…..jy maak my dag met hierdie pragtige fotos…ek is dol oor luiperds. Maar met my geluk kon ek hulle nog net altyd op fotos sien… stunning!!!

    Liked by 1 person

  2. Fantastic photos, Dina. I’m in awe of your wildlife photography skills. The 2nd photo is great! And I really like seeing the two leopards’ happy faces behind the grass, in those shots near the end.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +