Na die onlangse laat somerreën, lyk die bos soos ‘n paradys. Die gras staan hemelhoog en orals vlieg insekte, skoenlappers en motte om hul laaste funksies te verrig, voordat die seisoen draai na winterslaap. Die voëls kwetter in die bome en die lowergroen plantegroei, bring ‘n ongekende atmosfeer van vrolikheid vir die bosbewoners, groot en klein.
Lientjie Luiperd is vol lewenslus. Sy klouter in die bome rond…
Spring af…
Skrik haar amper flou toe Mammie Mientjie haar stilletjies bekruip…
Ja, jy moet altyd paraat wees, my meisiekind…
Soos die twee aanstap en Mammie Mientjie hul gebied afmerk, spring Lientjie in elke denkbare boom en bespied die wêreld…
Niks daar nie…af na die volgende boomstomp…
Te laag, ek kannie oor die gras sien nie…
Daar gaan Mammie, ek beter byhou…
In die bos moet mens altyd versigtig wees…
Mammie Mientjie neem die voorhoede en konsentreer kliphard op die omgewing, elke sintuig ingespan…
‘n Lekker hoë termiethoop, dien as uitkykpos en daarvandaan kan gevaar en moontlike kos bespied word…
Mammie hou ‘n wakende ogie, terwyl Lientjie ‘n bietjie verder op haar eie verken…
Sy waag dit nie te vêr nie…
Wie loer so nuuskierig tussen die bome uit? Kammie Kameelperd het lankal ons posisie weggegee en die rooibokke het laat spaander…weg is ons ontbyt!
Laat ons maar doen wat alle katte goed kan doen…
Te lekker…
Nou is dit Lientjie se beurt om ge-aai te word…
Ai, dis salig om styf en veilig teen Mammie te lê…
Vir oulaas nog ‘n oor skoon lek…
Innige diereliefde…
Rustelose Lientjie se nuuskierigheid dryf haar alweer om verder te verken…
Kom nou Mammie, ek is honger en ons moet daardie rooibokke gaan bekruip…
Ek kom skat, wees net geduldig…
Hier laat ons die twee met rus…ons wil hulle nie steur terwyl hulle jag nie.
(Alle foto’s geneem op Londolozi in die Sabi-Sandwildtuin, aangrensend aan Krugerwildtuin).
mooie poesjes. Prachtige foto’s waarop je hen bezig kunt zien.
LikeLiked by 2 people
Dankie Suske, dis hoe die oggend werklik verloop het. Die foto’s volg opmekaar soos ek dit geneem het.
LikeLiked by 1 person
Prachtige bosstories! Bedankt om dit met ons te delen!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie dat jy my blog besoek het, Petra. Dankie ook vir jou mooi kommentaar.
LikeLiked by 1 person
Wat een mooie opnamen van deze levenslustige dieren ….
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Gerrit.
LikeLike
Mooi, mooi soos altyd.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Vuurvliegie.
LikeLike
Weer een prachtig bosverhaal!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Anna.
LikeLike
Fantastische opnames! Wat voor soort objectief is er gebruikt?
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan nie jou vraag mooi nie, Thom.
LikeLike
Tegenwoordig zie ik veel vrouwen met zo’n print op hun blouse, ik draag ze niet, want niemand staan ze zo mooi als deze poesjes. Prachtige serie Dina!
LikeLiked by 1 person
Ek dra ook nie sulke klere nie…lyk beslis beter aan die katte! Baie dankie vir inloer, Bea.
LikeLiked by 1 person
Wat zijn het toch een prachtige beesten en bovendien geweldig vastgelegd door jou Dina.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir jou mooi woorde, Harme.
LikeLiked by 1 person
Indrukwekkende foto’s, wetende dat het hier geen huispoesjes betreft.
Knap gedaan, Dina!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Paul.
LikeLike
Bly nou maar net die mooiste, mees grasieuse, van ons katte!
Pragtige fotos, Dina – elke een!
LikeLiked by 1 person
Besondere diere, veral as mens die voorreg het om letterlik ure saam met hulle te spandeer. Baie dankie vir jou mooi kommentaar, Dries.
LikeLiked by 1 person
Wow, pragtige foto’s! Sal ek nou graag vir Lientjie bietjie onder haar ken wou krap 😉
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir jou mooi woorde. Jou lanklaas gesien hier. Ek hoop dit gaan goed met jou.
LikeLike
Heerlik gelees aan jou bosstorie, mooiste foto’s !!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir inloer en jou mooi kompliment.
LikeLike
Londolozi…manlief wou net weet waar jy hierdie mooiste fotos kon neem. Dink jy mens sal ooit so iets te sien kan kry as jy net gewoon Kruger Wildtuin toe gaan? Ek glo nie.
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig nie, want in Londolozi ry die voertuig orals agter die diere aan. Ons het seker twee ure lank hierdie twee gevolg. In Kruger sal jy net met geluk sulke foto’s kry as die diere langs die pad is en daar nie driehonderd voertuie saambondel nie.
LikeLike
Ai Perdebytjie jy neem sulke wonderlike fotos. Ek beny jou die ondervinding. Dis pragtig
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondeltjie…ons is baie bevoorreg om al die laaste23 jaar gereeld na hierdie unieke plek te gaan. Dis amper soos ons tweede tuiste.
LikeLike
Do you spot them in the wild Diane. Heb je thuis ook dieren ?
LikeLiked by 1 person
Hierdie is in ‘n groot wildernisarea. Die diere is heeltemal wild en in hul natuurlike omgewing. Ek het net drie honde tuis. Dankie vir inloer op my blog.
LikeLike
Sjoe dis darem baie mooi Dankie dankie vir die deel!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou mooi woorde en dat jy kom inloer het, Tina.
LikeLiked by 1 person
Lieflike katjies. Ek kon nie help om te lag vir die kameelperd wat toe die hele game weggee nie. Baie mooi Bytjie.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Hester. Ja ou kameelperd was ‘n regte klikbek. Die rooibokke het omtrent gehardloop dat die stof staan.
LikeLiked by 1 person
Wat zijn het toch prachtige dieren en ze klimmen met gemak in de bomen
LikeLiked by 1 person
Luiperds is besondere diere en van my gunstelinge. Dankie vir besoek, Marylou.
LikeLike
SJoe Perdebytjie…..jy maak my dag met hierdie pragtige fotos…ek is dol oor luiperds. Maar met my geluk kon ek hulle nog net altyd op fotos sien… stunning!!!
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly ek kon jou vreugde verskaf met my foto’s. Ek kry altyd hoendervleis naby hierdie diere. Ek wens jy kan eendag die voorreg hê om ‘n regte luiperd te sien.
LikeLike
Mens kan seker by al hierdie parke naby kom maar ek wil hulle daar sien….sal dalk nog eendag dit kan doen
LikeLiked by 1 person
Jou dag sal nog kom.
LikeLiked by 1 person
Skitterende foto-verhaal!
Daai lang nek pard moet pasop!! 🙂
LikeLiked by 1 person
Jong, hy skop maklik ‘n luiperd kapot…ek dink nie hy het baie te vrees nie!
LikeLike
PRACHTIGE FOTO’S met hoofdletters!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir jou mooi woorde.
LikeLiked by 1 person
IK blijf ver van alle soorten en maten katten maar zulke foto’s zou ik best willen maken prachtig zijn ze.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n hele avontuur om die katte so te volg en te fotografeer. Baie dankie Frans.
LikeLike
Geweet ons gaan lekker saam met jou in die wildtuin kuier. Pragtige fotos!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel! Het jy jou halfbroer daar tussen die bome sien uitloer?
LikeLiked by 1 person
Ja die karnallie. Hy was van kleinsaf so nuuskierig en het menigmaal ons pret bederf 😂😂😂 met sy lang nek wat oral uitsteek.
LikeLiked by 1 person
mooiste mooi, ieder en elke foto!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dat jy kom kyk het. Ek waardeer dit baie!
LikeLiked by 1 person
Fantastic photos, Dina. I’m in awe of your wildlife photography skills. The 2nd photo is great! And I really like seeing the two leopards’ happy faces behind the grass, in those shots near the end.
LikeLiked by 1 person
I am glad you enjoyed looking at my photo’s. Thanks for visiting and your very kind words.
LikeLiked by 1 person
Dit is die mooiste foto’s Dina! Ek het nog nooit hulle so in die veld gesien nie!
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n besondere ervaring om hulle so te volg, Aletta. Baie dankie vir jou mooi kommentaar.
LikeLike
Ek Kan net dink hoe ongelooflik dit moes wees!
LikeLiked by 1 person