Operasie boomsnoei.

Per regulasie is sypaadjiebome munisipale eiendom en mag die gewone burger nie daaraan raak nie. Ons bome is dertig jaar laas nog tydens die ou bedeling gesnoei. Intussen het ‘n paar bure self die ou bome getakel, maar ons is wetsgehoorsame burgers en het die regte weë gevolg, om die nou gevaarlike boom op ons sypaadjie te laat snoei. Die hemelhoë boom vol dooie takke, kon enige oomblik in ons erf val, met groot skade aan ons tronkheining en huis. Ook was voertuie en voetgangers op straat in gevaar.

So het die boom gelyk…dit hel gevaarlik oor en die stam onder is lelik gekraak…9A5C9F82-1DBE-4241-884F-8E008EFF2796

Na verskeie aanmeldings, taaknommers, foonoproepe en beproefde geduld, daag die span drie weke later!! hier op…sewe van hulle met ‘n vragmotor en bakkie…E6B52C47-438F-4462-B4A4-DEAC84C83945

Daar word summier gesê die vragmotor moet op die grasperk op die sypaadjie getrek word, ten spyte van my protes en verwysing na die hysbak wat gemaklik kan bykom as die vragmotor in die straat geparkeer bly…40AB9815-EE3B-4E6B-945F-1DDBB48E1528

Die gevolg is ‘n helse sloot, waarvan ek nie ‘n foto geneem het nie, want ek was te kwaad. Tuinman het die hele volgende dag gewerk om die gat op te vul en die gras te herstel.

Eerstens word die droë takke met ‘n saag op ‘n lang stok, gesny…B638A3B7-00A8-40F7-AF73-66FC49BA2B2E

Intussen klim twee manne in die hysbak en posisioneer hulself strategies…62D854BF-1376-4556-8749-BF6C484443B4

06574067-4977-4EB2-94E7-77FC20723904

Mens sien net takke waai…E4E34200-EB5E-4948-85A7-FEEFBFA6B778

93098BB5-078A-4DD9-B82C-FD0A64B793E2

Die groot petrolsaag word nou nader getrek…DCEA8735-D705-4369-B613-E4EF9E9EB0F6

Intussen saag die grondspan die takke op en laai dit op ‘n bakkie.Die groot blarerige takke word deur ‘n kloubekhyskraan op die vragmotor gelaai…46A77360-8072-4507-9A16-150ABA58CEB7

Binne twee ure is die takie afgehandel en dis die eindproduk, wat my laat op en af spring van loutere vreugde! Uitsig van my huis af…F10D0BFB-392F-4705-BED0-7D4B4A7A6241

Prentjie van die straat af…IMG_0604

Die boom is steeds vol dooie takke en hulle kon dit netsowel gelos het. Ek het klaar iemand gehuur om nou op eie koste die gemors reg te maak! Let op die dooie boom aan die oorkant, links…IMG_0606

Toe ek vra hulle moet dit ook snoei, is daar vir my gesê daardie huiseienaar moet dit aanmeld. Ek dag dis munisipale bome en hulle verantwoordelikheid!

Wel ek gee nou nie ‘n duiwel om nie, hierdie munisipale eiendom gaan ek self uitsorteer, al word ek aangekla van “defacing of government property”!

(Let op, geen veiligheidsklere of helms op die kop nie!)

 

31 Replies to “Operasie boomsnoei.”

    1. Baie gevaarlike werk en sonder veiligheidsklere of beskermende hoede op die kop nie. Ons munisipaliteite voel niks vir hul werkers nie.Die gekleurde mense is in die meerderheid en die werk word vir hulle gereserveer.

      Liked by 2 people

  1. Daai boom lyk nou soos my haarkapsel na een van my jaarlikse besoeke aan “n haarkapper. Ons inheemse waterbessiebome word op die oomblik gesnoei hier in ons kompleks. Ek slaan ook maar net my oë opwaarts.

    Liked by 1 person

  2. Ek het ‘n geregistreeerde brief by my munisipaliteit laat alewer oor sypaadjie boom waaron ek hulle 2 keuses gee verwyder galfgrdeuurde takke binne 7 daw of hulle sal vir my onkostes met hofbevel vwe taal EN die nodige werk onder toesig van die twee plaaslike koerante4 doen.

    Binne 48 uur van sie brief is die nodige gedoen

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +