Katkenades

Die de Leeufamilie van die Bosveld, bestaan uit een-en-twintig lede. Daar is drie reuse baardmannetjies, sewe wyfies en elf kleingoed van verskillende ouderdomme en groottes.

Laatmiddag speel die klomp te heerlik in ‘n boom. Die hele familie is daar en die grasse bewe van al die kleingoed en mammas wat nuuskierig toekyk of probeer saamspeel…Op hierdie foto is agt katers. Kan jy hulle sien?_MG_5637

Mamma Kietertjie maak die spannetjie touwys en klim self in die boom…_MG_5603

Sy besluit om liewer af te klim en die kleinspan vanuit ‘n ander posisie dop te hou…_MG_5609

Sy hou ‘n wakende ogie oor die katerjies se kattekwaad…IMG_2217

Die jongstetjie moet nog bietjie ondersteun word, want die balans is nog nie te goed nie..IMG_2214

Kom (s)kattie, trap effens vas teen my gesig…IMG_2213

IMG_2218

Oepsie, hoe gaan ek weer hier af kom?_MG_5743

Einaaa..jy trap my stert vas!_MG_5784

Kou die takke…_MG_5655

Hoe gaan ek nou weer uit hierdie posisie loskom?_MG_5660

Gee pad, ek wil ondertoe…_MG_5764

Mmm, dit lyk bietjie vêr, maar miskien moet ek dit waag…_MG_5773

Hier gaan ek…_MG_5775

In ‘n ander boom is Karlientjie besig om haar eie  ding te doen…_MG_5722

Kou-kou om die tande sterk en skoon te kry…_MG_5753

Ek loer vir jou…pasop vir my naels!_MG_5759

Wie staan op uit die ruie gras? Lewies de Leeu het ‘n kort humeur en gluur die jongspan aan, wat hom so in sy middagslapie steur…_MG_5798

Hy lyk redelik gehawend en moet net hierna, weer gaan platlê, na ‘n woeste geveg met een van die ander mannetjies. Sy oortreding..hy het te naby een van die wyfies gekom. Ouboet Adam is baas hier…_MG_6337

Hy gee daardie kyk…pasop!_MG_6329

Die bytmerke en beserings aan hierdie leeus laat mens weereens besef hoe kras die natuur is en hoe daar heeltyd geveg moet word om te oorleef!

75 Replies to “Katkenades”

  1. I thoroughly enjoyed your incredible photos, Dina. The whole clan is a treat to see–the different ages, the playful cubs, the protective mother, and the war-torn males. You did a great job capturing the spirit of each individual.

    Liked by 1 person

  2. Dis die pragtigste fotos. Kyk net hoe liefies is mamma met die kleingoed. Bytjie, ek het altyd gedink dat daar net net een volwasse leeumannetjie in ‘n trop toegelaat word en dat die ander moet padgee. Ek het ook gedink ‘n mens kan in ‘n boom klim eerder as om te hardloop wanneer ‘n leeu jou jaag, maar dit lyk nie of dit nie antwoord is nie. Lyk my ek het die kat die hele tyd aan sy stert beetgehad.

    Liked by 1 person

    1. Alles wat jy noem, was altyd geglo. Vandat daar deesdae soveel menslike oë in die natuur is, is baie van hierdie mites die nek ingeslaan.
      Leeumannetjies van een trop, sal altyd by of naby mekaar bly, maar in die trop is daar ook ‘n hiërargie wat gerespekteer moet word, soos in hierdie geval, waar die een boetie die ander een afgeransel het, naby sy wyfie.
      Wanneer ander mannetjies in die trop wil inkom, om met die wyfies te paar, is dit ‘n geveg tot die dood en sal hulle al die kleintjies doodmaak. Dis nogal hartseer, maar dis hoe die genepoel versterk word.
      Boomklim is beslis nie ‘n goeie idee nie! Eerder doodstil staan en jou oë afwend en stadig agteruit tree. Natuurlik is jou broek nat teen daardie tyd, maar hopelik beland jy nie in so ‘n situasie nie.

      Liked by 2 people

    1. Die grotes het lê en slaap in die gras, terwyl die kleintjies in die bome rondgeklim het. Hulle het op en af gehardloop soos regte katte, maar nie sommer afgespring nie…ek dink hulle is te swaar en sal maklik seerkry. Ons was omtrent 10 meter van hulle af en die mannetjies was so vyf na ses meter weg. Ek het nie eers daardie foto’s van die mannetjies gecrop nie!

      Liked by 1 person

    1. Baie dankie, vir jou mooi woorde. Ons was baie naby…so 10 tot 15 meter van die diere af. Die mannetjies was omtrent so ses meter weg. Ons sit doodstil op ‘n oop voertuig, nogal ‘n besondere belewenis, want jy hoor die geluide en beleef die atmosfeer. Ek het ‘n 100/400 zoomlens gebruik.

      Liked by 2 people

    1. Thanks Isabel. I wondered why I never see anymore of your posts and discovered now that you were removed from my reader. I immediately added you again. Sorry about that.

      Like

    1. Ons sit in ‘n agtsitplek oop voertuig (Landrover) en ry tot heel naby die diere. Dis in die Sabi-Sandwildreservaat. Ek gebruik ‘n 100/400 lens en ‘n tuisgeprakseerde boontjiesak wat met ‘n klamp aan die ysterraam van die voertuig vasgeklem is. Ek kan dit heen en weer skuif en my kamera daarop laat rus. As dit te vinnig gaan, hou ek sommer my kamera vryhand, maar met die swaar lens raak dit deesdae moeilik om stil te hou!

      Liked by 1 person

  3. Sjoekie-doekie, dis n pragtige reeks fotos. Baie spesiaal. Ek kan goed glo dat daardie nabyheid en die oop voertuig n besonderse atmosfeer geskep het. Die ou kraagmannetjies het ook maar n rowwe lewe om so gedurig te moet uitkyk vir wie die beste is. Dit lyk of die familie heel tevrede is so saam met mekaar. Dankie vir die pragtige reeks fotos.

    Liked by 1 person

        1. Yeah. So am I. To a certain extent. But most won’t allow us to say or even think that! I’ve come to the realization that “our” Africa is another different planet from the African’s Africa. Different visions altogether.

          Liked by 1 person

        2. I came to the conclusion that if you want to be here, you have to accept lots of different ways of thinking, otherwise you cannot survive. It is quite an adventurous challenge, which makes this place special.

          Liked by 1 person

        3. Actually you’re in the lead. Your population is 56 million and change. (When did that happen?!) Mexico’s population is about 120 million. So with our population you would have 50,000 homicides. 🙂 And of course the world press never mentions that right?

          Liked by 1 person

        4. Unfortunately, that is the sad current state of world affairs. In the club: Venezuela, Brazil, and surely, many an African state. Independence of Africa has been a disaster. There. I’ve said it. And I know: I was there. (Did you read “The Colonel’s garden”?)

          Liked by 1 person

        5. I remember now that I read that blog…went back again and feel so saddened by it. When I see the photo of the colonel and your father, I become so cross to think what happened to this imposing man!

          Liked by 1 person

        6. The vast majority of african Independence leaders were nothing but crooks and murderers. And Kaman, though military, was the most gentle man. Aïssatou was very nice too. I still remember that “baptism” vividly. (One can tell, right?) 😉

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +