Nie die beste

plek om te wees op ‘n Woensdagoggend nie…by die tandarts!

Ek het gejaag om betyds hier te kom.My brekfis sit nog net agter my gorrel, waar dit nog nie kans gehad het om te sak nie.

Raai wat? Ek wag, “want ons is net ‘n bietjie laat, mevrou”!

Die martelsessie wat voorlê is net ‘n wortelkanaal en vervanging van twee krone. Kwotasie hiervoor… ‘n skamele R10,150. 00.

Dankietog ek het ‘n mediese fonds, anders het hierdie bekkie gelyk soos breiwerk uit my kindertydpogings…twee steke,gat,een steek, twee gate!

Dis darem amper my beurt, maar my hart klop nou saam met die brekfis agter my gorrel!

29 Replies to “Nie die beste”

    1. Verskyn my pos in jou leser of hoe sien jy dit? Van vroeg af sukkel ek om kommentaar te lewer en ek sien nie my eie pos nie…het dit toe maar “geshare” na WP, want ek glo nie dit wys by ander lesers nie! Ai die gogganoppies hier op die web, kom soms onder my naels in!!

      Like

  1. Wat n ongelooflike prys vir tande trek. Ek moet n nuwe stel winkeltande dringend kry. Gaan kry n kwotasie, sal die wyse meneer tandarts weet te vertelle hul maak nie meer los kunsgebitte nie. Daar moet eers ankers ingeplant word in die kakebene! Kos ook n plaas seprys om te doen. Nou kou ek nog maar met my stomp en afgeslyte tande.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s