Nie die beste

plek om te wees op ‘n Woensdagoggend nie…by die tandarts!

Ek het gejaag om betyds hier te kom.My brekfis sit nog net agter my gorrel, waar dit nog nie kans gehad het om te sak nie.

Raai wat? Ek wag, “want ons is net ‘n bietjie laat, mevrou”!

Die martelsessie wat voorlê is net ‘n wortelkanaal en vervanging van twee krone. Kwotasie hiervoor… ‘n skamele R10,150. 00.

Dankietog ek het ‘n mediese fonds, anders het hierdie bekkie gelyk soos breiwerk uit my kindertydpogings…twee steke,gat,een steek, twee gate!

Dis darem amper my beurt, maar my hart klop nou saam met die brekfis agter my gorrel!

29 Replies to “Nie die beste”

  1. Ek het net paar eie tande oor, die res winkel tande, kan nie krone of enige fensie goed kry nie, my gebeente is te poreus vertel tandemuis my. Ek is banger as jy! Moet gaan om nog twee te trek…wag al vier maande, hy het my gister via Rots laat weet ek beter kom kuier, dis nou tandemuis…

    Liked by 3 people

    1. Verskyn my pos in jou leser of hoe sien jy dit? Van vroeg af sukkel ek om kommentaar te lewer en ek sien nie my eie pos nie…het dit toe maar “geshare” na WP, want ek glo nie dit wys by ander lesers nie! Ai die gogganoppies hier op die web, kom soms onder my naels in!!

      Like

  2. Wat n ongelooflike prys vir tande trek. Ek moet n nuwe stel winkeltande dringend kry. Gaan kry n kwotasie, sal die wyse meneer tandarts weet te vertelle hul maak nie meer los kunsgebitte nie. Daar moet eers ankers ingeplant word in die kakebene! Kos ook n plaas seprys om te doen. Nou kou ek nog maar met my stomp en afgeslyte tande.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +