Tot nadenke…

Uit die pen van Toon van den Heever, ‘n bekende Afrikaanse skrywer en digter, het die volgende gedig verskyn:

In die Hoëveld.

In die Hoëveld waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,

Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,

Waar mens nog vry kan asemhaal en aan ‘n God kan glo,

Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld. En as ek in die gange van die myn hier sit en droom

Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,

Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,

Sawens as ek bees of skaap toe ry.

 

In die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,

(Die ylblou bring ‘n knop dan in jou keel)

Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ‘n jaar of tien,

Waar die bokkies op die lei-grafstene speel.

Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,

Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind

En soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit

Waar ek kleiosse gemaak het as ‘n kind.

 

Dit gaan oor ‘n tydperk waar mense in die goudmyne van die Witwatersrand, moes werk om siel en liggaam bymekaar te hou. Die gevolge was dikwels sterftes as gevolg van ongelukke en siektes soos tering.

Wat ek egter vandag met hierdie gedig probeer sê, is dat die Hoëveld nie meer is soos in daardie tyd nie en ek gaan my eie aangepaste vers maak om te verduidelik:

In die Hoëveld, waar die steenkoolhope lê en die hemel rokerig daarbo,

Waar reuse skopgrawe skraap en skeur oor die veld,

Waar mens in rookwalms stik wanneer jy asemhaal en aan geen God kan glo,

Staan duisende makoekoes (sinkhuise), wat verrys het in die versugting na geld.

En as ek in die slote van die oopgeskeurde aarde sit en droom,

Kom slegs beelde op van winde wat die steenkoolstof wyd rond waai.

 

In die Hoëveld waar dit wyd is en jy kragstasies en mynhope ver kan sien,

(Die vuilblou bring dan ‘n hoes in jou keel)

Staan massas huisies saamgebondel, al die afgelope jaar of tien,

Waar die boerbokke, hoenders en maer beeste tussen die mistroostige sinke wei.

Maar as die korrupsie kwaai word en die myn weens gestroopte bates moet sluit,

Dan sweef ek na die Hoëveld op die rookwalms van Eskom

En soek dan in my drome al die mooiste plekkies uit

Van ‘n Hoëveld wat was voor Guptas en elke ANC kornuit!

 

Skuus julle, baie negatiewe blog, maar gaan ry daar en sien vir julself.

(Blog geïnspireer  deur ‘n gesprek met medeblogger Tina)

41 Replies to “Tot nadenke…”

    1. Ek probeer ook hiermee vir almal wat elektrisiteit gebruik doer ver van die bron af, om te sien wat aangaan.Wanneer jy jou keteltjie of rekenaar aansit ,waardeer dit,want iewers vergaan mens, dier en omgewing om dit aan die gang te hou

      Like

    1. As die myn van steenkool op ‘n ordentlike gekontroleerde manier kon plaasvind, dan sou die impak baie minder wees. Mens kry egter die gevoel dat geldsug en grypsug die rehabilitasie van die omgewing laat agterbly.

      Liked by 1 person

    1. Ek was altyd baie positief oor alles, maar deesdae raak ek swartgallig. Ek belowe om nou nie weer so ‘n negatiewe pos te skryf nie…. moes dit net van my hart af kry!

      Like

  1. Dit is so waar wat jy skryf. Deesdae is dit moeilik om die skoonheid van hierdie deel van die land te geniet. Daardie rookwalms strek ver oor die land. Jy het die veranderinge baie mooi beskryf.

    Liked by 1 person

    1. Gelukkig ,wanneer mens deur daardie deel gery het,wink die pragtige landskap daar van Dullstroom af tot in die bosveld met sy wonderlike plant-en diereryk.Ek knyp maar altyd my oë en neus toe,totdat ons by Belfast kom,dan begin dit beter lyk en ruik.

      Like

  2. Wat triest Dina. Wij zien jouw land als een wonder der natuur. Het moet er heel mooi zijn. Helaas zijn de toestanden daar toch blijkbaar veel minder mooi. En het wordt er precies ook niet beter op. Echt jammer. Een mens mag zeker eens negatief zijn en de dingen van zich afschrijven. Dat is gezond.
    Als ik dat lees, dan denk ik dat wij hier niet mogen klagen. Zeker niet in Nederland.

    Liked by 1 person

    1. Ons het steeds wonderlike natuur, Bea.Wat egter die laaste jare gebeur het in die politiek,was gewoon skokkend.Dis baie ingewikkeld en moeilik om vir iemand te verduidelik.Dit kom daarop neer dat staatsbates gekaap is deur skelms,wat alle fondse gesteel het en hierdie maatskappye tot in die grond bestuur het.Dis ons spoorweë, waterwese,lugdiens en belangrikste ons elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy,ESKOM.
      Ons ekonomie is onlangs lamgelê deur beurtkrag(blackouts) vanweë die korrupsie en wanbestuur van ESKOM.
      Natuurlik is daar ook weinig beheer met die myn van steenkool,want alle reëls betreffende impak soos waterbesoedeling, omgewingsbesoedeling en rehabilitasie,word geïgnoreer, want die geldwolwe het orals iemand vir wie hulle omkoopgeld betaal.

      Liked by 1 person

      1. Wat vreselijk Dina… Een mens zou van minder negatief worden. Sterkte daar. Ik hoop dat het tij ooit mag keren. Corruptie aan de top is een zeer kwalijke gewoonte die in stand wordt gehouden om eigen zakken te kunnen blijven vullen ten koste van de bevolking. 😞

        Liked by 1 person

  3. Ik mag wel zeggen dat dit mijn eerste confrontatie is met de Zuid-Afrikaanse poëzie. Ik hou ervan, heb het gekopieerd en nog eens nagelezen. Ik wil het bijhouden, het is mooi en gevoelig, zowel de versie van Toon van den Heever, als jouw aangepaste versie. Dank u.

    Liked by 1 person

    1. Dankie…hierdie is ‘n digter wat ons klassifiseer as ‘n twintiger..sy werk dateer vanaf die twintigerjare van die vorige eeu.Ons het wonderlike digters en ek sal in die toekoms nog ‘n paar mooi gedigte plaas.

      Like

  4. Ek weet dit is deesdae vreeslik “polities inkorrek”om enigiets met verkragting te vergelyk, maar dit is presies wat ons met die Hoeveld gedoen het en steeds doen – mega-stede, myne, kragstasies, waterbesoedeling, lugbesoedeling, noem maar op. Eendag is eendag…

    Liked by 1 person

    1. Die kernprobleem is oorbevolking en wanbestuur van hierdie bronne. Daar is baie wat gedoen kan word aan water- en lugbesoedeling en behoorlike bestuur van die myne, maar dit word nie gedoen nie. Die geld daarvoor verdwyn net.

      Liked by 1 person

  5. Ai… dit klink nie of mens meer kan terug verlang na die Hoëveld nie!
    (Dit was nooit my gunsteling plak nie maar dit klink asof mens nou heeltemal moet verby hou!)
    Ja kyk… die plek het ‘n besoedelings poel geword… van siel en ligaam… ai…

    Liked by 1 person

    1. En die res van die land trek voordeel daaruit. Mense wat ver van kragstasies af woon, besef nie altyd waar elektrisiteit vandaan kom nie.
      Gelukkig lê die Bosveld anderkant die Hoëveld en is dit darem nog mooi!

      Liked by 1 person

  6. Intererssante paradoriese pastice van Van Den Heever se werk… ai, tegnologie en oorbevolking (daar is mense wat se oorbevolking bestaan nie) het werklik so baie mooi in die natuur laat verdwyn.. hartseer blog ja, maar had en werklik en mooi geskryf.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +