Uit die pen van Toon van den Heever, ‘n bekende Afrikaanse skrywer en digter, het die volgende gedig verskyn:
In die Hoëveld.
In die Hoëveld waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar mens nog vry kan asemhaal en aan ‘n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld. En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.
In die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring ‘n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ‘n jaar of tien,
Waar die bokkies op die lei-grafstene speel.
Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
En soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as ‘n kind.
Dit gaan oor ‘n tydperk waar mense in die goudmyne van die Witwatersrand, moes werk om siel en liggaam bymekaar te hou. Die gevolge was dikwels sterftes as gevolg van ongelukke en siektes soos tering.
Wat ek egter vandag met hierdie gedig probeer sê, is dat die Hoëveld nie meer is soos in daardie tyd nie en ek gaan my eie aangepaste vers maak om te verduidelik:
In die Hoëveld, waar die steenkoolhope lê en die hemel rokerig daarbo,
Waar reuse skopgrawe skraap en skeur oor die veld,
Waar mens in rookwalms stik wanneer jy asemhaal en aan geen God kan glo,
Staan duisende makoekoes (sinkhuise), wat verrys het in die versugting na geld.
En as ek in die slote van die oopgeskeurde aarde sit en droom,
Kom slegs beelde op van winde wat die steenkoolstof wyd rond waai.
In die Hoëveld waar dit wyd is en jy kragstasies en mynhope ver kan sien,
(Die vuilblou bring dan ‘n hoes in jou keel)
Staan massas huisies saamgebondel, al die afgelope jaar of tien,
Waar die boerbokke, hoenders en maer beeste tussen die mistroostige sinke wei.
Maar as die korrupsie kwaai word en die myn weens gestroopte bates moet sluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die rookwalms van Eskom
En soek dan in my drome al die mooiste plekkies uit
Van ‘n Hoëveld wat was voor Guptas en elke ANC kornuit!
Skuus julle, baie negatiewe blog, maar gaan ry daar en sien vir julself.
(Blog geïnspireer deur ‘n gesprek met medeblogger Tina)
Oopgeskeurde, verkragte verwoeste aarde. Dis hartverskeurend.
LikeLiked by 1 person
Ek probeer ook hiermee vir almal wat elektrisiteit gebruik doer ver van die bron af, om te sien wat aangaan.Wanneer jy jou keteltjie of rekenaar aansit ,waardeer dit,want iewers vergaan mens, dier en omgewing om dit aan die gang te hou
LikeLike
Dis waar.
LikeLiked by 1 person
Mooie dichterlijke woorden vol eijdheid. Ik hou ervan!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het, Paul.
LikeLiked by 1 person
Ik kom hier heel graag lezen, voel me hier thuis…
LikeLiked by 1 person
Dis die harde werklikheid van die lewe in ons land vandag.
LikeLiked by 1 person
As die myn van steenkool op ‘n ordentlike gekontroleerde manier kon plaasvind, dan sou die impak baie minder wees. Mens kry egter die gevoel dat geldsug en grypsug die rehabilitasie van die omgewing laat agterbly.
LikeLiked by 1 person
Dis die absolute waarheid.
LikeLiked by 1 person
as mens al die elende om jou gade slaan en sien hoe mense leef en verkeerde gesluite neem wat die ellende net groter maak,huil my hart saam met joune
LikeLiked by 1 person
Ek was altyd baie positief oor alles, maar deesdae raak ek swartgallig. Ek belowe om nou nie weer so ‘n negatiewe pos te skryf nie…. moes dit net van my hart af kry!
LikeLike
Bytjie jy moet dit uit jou gestel kry. Dis nodig. Jy hoef nie te belowe vir iets anders nie. Doen wat jy moet, unpack tot dit leeg is..
LikeLiked by 2 people
Ai Perdebytjie ek hoor jou hart.
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel.
LikeLike
Dis hartseer as mens lees hoe agteruit alles in ons land gegaan het!
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel.
LikeLike
Ja Aletta, ek wonder waar alles gaan eindig?
LikeLike
Dit is so waar wat jy skryf. Deesdae is dit moeilik om die skoonheid van hierdie deel van die land te geniet. Daardie rookwalms strek ver oor die land. Jy het die veranderinge baie mooi beskryf.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig ,wanneer mens deur daardie deel gery het,wink die pragtige landskap daar van Dullstroom af tot in die bosveld met sy wonderlike plant-en diereryk.Ek knyp maar altyd my oë en neus toe,totdat ons by Belfast kom,dan begin dit beter lyk en ruik.
LikeLike
Wat triest Dina. Wij zien jouw land als een wonder der natuur. Het moet er heel mooi zijn. Helaas zijn de toestanden daar toch blijkbaar veel minder mooi. En het wordt er precies ook niet beter op. Echt jammer. Een mens mag zeker eens negatief zijn en de dingen van zich afschrijven. Dat is gezond.
Als ik dat lees, dan denk ik dat wij hier niet mogen klagen. Zeker niet in Nederland.
LikeLiked by 1 person
Ons het steeds wonderlike natuur, Bea.Wat egter die laaste jare gebeur het in die politiek,was gewoon skokkend.Dis baie ingewikkeld en moeilik om vir iemand te verduidelik.Dit kom daarop neer dat staatsbates gekaap is deur skelms,wat alle fondse gesteel het en hierdie maatskappye tot in die grond bestuur het.Dis ons spoorweë, waterwese,lugdiens en belangrikste ons elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy,ESKOM.
Ons ekonomie is onlangs lamgelê deur beurtkrag(blackouts) vanweë die korrupsie en wanbestuur van ESKOM.
Natuurlik is daar ook weinig beheer met die myn van steenkool,want alle reëls betreffende impak soos waterbesoedeling, omgewingsbesoedeling en rehabilitasie,word geïgnoreer, want die geldwolwe het orals iemand vir wie hulle omkoopgeld betaal.
LikeLiked by 1 person
Wat vreselijk Dina… Een mens zou van minder negatief worden. Sterkte daar. Ik hoop dat het tij ooit mag keren. Corruptie aan de top is een zeer kwalijke gewoonte die in stand wordt gehouden om eigen zakken te kunnen blijven vullen ten koste van de bevolking. 😞
LikeLiked by 1 person
Ons glimlag darem en maak grappies en leef voort na die beste van ons vermoë.Die natuur bring vir my baie troos en vreugde,dankie Bea.
LikeLiked by 1 person
Ik mag wel zeggen dat dit mijn eerste confrontatie is met de Zuid-Afrikaanse poëzie. Ik hou ervan, heb het gekopieerd en nog eens nagelezen. Ik wil het bijhouden, het is mooi en gevoelig, zowel de versie van Toon van den Heever, als jouw aangepaste versie. Dank u.
LikeLiked by 1 person
Dankie…hierdie is ‘n digter wat ons klassifiseer as ‘n twintiger..sy werk dateer vanaf die twintigerjare van die vorige eeu.Ons het wonderlike digters en ek sal in die toekoms nog ‘n paar mooi gedigte plaas.
LikeLike
Sug… en dit alles in die naam van vooruitgang. Die mens is verantwoordelik vir sy eie ondergang en dis asof mens niks kan doen. Ons raak al hoe meer inhalig … SUG…
LikeLiked by 1 person
Ek belowe ek gaan nie weer so ‘n negatiewe ding pos nie!
LikeLiked by 1 person
Soms is dit tog nodig
LikeLiked by 1 person
Twee verskillende wêrelde wat veronderstel was om een en dieselfde plek te wees. So jammer.
LikeLiked by 1 person
Ja dis tragies en hartseer!
LikeLiked by 1 person
Ek weet dit is deesdae vreeslik “polities inkorrek”om enigiets met verkragting te vergelyk, maar dit is presies wat ons met die Hoeveld gedoen het en steeds doen – mega-stede, myne, kragstasies, waterbesoedeling, lugbesoedeling, noem maar op. Eendag is eendag…
LikeLiked by 1 person
Die kernprobleem is oorbevolking en wanbestuur van hierdie bronne. Daar is baie wat gedoen kan word aan water- en lugbesoedeling en behoorlike bestuur van die myne, maar dit word nie gedoen nie. Die geld daarvoor verdwyn net.
LikeLiked by 1 person
corruptie is aan de macht zo te lezen. Jammer dat daardoor zoveel kapot gaat.
LikeLiked by 1 person
Dis groot hier in SA!
LikeLike
Ai… dit klink nie of mens meer kan terug verlang na die Hoëveld nie!
(Dit was nooit my gunsteling plak nie maar dit klink asof mens nou heeltemal moet verby hou!)
Ja kyk… die plek het ‘n besoedelings poel geword… van siel en ligaam… ai…
LikeLiked by 1 person
En die res van die land trek voordeel daaruit. Mense wat ver van kragstasies af woon, besef nie altyd waar elektrisiteit vandaan kom nie.
Gelukkig lê die Bosveld anderkant die Hoëveld en is dit darem nog mooi!
LikeLiked by 1 person
En die Kalahari is nie veel verder nie!
Nou… as daar een plek is op aarde wat ek weer wil sien voor ek emmerskop… dis daardie plek!
LikeLiked by 1 person
Ek gaan oor ‘n jaar weer soontoe…solank vooruit bespreek! Eat your heart out!😄😄
LikeLiked by 1 person
Dankie vir daai brokkie nuus… ek vreet! 😲🙃
LikeLiked by 1 person
Intererssante paradoriese pastice van Van Den Heever se werk… ai, tegnologie en oorbevolking (daar is mense wat se oorbevolking bestaan nie) het werklik so baie mooi in die natuur laat verdwyn.. hartseer blog ja, maar had en werklik en mooi geskryf.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Wolfie!
LikeLiked by 1 person