So oulik!

Ek het nou al tweemaal hierdie jongman gesien stap met die klomp hondjies. Vanoggend toe ek hom weer raakloop kon ek nie help om hom te vra of ek ‘n foto mag neem nie. Hy stap driemaal ‘n week met die brakkies. Daar is glo nog drie agter die hek, wat hul beurt afwag. Wat mense nie alles vir hul diere sal doen nie!

9e0da74b-a88c-414d-8112-e84c917b71dc

38 Replies to “So oulik!”

      1. Dis presies wat ek ook gedink het Bytjie. Ons het vanoggend so ‘n vaatjie van ‘n French bull terrier op die strand gekry – hy sit met sy dik alie plat in die water terwyl sy twee gespierde, lenige boeties mekaar op die strand rondjaag. Volgens sy eienaar is die stranduitstappie juis bedoel om die vaatjie te laat gewig verloor.

        Liked by 1 person

        1. Hehe, my een hondjie is ook op ‘n dieet. Dis juis die een wat lui is om te oefen en te speel. Dis netsoos mense. As jy nie beweeg nie en jy eet te veel, sit jy gewig aan.

          Liked by 1 person

  1. Wat mens nie alles vir die brakke sal doen nie! As dit looptyd is in die Kruger-huis beter Ineke haar sokkies optrek en plan maak. Ek self hou die horlosie dop sodat ek tog nie te laat tuuis kom nie omdat Trompman moet gaan loop. Hier is n tuin waar hy iets kan doen. Aikona, nooit as te nimmer sal hy die tuin gebruik nie. Hy sal knyp totdat ons loop.

    Liked by 1 person

    1. Ek weet ook nie hoe hanteer mens so baie honde nie. Dis te kostelik om hulle te sien stap. Die eerste keer wat ek hom gesien het, het ek van agter af gekom, toe dink ek hy stoot ‘n kind in die waentjie. Ek het sommer uitgebars van die lag toe ek die twee pugs sien. Dis juis die twee dikstes wat oefening nodig het!

      Liked by 1 person

  2. Hier by ons is twee blanke jongmanne wat elkeen met so ses honde elke oggend stap. Dis verskillende mense se honde. Van groot tot klein. Die klein hondjies draf terwyl die groter honde stap…hulle maak ‘n ekstra geldjie so. En dis altyd my dop se deksel dat die honde maar so gedwee saam stap…niks bakleiery nie

    Liked by 1 person

  3. Ek dink ek gaan vir ma sê om vir my ook so waentjie te kry. Partykeer loop sy en pa darem ver en my beentjies is so kort, ek moet baie stappies gee en dan raak ek moeg. Dan tel ma my maar op en dra my, maar dan raak sy moeg. 😀

    Daardie woefkinders is tog so oulik en ek sien hulle dra truie ook. Is seker omdat hulle nie sulke dik en lang hare het soos ek nie né?

    Ma sê ek moet baie groete stuur en sy is bly sy is weer hier. Sy het jou pragtige foto’s en lekker gesels gemis. xxx

    Liked by 1 person

      1. Baie dankie Bytjie. Ek en sy geniet dit baie. Ek sal jou maar moet vra om vir my part te smeek want sy sê al is ek haar baba moet ek my oefening kry. Pffft!

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +