Nie die beste

plek om te wees op ‘n Woensdagoggend nie…by die tandarts!

Ek het gejaag om betyds hier te kom.My brekfis sit nog net agter my gorrel, waar dit nog nie kans gehad het om te sak nie.

Raai wat? Ek wag, “want ons is net ‘n bietjie laat, mevrou”!

Die martelsessie wat voorlê is net ‘n wortelkanaal en vervanging van twee krone. Kwotasie hiervoor… ‘n skamele R10,150. 00.

Dankietog ek het ‘n mediese fonds, anders het hierdie bekkie gelyk soos breiwerk uit my kindertydpogings…twee steke,gat,een steek, twee gate!

Dis darem amper my beurt, maar my hart klop nou saam met die brekfis agter my gorrel!

Apiestories op ‘n Maandagmôre..

Die Apino gesin van Verlorenkloof het besluit dis makliker om kos te steel as om self daarvoor te soek. Die gevolg was ‘n geslaagde inbraakpoging by ‘n klomp dom voëlkykers se hut. Die heerlike ontbytkos in ‘n plastiekhouer, was net die regte medisyne vir ‘n apie-aptyt…IMG_1952

Die stuk beskuit was natuurlik die heel beste smullekker lekkerny…IMG_1921

Knibbel versigtig en smaaklik elke stukkie rosyntjie daaruit…IMG_1925

Gaan kyk gou eers watter buit is nog beskikbaar…IMG_1926

O, njammies! Die Muesli is beter as droë beskuit. Prop sommer ‘n handvol, saam met ‘n stuk gras in daardie gulsige bekkie…IMG_1959

Die ogies hang eintlik slap van die lekkerkry…IMG_1957

Dis so lekker, die tongetjie lek-lek die soetigheid…IMG_1986

Daardie oortjies moet luister, as daar gesê word dat menskos ongesond is vir apies…IMG_1948

Nee wat, ek stop nog in…maak nie saak wie sê wat nie…b

Ek voel nou effens skuldig! Wat gaan die arme voëlkykers nou eet vir ontbyt?IMG_1987