Na ‘n blogdroogte…

van ‘n paar weke, is ek weer terug hier met ietsie vrolik vir ‘n Saterdag. Terugreis vanaf Swakopmund. Die dorp was ‘n week lank toe onder ‘n miswolk. Hier ry ons onder die miswolke uit ooswaarts en oppad huis toe. Die dag dreig om te breek…

201CA070-CC7A-4733-8B19-E95BD62BF928

Daar kom die son…671EDB84-7FE1-4689-8EBC-B8FCF8FB4B2B

So in die vinnige verbygaan, ‘n foto van Spitzkoppe, naby Usakos. Ek het ‘n artistieke aanslag gebruik, om die selfoonfoto meer aanskoulik te maak..2170CAD4-E789-401B-A861-ED502BF218AA

Die Schnauzers reis maklik vir drie dae aaneen, sonder enige probleme. Hier lê tweetjies knus in ‘n bedjie op die agterste sitplek…C206C712-04F8-45FF-ADFF-DC57B828C924

Frankie het permanent ‘n balletjie in sy bek en weier dat ons dit vat…25178801-87F1-4468-A5EB-BB5390B5B995

85C9C983-38B9-41D7-979D-7E7E00F4C051

Ek het hierdie keer nie my kameras saamgevat nie en alles met my selfoon geneem. Ek het weereens tot die gevolgtrekking gekom dat selfoonfoto’s op hierdie stadium van ontwikkeling, nooit die standaard van ‘n kamerafoto kan oortref nie.

58 Replies to “Na ‘n blogdroogte…”

  1. Frankie se smaail het my nou lekker laat lag. Jy’s reg, ‘n ordentlike kamera se fotos en ‘n selfoon piekie is nie te vergelyk nie. Al voordeel van die selfoon is dat ek myne (so ‘n slanke palmgrootte) aan my lyf kan versteek ter wille van veiligheid. Ek wens ek wens ek kan ook Swakop toe gaan vir ‘n vakansietjie – dis darem mooi wêreld.

    Liked by 1 person

    1. Ek moes geduldig wag dat hy die balletjie presies reg vashou. Selfoonfoto’s het sy voordele en plek.
      Jy sal nie ‘n fout maak as jy iewers so ‘n vakansie kan inruim nie. Dis jammer dis so ver.

      Liked by 1 person

      1. Ja, o liewe land, ek sien nie eintlik meer kans om sulke ver ente te reis nie. Ek word vies as ek winkel toe moet ry. Maar dit sou tog die moeite werd kon wees om so ‘n pragtige plek te besoek. Dalk eendag.

        Liked by 1 person

  2. Sjoe! Daai wolke is mooi! Ma hou ook daarvan as daar sulke wolke is. Sy sê sy kan vir ure daarna kyk en sy hou van mistigheid ook.

    Ek dink jou selfoon foto’s is pragtig. Ma sê sy sien baie selfoon foto’s wat mooier lyk as die van sommige fênsie kameras. Die son wat so opkom daar is regtig besonders. 🙂

    Frankie hulle lê omtrent snoesig en ek kan sien hul geniet die rit baie. En ek en ma het lekker gelag vir sy bal tande. Tog te oulik en dierbaar! 😀

    Liked by 1 person

    1. Hy is baie parmantig as hy daardie bal het en niemand kry dit by hom nie. Hy grom vreeslik vir boetie Neelsie as hy dit naby waag. Ek moet maar wag totdat hy tuin toe gaan om te merk en dan vinnig die bal gryp, voordat hy dit weer opraap. Jy sal hom nie eers omkoop met ‘n koekie nie. Die ander twee kry koekies voor hom, maar hy sal nie los nie!

      Liked by 2 people

      1. Hahahah! Hy klink tog te oulik en hulle is so pragtig. Ek kan sien hul word ook net so lekker bederf soos ekke.

        Dit klink nes die kere wat ek en my boetie, Russel speel. Dan grom ons kastig vir mekaar maar dis speelgromme maar dan vat ek die bal of tou en Russel wag maar tot ek dit eendag los. Dis mos hoe dit werk. 😀

        Ek sal alles los vir die koekies wat ma ons altyd gee. 😁

        Liked by 1 person

  3. Ek stem oor die fotos!!! Ek like daai “smile.” Jy is ‘n gelukkige vrou om so elke wan en dan te kan wegbreek….maar soos reeds gesê “welkom terug” jy was gemis. Dit klink nie na die regte woord nie 🤔

    Liked by 1 person

  4. Sjoe, daardie mis wat so hang is regtig besonders. Ek stem saam oor die selfoonfotos. My hand is nie meer so ferm nie en ek sukkel om die kamera stil te hou. Frankie wys lekker tande vir almal sonder dat hy dit besef. Dis lekker dat die brakke so gemaklik saam reis. Trompie is gelukkig ook n maklike ou. So bly om weer iets van jou te hoor en bly jul is weer veilig terug. Ek dink aan jou en jou “honde”. Mooi bly en kalm wees.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Dries. Lekker groot houer vol gemengde neute en droë vrugte het ons lank laat knibbel. Dan natuurlik biltong en soutbeskuitjies. Hoenderboudjies en toebroodjies saam met koffie by stilhouplekke langs die pad. Namibië se piekniekplekke word silwerskoon gehou…dis altyd netjies gehark en die tafeltjies word gereeld geverf. Botswana s’n is vieslik en ons stop nie meer daar nie.

      Liked by 1 person

  5. Hoe laat jy my nou na my eie Schnauzers verlang. Die meisie wat na hulle kyk tot hulle na my seun kan gaan, pas hulle mooi op. En my hart pyn as ek na die foto’s kyk wat sy gereeld aanstuur.

    Wat gehalte van selfoonfoto’s versus kamera betref, het ek iets geleer wat help dat my selfoonfoto’s nogal mooi uitkom. En goed instaan wanneer ek nie ‘n kamera by my het nie. Ek zoom nooit in nie. Sodra mens inzoom word die gehalte van die foto beperk. Hoop dit help, vir my lyk jou foto’s baie mooi.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +