‘n Positiewe verhaal

Gistermiddag laai ek my huishulp en tuinier by die taxi-staanplek af. Dis langs ons dorpsswembad en daar is ‘n toegekampte area met ‘n grasperkie. Wat was my verbasing groot toe ek dít sien…IMG_2444

IMG_2440

IMG_2447

Met my ewige nuuskierigheid, maak ek dit toe my besigheid om uit te vind wat aangaan. Aanvanklik was ek vies en lus om die DBV in kennis te stel van iets wat heeltemal vreemd en verdag lyk.IMG_2443

Die verhaal gaan so….oorkant die straat is ‘n dierehospitaal en dis een van hul pasiëntjies. Hy is ‘n wesie en het sorg nodig gehad. Hy word viermaal per dag met ‘n bottel gevoed en verder eet hy die gras daar in die kampie. Sy naam is Cooper die Swartwitpenskalfie. (Sable Antelope).IMG_2446

Perdeby het vanmiddag deur die fyn heining foto’s gaan neem en was gelukkig om te sien hoe Cooper deur ‘n werker van die veearts, versorg word. Hier word ‘n haltertjie om hom gesit…IMG_2452

Die hek gaan oop en hy word versigtig gedra. Die son sak en dis slaaptyd. Die outjie word saans veilig toegemaak in die hospitaal…IMG_2453

Die dierehospitaal is net ‘n entjie verder en boklam is ewe rustig in sy helper se arms…IMG_2454

Ek het skelm die foto’s geneem van agter ‘n boom, maar die helper se glimlag laat my dink hy was bewus van my…IMG_2455

Nag Cooper, word gou gesond en groot dat jy weer deel van  jou  trop kan wees…IMG_2457

Eendag gaan jy so lyk…IMG_9529

IMG_9531

Intussen spoed ‘n oulike fiets verby met ‘n tuisgemaakte sleepwaentjie agteraan. Bo-op is een van hierdie kantoordraaistoele en ‘n onderstebo lessenaartjie met wieletjies…en Perdeby steel weer ‘n foto!IMG_2450

 

56 Replies to “‘n Positiewe verhaal”

  1. Dit is wonderlik hoeveel keer ons iets buitengewoonds so onverwags teekom. Hierdie IS n positiewe verhaal – daar is so min van hulle deesdae – en ek is bly jy kon die fotos neem om met ons te deel. Dankie hiervoor.

    Liked by 1 person

    1. Dit was so ‘n verrassing Anne. Ek het dadelik gesien dis ‘n swartwitpenskalf en kon my oe nie glo nie. Die veearts het op hul FB blad verduidelik wat aan die gang is, want daar was klagtes by die DBV aanhangig gemaak. Dit was natuurlik my eerste reaksie ook, want dis ongewoon om so ‘n bok in die middel van die dorp te sien. Gelukkig het hulle volle toestemming en die knapie gaan weer in die natuur vrygelaat word, sodra hy sterk genoeg is.

      Liked by 1 person

    1. Hy lyk baie jonk, maar ek dink hy is in goeie hande. Mens kan amper nie glo dat so ‘n tingerige dingetjie kan verander in daardie allerpragtigste dier nie. Dis een van die mooiste bokke.

      Like

    1. Hehe, Dries…ek het gedink ek hallusineer! Dis regtig ‘n vreemde dier om hier te sien. Daar word nie veel gesê oor waar hy vandaan kom nie. Hulle probeer dit so lae profiel moontlik hou, want hulle wil nie ‘n toeloop van nuuskieriges hê nie. Ongelukkig is my nuuskierigheid onderskat en ek het agter die kap van die byl gekom.Ek vermoed die veearts het dalk ‘n wildsplaas en dat die bokkie se ma dood is.

      Liked by 1 person

  2. Cooper is tog te pragtig en ons dink dis wonderlik dat daar so mooi na hom gekyk word. Jy het die mooiste foto’s geneem Bytjie. 😀

    Vergeet van my stootwaentjie wat ek wil hê! Ma moet maar ‘n fiets kry dan ry ek agter op daai waentjie. 😂

    Liked by 1 person

    1. Dankie Rambo…ek moes net deur ‘n fyn sifdraad afneem, die dat die foto’s effe snaaks lyk.
      Ek sien jou al agter op daardie sleepwaentjie, met jou haartjies wat so waai in die wind as mammie trap en trap….

      Liked by 1 person

      1. Ek en ma dink die foto’s is pragtig, al is dit deur die sifdraad geneem. Dit gee dit net daardie ekstra mooi effek.

        Ma sê ons ons het geen hoop om haar so op ‘n fiets te sien trap nie. Daar gaan my drome weer. 😅

        Liked by 1 person

        1. Hahahah! Moenie dat ma jou hoor nie. Sy sal al my tande trek as ek haar enkels moet byt. Ek dink in elk geval ek sal te vet word as ma my moet rondry en sy moet al die werk doen. Dan loop ek maar eerder saam met haar. Maar dankie dat jy by my staan. Jy is ‘n oulike bytjie. 😁

          Liked by 1 person

  3. Ag hoe oulik! En dit aan die Oosrand. My kinders was laasweek saam met my Benoni toe vir Stiefpa se roudiens en na aanleiding van hulle kommentare het ek besef dat hulle regte snobs is…ek is gebore Oosrander en dit was lekker om weer daar rond te ry….Cooper is so gelukkig om iemand te hê wat so mooi na hom kyk. En daai fiets se waentjie is so oulike idee!! DIe ou moet dit dalk patenteer!! Laat my dink aan die mense in Bangkok wat alles op hulle motorfietse laai.

    Liked by 1 person

    1. Mens huil as jy die dag intrek op die oosrand, maar die dag as jy moet trek , huil jy ook.Ons bly baie lekker hier… nie die mooiste plek op aarde nie, maar plat op die aarde mense.

      Like

      1. Yes, I suspect the colour for the young is a mimetic way to hide from sight in the sand… I thought about you yesterday when I read about this young woman murdered in a farm in limpopo. Annette Kenneally. What a shame.

        Liked by 1 person

        1. In May alone there were 46 attacks and seven murders on farms. It is an orchestrated movement to terrorize farmers to get off their farms so the land can be grabbed. I am really very anxious and angry about this. It has been going on for several years now and government doesn’t seem to really do something about it. The murders are usually very brutal, burning people with hot water or irons, raping etc. It is too ghastly to talk about this. Sorry my friend, I am ranting again, but you are one person who will understand this.

          Liked by 1 person

        2. Rant at will. I do understand, and I am very angry too. From what I read the murders are vry brutal. Not surprising. But also the French press only mentioned this last ghastly murder of that “young” woman. But not a word about the others. Shhh. Let us not project a “racist” image of South Africa! Grrrr.
          The truth about Africa is well hidden in western media.

          Liked by 1 person

        3. Sadly…on tonight’s news bulletin, some farmers in the Western Cape, where two murders took place in the past week, said they no longer feel like carrying on farming. The Cape has the biggest wine industry and are famous worldwide for excellent wines.Imagine the loss of jobs and income for SA if this industry goes down the drain.

          Liked by 1 person

        4. Can’t blame them, can we? The general thing across Africa, and that has been going on since independence in the 60’s is revenge. Algeria? Revenge. All this wrong is France’s fault. West Africa? Hate the French.
          Now one thing that struck me in Singapore: there is NO resentment against the English. None whatsoever. They kept the street names, all the heritage. As a chinese friend says: “they embraced the west”. And moved on. There was a video of Lee kuan-Yew the prime minister at Independence in ’57 or ’59 and I remembered that period of the “non-aligned” where ig meetings were held with the new African leaders and Lee among others. Well, we’ve seen the results in Africa and I have seen Singapore. No comparison. Sadly.
          So, your ANC leaders? Just a bunch of corrupt vengeful politicos. Even the lesson of Zimbabwe was not enough. They will do the same. Sorry.

          Liked by 1 person

        5. You’re right. We have our brand of violence and corruption here. Makes me a little desperate. I can only think of the next few weeks in France this summer. 🙂
          Tot ziens meevrouw. 🙂

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +