Perdebytjie en die bye op ‘n Bloumaandag

In my tuin is ‘n ou stukkende voëlbadjie. Verlede jaar het ‘n swerm bye hul intrek in die hol stamgedeelte geneem. Omdat hulle niemand pla nie en ons hulle ook nie pla nie, leef hulle al lankal in vrede met ons saam.

Vanmiddag kom roep ‘n hoogsbenoude tuinier my. Hy het per ongeluk die voëlbad omgestamp en nou lê die badgedeelte onderstebo en die hol stam ook. Die bye swerm verward in en uit en sigbare heuningkoeke drup van die soetigheid.

Perdebytjie se eerste gevoel is dat ons dit net so moet los en hoop dat hulle ander blyplek gaan soek. Met ‘n vieslike wind wat waai en ysige koue aan die kom, vermurwe my hart vir hierdie arme ontredderde wesentjies.

Met ‘n selfontwerpte byepak, bestaande uit ‘n dik jas, handskoene en dik serp om die gesig, met net oë wat uitsteek, pak ek die bul by die horings…oftewel die bye by die angels…img_0617-1Verbasend genoeg, was daar min agressie en sommer gou-gou is die voëlbad weer in posisie…wel bietjie gehawend, maar vir die bytjies ‘n veilige hawe…img_0614-1

44 Replies to “Perdebytjie en die bye op ‘n Bloumaandag”

  1. Daardie bytjies is sommer baie gelukkig om jou daar te hê wat so baie omgee vir hulle. Jou byepak is tog te oulik en hulle sou jou nie gesteek het nie want hulle het geweet jy wil hul huisie weer regmaak. Baie dankie dat jy so omgee vir hulle bytjie. Jy is dierbaar. 😀 😘😘😘💕💕💕

    Liked by 1 person

  2. Dis beslis die koue wat hul stadiger gemaak het en jy het ook nie met hul koningin gesukkel nie. Haal my hoed af vir jou om so n regstelling te maak. Ons het n byekorf gehad wat geswerm het. Mens sit n kartondoos oor hulle en maak hul daarin toe om hul te vervoer. Hul is nie aggresief nie omdat hul weet die koningin is veilig in die bondel. Die ou wat die swerm kom uithaal het het nie eers beskermende klere aangehad nie. Hul doen dit ook in die aand om die bye te vang.

    Liked by 1 person

  3. Sjoe lus maak jy my vir daardie heuningkoek waaruit die heuning drup. Dis soos ons dit op die plaas geeët het. Jy is die bytjies se superhero 😊 As hulle in byeland flieks gemaak het was jy nou beroemd.

    Liked by 1 person

    1. Skielik het ons internet, al is ons foonlyn dood…verstaan dit gladnie, maar laat ek die yster smee terwyl dit warm is en vinnig probeer opvang voor alles weer verdwyn…ek is mos maar lief vir goggies met kriewelrigr pootjies, Kameel!

      Liked by 1 person

  4. Moedig van je.Ik ben 3 weken geleden gestoken door een bij die met volle vaart tegen mijn aangezicht vloog en stak voor ik zelf besefte wat er bebeurde.Ik ben met spoed naar de dolter geweest want heel mijn rechter aangezicht was onherkenbaar op gezwollen

    Liked by 1 person

  5. Since I read the newest post first, I know that things did not work out as smoothly as you hoped they would. Really too bad! But the spontaneous lesson that came out of all this may be a gift that keeps on giving.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +