Dagsê aan al my blogmaats

black rotary telephone on white surface
Photo by joenibraw on Pexels.com

Om my lang stilte te verduidelik, net die volgende inligting…ons foonlyn se koperkabels is weereens gesteel en Telkom het laat weet hulle voer ‘n verlore stryd en gaan nie weer die kabels vervang nie. Ons het aansoek gedoen vir fibrekonneksie en dit kan nog ‘n tydjie duur.

Skielik het ons vanmiddag internet, terwyl die foonlyn steeds buite werking is. Ons verstaan dit nie, maar ek spring gou om te blog, voordat hierdie uiterste wonderwerk weer verdwyn.

Ek mis al my vriende en om jul blogs te lees, maar ek is steeds hier, perdfris en gesond en ly aan die uiterste vorm van FOMO (Fear Of Missing Out). Die simptome wissel van uiterste neerslagtigheid, verlange en bewerasie tot dranksug en die rook van pappegaaislaai, waarvan ek myself tot dusver met moeite kon weerhou.

woman wearing white crew neck shirt
Photo by Megan Forbes on Pexels.com

Hopelik hou hierdie meevallertjie van internet vir ‘n wyle en kan ek gou opvang wat in jul lewens aangaan…hou duimvas!

56 Replies to “Dagsê aan al my blogmaats”

  1. Oef, Ik maakte me reeds ernstig zorgen dat ik niets meer van jou hoorde.
    Wat daar bij jullie gebeurt, begint hier in België ook.
    Koperdiefstallen.
    Vaak worden er kabels gestolen naast de spoorlijnen en als ge weet dat al de treinen hier electrisch aangedreven worden, zal je begrijpen wat het gevolg is.
    Treinverkeer volledig in de knoei .
    Toch fijn nog iets van jou te horen.
    Groetjes uit België
    Theo

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie Theo…ek is so bly om van jou te hoor. Dis hartseer dat diefstal soveel ongerief vir mense veroorsaak. Dit gaan al jare lank hier aan en ons treine se kabels word ook gesteel.Ek is darem bly dat ek vinnig kan inloer en een van die dae is ons op optiese vesel en dan sal dit beter gaan.

      Liked by 1 person

  2. Fibre hier is voorsien deur Frogfoot. En hulle installasie veroorsaak riool verstoppings omdat hulle kabels deur die rioolpype gelê is!

    Lyk my hulle diens is k@k – veral as jy op Hello Peter lees …

    Liked by 1 person

  3. As julle regtig oorgaan na optiese vesel sal dit ‘n digitale foon en modem beteken maar dit is defnitief die koste werd.

    Hoe oud is jou rekenaar? Indien minder as 5 jaar sal dit jou dalk betaal om die RAM te vergroot

    Virus-free. http://www.avg.com

    On Tue, Jul 16, 2019 at 5:44 PM Perdebytjie se nes wrote:

    > perdebytjie posted: ” Om my stilte van amper twee weke te verduidelik, net > die volgende inligting…ons foonlyn se koperkabels is weereens gesteel en > Telkom het laat weet hulle voer ‘n verlore stryd en gaan nie weer die > kabels vervang nie. Ons het aansoek gedoen vir fibrekon” >

    Liked by 1 person

    1. Ek het ‘n Apple laptop wat so twee jaar oud is. Ek hoor by die mense in ons buurt, wat oorgeskakel het, dat dit goed werk. Ons is nou moeg vir die gesukkel met Telkom. Verlede jaar was ons twee huisfone, waarvan een die internetlyn bedryf, altesaam drie maande lank kort-kort buite werking.Hierdie jaar was dit nie veel beter nie!

      Like

  4. Dis terrible as Telkom handdoek ingooi!! Ons is net bly jy is nog met ons. Stadig maar met die papegaai slaai, maar ek dink dis iets wat my ook daarnatoe sal dryf!

    Liked by 1 person

  5. Ons het gewonder waar jy is en soos gewoonlik is dit Helskommel se skuld. Dis wat Pa hulle noem. 😅 Ons is bly jy het kom inloer en ons hoop dit sal nou gou beter gaan. 😘

    Liked by 1 person

  6. Dacht al dat je ermee gestopt was maar gelukkig nu werkt het weer.
    Je zou toch de kabel onder stroom willen zetten om diefstal te voorkomen maar dat mag natuurlijk niet. 😒

    Liked by 1 person

  7. I don’t have an excuse for not being around, so I apologize, and I trust that your phone and internet are now back in service, in a form that won’t be subject to theft. FOMO can be a terrible thing…. 😉

    Liked by 1 person

  8. Sien… al die dop en boomrookery het toe gehelp! Ek wet jy’t ‘n bietjie ge ruk en rol… al was dit met geleiding van Beethoven en Vivaldi…
    😲🙃😵🤣

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +