Om my lang stilte te verduidelik, net die volgende inligting…ons foonlyn se koperkabels is weereens gesteel en Telkom het laat weet hulle voer ‘n verlore stryd en gaan nie weer die kabels vervang nie. Ons het aansoek gedoen vir fibrekonneksie en dit kan nog ‘n tydjie duur.
Skielik het ons vanmiddag internet, terwyl die foonlyn steeds buite werking is. Ons verstaan dit nie, maar ek spring gou om te blog, voordat hierdie uiterste wonderwerk weer verdwyn.
Ek mis al my vriende en om jul blogs te lees, maar ek is steeds hier, perdfris en gesond en ly aan die uiterste vorm van FOMO (Fear Of Missing Out). Die simptome wissel van uiterste neerslagtigheid, verlange en bewerasie tot dranksug en die rook van pappegaaislaai, waarvan ek myself tot dusver met moeite kon weerhou.
Hopelik hou hierdie meevallertjie van internet vir ‘n wyle en kan ek gou opvang wat in jul lewens aangaan…hou duimvas!
Mensig maar ons het jou gemis!!!
LikeLiked by 1 person
Ek het myself ook gemis!🤣🤣
LikeLike
Ek glo jou, maar dankie tog ons sien jou weer!!!💃
LikeLiked by 1 person
Dit is wonderlik om weer van jou te hoor!
LikeLiked by 1 person
Dankie Anne, ek het almal so gemis.
LikeLike
Oef, Ik maakte me reeds ernstig zorgen dat ik niets meer van jou hoorde.
Wat daar bij jullie gebeurt, begint hier in België ook.
Koperdiefstallen.
Vaak worden er kabels gestolen naast de spoorlijnen en als ge weet dat al de treinen hier electrisch aangedreven worden, zal je begrijpen wat het gevolg is.
Treinverkeer volledig in de knoei .
Toch fijn nog iets van jou te horen.
Groetjes uit België
Theo
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Theo…ek is so bly om van jou te hoor. Dis hartseer dat diefstal soveel ongerief vir mense veroorsaak. Dit gaan al jare lank hier aan en ons treine se kabels word ook gesteel.Ek is darem bly dat ek vinnig kan inloer en een van die dae is ons op optiese vesel en dan sal dit beter gaan.
LikeLiked by 1 person
Ik hoop het, ondertussen hier in Belgie een nieuwe activiteit gevonden, dat geeft me terug zin in het leven na eerste het verlies van Myriam en daarna Jefke, kijk maar eens https://groetenuittienen.blog/caritas-vrijwilligerswerk-caritas-volunteering/#.XSy-fetMFB0
LikeLike
Hehehe jy moes dalk elke dag probeer het … sug… sê nou dit was al vroeër terug 🙂 ❤
LikeLiked by 1 person
Manlief het elke dag gekyk omdat hy besigheid doen op internet. Hy het juis opgemerk dis skielik aan.
LikeLiked by 1 person
Natuurlik… ek spot sommer! Mens kyk sommer meer as een keer op ‘n dag en tel die foon op elke keer as jy verby loop!
LikeLiked by 1 person
Wat een ellende. Nu pas merk je wat communicatie betekent. Nou ik wens je heel veel succes.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Gerrit.Lekker om weer hier te kan lees.
LikeLike
Fibre hier is voorsien deur Frogfoot. En hulle installasie veroorsaak riool verstoppings omdat hulle kabels deur die rioolpype gelê is!
Lyk my hulle diens is k@k – veral as jy op Hello Peter lees …
LikeLiked by 1 person
Hehe.. klink my hulle is kniediep in die k@k.Hier het ons darem gesien hoe hulle die slote grawe en die lyne insit.☺️
LikeLiked by 1 person
Ek het daardie kabels nie regtig steel nie!
So jy kan sien hoe ons afhanklik is van die tegnologiese bullshit. Hopelik sal alles vinnig opgelos word. Groete van pragtige Brugge!
LikeLiked by 1 person
Dankie Paul.Ja ons is te afhanklik van die tegnologie!
LikeLiked by 1 person
Groetjes van mijnentwege. Hopelijk kan je weer vlot op het internet nu of binnenkort.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Suske…ek sal gou weer inloer daar by jou, as ek ‘n tydjie kry.
LikeLiked by 1 person
Mis jou jong
LikeLiked by 1 person
Sien jou een van die dae…kannie wag nie!
LikeLiked by 1 person
Sien ook uit
LikeLiked by 1 person
Ik hoop dat het probleem ondertussen is opgelost. Wat mist een mens veel zonder internet… zeker als je blogt.
LikeLiked by 1 person
Dankie Bea. Die probleem is nie heeltemal opgelos nie en ek verdwyn dalk weer binnekort. Intussen sal ek vinnig inloer by my blogvriende.
LikeLiked by 1 person
Bly om van jou te hoor, Dina!
Moet maar nie daai papegaaislaai te diep trek nie hoor! 😀
LikeLiked by 1 person
Dankie Dries. Klink my jy praat van ervaring, betreffende pappegaaislaai.😄😄Ek gaan my bes doen om op te vang met al jou wonderlike blogs wat ek gemis het.Ek hoop net die internet hou!
LikeLiked by 1 person
😀 😀 😀 😉
Ons hou saam jou duim vas!
LikeLiked by 1 person
Sterkte Perdebytjie! Dit is ‘n eindelose stryd met Telkom. Bly jy het ingeloer en daardie FOMO ken ek!
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Sonell. Ons wag nou maar en sien…ek wuif reeds vir Telkom koebaai!
LikeLiked by 1 person
Helloooo. Lekker om van jou te hoor.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie! Ek is bly om te sien jy is weer op die been en het so mooi herstel!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Lekker om jou ook te sien.
LikeLiked by 1 person
As julle regtig oorgaan na optiese vesel sal dit ‘n digitale foon en modem beteken maar dit is defnitief die koste werd.
Hoe oud is jou rekenaar? Indien minder as 5 jaar sal dit jou dalk betaal om die RAM te vergroot
Virus-free. http://www.avg.com
On Tue, Jul 16, 2019 at 5:44 PM Perdebytjie se nes wrote:
> perdebytjie posted: ” Om my stilte van amper twee weke te verduidelik, net > die volgende inligting…ons foonlyn se koperkabels is weereens gesteel en > Telkom het laat weet hulle voer ‘n verlore stryd en gaan nie weer die > kabels vervang nie. Ons het aansoek gedoen vir fibrekon” >
LikeLiked by 1 person
Ek het ‘n Apple laptop wat so twee jaar oud is. Ek hoor by die mense in ons buurt, wat oorgeskakel het, dat dit goed werk. Ons is nou moeg vir die gesukkel met Telkom. Verlede jaar was ons twee huisfone, waarvan een die internetlyn bedryf, altesaam drie maande lank kort-kort buite werking.Hierdie jaar was dit nie veel beter nie!
LikeLike
vertel hoeveel dit gekos het en hoe dit gebeur. Jy werf dalk vir hulle nog kliente
LikeLike
Jy moet jou rookgoedjies asb nie Rebus toe bring nie… jy verstaan hoekom? Hoop werklik dit gaan nie lank vat nie dan is jy weer met ons.
LikeLiked by 1 person
Ek sal nooit as te nimmer die rookgoedjies saambring nie. Ons het mos nou al gesien watter uitwerking ‘n paar sopies Frangelico op die dames gehad het!
LikeLiked by 1 person
Presies 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Zo stom dat je daardoor nauwelijks kan lezen/bloggen. Ik duim voor een snel herstel!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Anna.
LikeLike
Dis terrible as Telkom handdoek ingooi!! Ons is net bly jy is nog met ons. Stadig maar met die papegaai slaai, maar ek dink dis iets wat my ook daarnatoe sal dryf!
LikeLiked by 1 person
Hehe..ek is darem nog nie so desperaat nie, maar my nerwe is dun gesny!
LikeLike
Hallo Mater! Ek mis vir jou vreeslik! Baie groete, en ek hou duime vas dat jou spindraad op die eter web gou herstel sal word.
LikeLiked by 1 person
Ai Erna, ek mis julle almal.Ek weet nie meer wat in jul lewens aangaan nie, maar sal hopelik gou bykom!
LikeLike
Dis so lekker om jou weer te sien, al is dit dan ook net ‘n vinnige inloer.
LikeLiked by 1 person
Hopelik sal ek nou weer ‘n rukkie op die lug wees!
LikeLiked by 1 person
Hallo ‘Bytjie! Hoop die internet hou!
LikeLiked by 1 person
Hallo Frannie…hou maar duim vas. Ek het jou gemis…bly om jou te sien!
LikeLiked by 1 person
Ons het gewonder waar jy is en soos gewoonlik is dit Helskommel se skuld. Dis wat Pa hulle noem. 😅 Ons is bly jy het kom inloer en ons hoop dit sal nou gou beter gaan. 😘
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Rambo…ek hoop ook nou dat dinge weer normaal raak!
LikeLiked by 1 person
Kom ons glo so. Lekker daggie vir jou verder hoor. 😀
LikeLiked by 1 person
Dacht al dat je ermee gestopt was maar gelukkig nu werkt het weer.
Je zou toch de kabel onder stroom willen zetten om diefstal te voorkomen maar dat mag natuurlijk niet. 😒
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig is daar nie veel wat mens kan doen nie.Ons het nou aansoek gedoen vir optic fibre.
LikeLike
I don’t have an excuse for not being around, so I apologize, and I trust that your phone and internet are now back in service, in a form that won’t be subject to theft. FOMO can be a terrible thing…. 😉
LikeLiked by 1 person
I am back on line again.We all disappear sometimes,so you shouldn’t feel bad about it!
LikeLiked by 1 person
Sien… al die dop en boomrookery het toe gehelp! Ek wet jy’t ‘n bietjie ge ruk en rol… al was dit met geleiding van Beethoven en Vivaldi…
😲🙃😵🤣
LikeLike