Die wonder van kennis

Die afgelope twee weke se sage oor die bytjies in my tuin, het vanoggend ‘n hoogtepunt bereik. Die swerm het drie dae lank verdwyn en verlede Vrydag is hulle in volle sterkte terug en het weer in die nou skoongemaakte voëlbadjie se stam ingetrek.

My huishulp en tuinier het al die gebeure met belangstelling gevolg en vanoggend, soos alle ander oggende, drink ons saam tee in die kombuis en ons gesprek gaan oor die noodsaaklikheid van insekte en bye.

Sommer uit die vuis, beduie ek rofweg op ‘n stuk papier, die konsep van bestuiwing en bevrugting…IMG_0637Die volgende oomblik gaan daar ‘n lig aan by beide en hulle babbel opgewonde in hul eie taal.Nooit tevore in die tuinier (55) en huishulp(46) se lewens het iemand ooit die konsep aan hulle verduidelik nie!

Die praktiese biologieles vorder toe buitentoe en nadat ons verskillende blomme se binnewerke bekyk het, was die twee in ekstase. Ek beklemtoon toe ook sommer die feit dat verskeie insekte en nie net bye, verantwoordelik is vir bestuiwing en daarom maak mens hulle nie dood nie en gif is heeltemal taboe!

Later sien ek die papiertjie lê by huishulp se bossie sleutels, want sy gaan dit huis toe vat om vir haar kinders te wys.

Die opgewondenheid wat vanoggend geheers het by die ontdekking van iets wat vir meeste mense vanselfsprekend is, was ‘n riem onder die hart om te aanskou.

60 Replies to “Die wonder van kennis”

  1. Your story gives me goosebumps! Ons het al in Graad Twee van die dele van ‘n blom (ek onthou nog dit was die Hibiscus) en 0or bestuiwing en bevrugting geleer. My kleinkinders weet daarvan al is hulle nog nie op skool nie. Hierdie storie van jou wys dat dit nooit te laat is om iets te leer nie en ek dink dit is wonderlik dat jy die tyd vir hulle gegee het om so iets te verstaan.

    Liked by 1 person

    1. Netso,Anne…ek het presies daardie prentjie geteken, wat daardie jare in ons boeke was…wel nie kunstig nie, maar beslis maklik om te verstaan.Hierdie twee het skool gegaan, maar duidelik nooit soiets geleer nie. Met swak onderwys en geen insig in die werking van die natuurlike wêreld nie, sal die mens nooit omgee wat hy aan die natuur doen nie.

      Like

  2. Dis lekker om sulke dinge met die ouer mense te deel en te sien oe hul dit indrink en waardeer. My huishulp en ek het ook altyd dinge oor n koppie tee bespreek waarvan sy nie n idee gehad het nie. Haar dogter het vir onderwyseres geleer en ons het selfs ook gekuier.

    Liked by 1 person

      1. En ons vergeet!!! Ek meen, ek kyk daai prentjie so en ek besef ek het vergeet dat dit so werk….omdat mens nie elke dag daarmee doening is nie!

        Liked by 1 person

        1. Ek het ook al vergeet en toe ek begin met die prentjie, was dit asof logika oorneem en ek dit ook beter verstaan.As kind sit mens nie altyd twee-en-twee bymekaar nie en nou kon ek begryp die voortplanting werk net soos by mense, net op ‘n effens gewysigde manier.☺️

          Liked by 1 person

      1. Hier by my vanmore het my Lekkerwinkelmanne vroeg ‘n yskas vir my gebring. En vir my Elisa brandhout. Die voorman het gou saam na haar huis gery om dié af te lasi. Hulle twee is dik tjomme. Sy kom ontsteld terug, J het vir haar vertel van sy rondlopervrou en die nuutste huismoles. Sy het ou koerante en maskeerband gevra, want J se gek ega het sy kamergordyne van die venster geruk. Moet ons nie gordyne gee nie vra ek. Nee mies, daai malle sal dit ook vat en breek. Laat hy liewer toeplak tot sy weg is. Ons bid maar sy los hom nou uit, arme mens. So leef ons saam.

        Liked by 1 person

        1. Mense oral, het hul stryde om te stry en wat sal ons sonder mekaar doen as iemand nie ‘n skouer gee om op te huil nie? Jou storie is net so mooi en Elisa klink na ‘n liefie!

          Like

  3. Wat ‘n les vir ons almal! Ja, as ons ‘n bietjie tyd afstaan aan andere kans on ‘n massiwe verskil maak! Dankie dat jy hulle ‘n bietjie van “the birds and the bees” geleer het! 😉

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +