‘n Middag in my wintertuin

Met ons heerlike sonskynwinters, is daar altyd mooi tonele…_MG_7033

Ek sit heerlik in my tuin en wag vir die natuur om na my toe te kom…_MG_7051

Besige bytjies zoem in die blommetjies bokant my kop…_MG_7048

Op buurman langsaan se dak, sit ‘n hoep-hoep…_MG_6669

Kyk wie kom sit skielik op die muur bokant my kop en loer nuuskierig na my…_MG_6753

Ou kwêvoël met sy parmantige kuif…_MG_6775

Hy loer vir my en draai sy kop in alle rigtings…_MG_6769

Bekkie gaan oop…_MG_6797

en skielik bring hy kos op en kou weer heerlik daaraan…_MG_6799

Op ons agterse buurman se skoorsteen, sit die parmantige kolganse, wat die hele buurt elke oggend wakker skree. Self die voëlafskrikmiddels op die skoorsteen, skrik hierdie twee nie af nie. Hulle skreeu al vir jare daar van bo af, ‘n skril gekwaak wat hoor en sien laat gryp na hul ore…_MG_6843

Ou kwêvoël maak hom sommer hier by my tuis in die bos langs die swembad…_MG_7079

‘n Laaste roos blom steeds vir oulaas pragtig…_MG_7103

Ons winters is wonderlik!

54 Replies to “‘n Middag in my wintertuin”

      1. Sien ek en Bertus nou die mooiste prentjie. Die Kormorante se bekende broeiboom is so 50 m van ons huis af. Op die oomblik is daar omtrent 60 jong voëls besig om te leer vlieg, met die oues wat hulle uit volle bors aanmoedig! Dis ń babelse lawaai, maar ongelooflik om te sien!

        Liked by 1 person

  1. I so enjoyed seeing your garden friends, Dina, and hearing about their life. I think the African hoopoo is such a cool-looking bird. I have only seen them a few times, and no photos, so I was glad to see this beauty. Funny about the screaming coal geese, but perhaps not so funny to you.

    Liked by 1 person

    1. Thanks Jet. The African hoopoo is so difficult to photograph, because it moves and pecks in the ground mostly. I was lucky to see this one on the neighbour’s roof, but had to crop out most of the bird, to erase the ugly roof.
      Those Egyptian geese make such a racket every morning, but I enjoy watching them and was highly amused about the Whirly Bird contraption, that didn’t even make them bat an eyelid!

      Liked by 1 person

    1. Baie dankie Marylou. Ons het werklik besondere winters. Dit is lelik en swart gebrand orals, maar ons het steeds insekte, voëls en heelwat son. Dit is in groot dele van SA. Die suidelike gedeelte het egter winterreën en soms val daar sneeu op die bergreekse daar. Dan kry ons ook koud in Johannesburg. Dis egter nooit langer as ‘n paar dae nie.

      Like

  2. Dis te lekker! Daardie kwevoël was nou te oulik. Nie geweet hul herkou ook hul kossies nie. HUl kan ook maar lekker almal waarsku as daar beweging is. n Gans bly maar n gans; of dit n kolgans of gewone mak gans is hul kan baie luidrugtig wees. Dankie vir jou oggendjie in die buitelug.

    Liked by 1 person

    1. Ek het ook nie geweet ‘n kwêvoël doen dit nie….vir hom sit en kyk, toe gebeur dit. Oe, daardie ganse maak die bure mal, maar ek dink hulle het nou moed opgegee. Daardie Whirly Bird kontrepsie doen niks om hulle skrik te maak nie.Dankie vir inloer, Ineke.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s