Perdebytjie en die Porche

Ek het bietjie van ‘n stoute streep in my. Verlede week oppad iewers heen, jaag ‘n splinternuwe Porche Cayenne by my verby en laat my voel of besig is om parkering te soek. Ek is dadelik ergerlik en voel hoe die adrenalien begin pomp.

My klein karretjie het nogal krag onder die enjinkap…

broken car vehicle vintage
Photo by Skitterphoto on Pexels.com

en sonder om te dink wag ek my kans af. By die volgende rooi robot trek ek langs die vibrerende Porche in en loer so uit die kant van my donkerbril na die twee insittendes. Beslis twee windbolle met te veel geld en te min klas. Hulle sit en gesels en merk nie die skelm bejaarde dame langs hulle nie.

Toe die lig groen slaan, gee ek vet en trap die lepel diep weg. Ek bêre daardie Porche maklik met tien meter en dit lyk of hulle stilstaan.Moenie glo nie, die volgende oomblik dreun die aarde soos die Porche verby my skiet en my in petrolwalms laat stik…

action asphalt auto automobile
Photo by Pixabay on Pexels.com

Omdat ek nooit die spoedgrens oorskry nie, ry ek ewe preuts verder teen die regte spoed. Nodeloos om te sê, ek het nooit weer die Porche gesien nie. Ek kon nie help om so ‘n heerlike kekkellaggie by myselwers te lag nie.

Al wat ek weet, dit was dêm lekker!

(Toemaar manne, ek weet dis ‘n Alfa op my foto…kon nie ‘n foto van ‘n Porche kry nie)

67 Replies to “Perdebytjie en die Porche”

  1. Daai foto van die Alfa is vals advertensie, daai een lyk asof dit beweeg en almal weet dat ‘n Alfa staan altyd stukkend langs die pad.
    Toe ek begin werk het, het ek so ou rook-en-kook Ford gery, ok meestal gestoot…ek het ‘n ou Ford-rook-en-kook besit. Meeste van die perde onder die enjinkap het jare gelede reeds ontsnap, maar vanweë verskeie gate in die uitlaatpyp hy die ding erg gevaarlik geklink. Jy moes ook by ‘n verkeerslig die petrolpedaal liggies pomp om te keer dat die ding nie vrek nie (wat sou veroorsaak dat jy weer moet stoot), wat ander manne dan natuurlik as uitnodiging gesien het. Die res het min of meer verloop presies soos jy verduidelik het.

    Liked by 2 people

  2. Lag ek nou lekker. Het dit altyd op pad skool toe gedoen. En dan binne die spoed tot by die volgende robot gery. Omdat die mense so dooilik wegtrek. Die kinders het gereeld vir my gepreek ek gaan gevang word, ek jaag. Ek doen nie, kom net vinniger by die regte spoed uit. Terwyl hulle sukkel om wegtrek reg te kry. Lief daai gevoel. Net soos jy

    Liked by 1 person

  3. My vrou is die een wat die bynaam Shecter het in ons huis.

    On Tue, Aug 6, 2019 at 3:40 PM Perdebytjie se nes wrote:

    > perdebytjie posted: “Ek het bietjie van ‘n stoute streep in my. Verlede > week oppad iewers heen, jaag ‘n splinternuwe Porche Cayenne by my verby en > laat my voel of besig is om parkering te soek. Ek is dadelik ergerlik en > voel hoe die adrenalien begin pomp. My klein karretjie ” >

    Liked by 1 person

  4. “… te veel geld en te min klas” 😀
    Wys hulle Dina – it’s not the size that counts, its how you use it!!!
    In my veel jonger dae het ek ook dit nogal geniet om die windlawaaie met my Mazda 323 bietjie terug te bring aarde toe- ek was nogal soos n Formule 1 drywer op die wegspring! Ook net voet neergesit tot by die spoedgrens en dan vriendelik gewuif soos hulle van agter verbykom…

    Liked by 2 people

  5. Dit lyk my daar is ‘n hele paar van ons wat hierdie “trek met ‘n vaart weg” speletjie speel. Ek doen dit ook. My ander gunsteling is om van agter teen ‘n hoogte by die groot, swaar motors verby te ry. Die ander (jonger) bestuurders lyk soms ‘n bietjie verstom oor hierdie verskynsel.

    Liked by 2 people

  6. Baie mooi blog. Voor die Amarok, in SA beskikbaar was, het ek ‘n blog oor ‘n rit, met ‘n besete Amarok bestuurder geskryf. Veralda S, werksaam by Nissan, wat ongelukkig, ook nie meer blog nie, het my toe genooi vir ‘n rit in die nuutste Nissan bakkie, as ek weer in SA kom. Nou, het sy, verdwyn.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s