Una het gevra ons moet foto’s van onsself uit die tagtigs plaas, maar ek het so min, dat ek maar ‘n paar gaan uitkrap het uit my argiewe. Die fotokwaliteit is ook baie swak, maar hier kom dit…
Hierdie een was in Augustus 1973 toe ek pas 20 geword het…
‘n Paar maande later in Januarie 1974 nadat ek my hare afgesny het…
Gradeplegtigheid April 1975…
Saam met my vier spruite met vakansie op Umzumbi, Desember 1994…
Iewers in die negentigerjare, toe ek afgelos het by ‘n laerskool…tipiese onderwyseres. Kyk die haarstyl en my skewe tande, waaroor ek vandag nog selfbewus is!!
Pragtige herhinneringe Dina!
LikeLiked by 1 person
Dankie Aletta.
LikeLiked by 1 person
Baie mooi fotos! Jou tande is nie skeef nie!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie…ek weet dis nie so erg nie, maar dis vreemd dat ek vandag nog soos ‘n tiener voel oor my tande.😂😂
LikeLike
Mooi meissie, mooie kinders!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie… lank terug!
LikeLike
Sulke mooi fotos, Dina. Jy was en is steeds pragtig.
LikeLiked by 1 person
Dankie Una…those were the days…
LikeLike
Wat een mooie foto’s Dina! Je staat er heel knap op. Toevallig moest ik vandaag ook een foto naar mijn school sturen om te tonen op de Powerpoint voor de start van het nieuwe schooljaar. Daar zitten dan wel 450 mensen naar te kijken. En help, ik vind geen enkele foto mooi van mijzelf die goed genoeg is. Net als ik, zie ook jij enkel de foutjes aan je gezicht. Vervelend is dat toch.
LikeLiked by 1 person
Ja, dis tog verspot dat dit nog saakmaak op my ouderdom.Dankie vir jou mooi woorde, Bea.
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig fotos.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie…ek waardeer jou kuiertjie op my blog.
LikeLiked by 1 person
Mal oor daardie eerste foto met al die beloftes van lente! Jy het ‘n pragtige versameling vir ons kom wys.
LikeLiked by 1 person
Om te dink dis al 46 jaar gelede… tyd het so gevlieg!Dankie vir inloer, Frannie.
LikeLiked by 1 person
Mooi om zo de foto’s van door de tijd heen te zien. Een gezicht veranderd wel met de jaren maar nooit echt, nooit wezenlijk. Je was en bent zonder enige twijfel nog steeds een prachtige vrouw.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir jou mooi woorde.
LikeLiked by 1 person
My mooie Perderby maat. Lieflik.
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Vuurvliegie.
LikeLike
Mooi mooi Perdeby!!! Jy is n pragtige vrou!!
LikeLiked by 1 person
Was…🤣🤣
LikeLike
Is….😆😆😆
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot, jy is lief!
LikeLike
😘😙
LikeLiked by 1 person
Mooie foto’s ,mooie vrouw !
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Betty.
LikeLike
Leuk die oude foto’s. Daar kan ik van genieten.
LikeLiked by 1 person
Dankie Suske.
LikeLiked by 1 person
Jy was beautiful en ek glo jy is nog steeds
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Mooi fotos – mooi meisie en mooi vrou en die kinders het ook die gene oorgeërf. Ek sien niks verkeerd met jou tande nie! Ek is regtig besig om ‘n gly te vang in die onnatuurlike spierwit, eweredige tande wat almal deesdae op tv vertoon.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die mosie van wantroue in rye spierwit tande,Hester.Dit gee my al lankal ‘n pyn.Mense se beheptheid met skoonheid raak deesdae erg en die rykes en bekendes bestee duisende per maand aan hul voorkoms en dan preek hulle uit die hoogte hoe ons plebs ons steenkoolvoetspoor moet verminder.
LikeLiked by 1 person
Die enigste voordeel is dat ons oues met die winkeltande nie meer so “uit” voel met ons netjiese eweredige tandjies nie 😁
LikeLiked by 1 person
Hehe, ek het nie daaraan gedink nie…nou waardeer ek weer my tande!
LikeLiked by 1 person
Daarsy! Elke wolk het ‘n donker randjie (rantjie? kantjie?).
LikeLiked by 1 person
Tandjie!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
In dié geval is dit randjie…. dis die juffrou in my wat nou praat.😂😂
LikeLike
Oukei. Dankie, soms twyfel ek in iets wat eintlik maklik behoort te wees.
LikeLiked by 1 person
In de ogen zie ik telkens iemand met veel deugnieterij! Knap, Dina!
LikeLiked by 1 person
Ek is eintlik ‘n baie soet dame,Thomas! Dankie vir inloer.
LikeLike
Qq fijn om je weer te kunnen lezen of beter gezegd te beluisteren. Het is te lang geleden gelukkig kan dit niet terug
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Merel.
LikeLike
Pragtige fotos en mooi herinneringe. Dis amper al n leeftyd gelede! Gelukkig bly mens se siel steeds jonk al verouder die buitekant. Jou juffrou foto is n regte juffrou foto. Ek het vir n hele paar jaar elke jaar n skoolfoto laat neem. Nou pluk ek die lekker vrugte daaevan deur terug te blaai en te sien hoe die tyd verander het. Spesiale druk vir jou!
LikeLiked by 1 person
Die juffroufoto’s is omtrent die beste, want dit is altyd professionele fotograwe wat dit neem.
My kleinkinders se skoolfotos is baie mooi.
Dis nes jy sê, my gees bly jonk en terwyl mens so voel, geniet mens steeds die lewe met al sy oppe en affe.
LikeLike
Die skoolfotos is beslis die moeite werd gewees. Selfs die klas en sport-fotos is baie duidelik. Ek het selfs die kinders se name by die fotos geskryf. Scrap booking is baie terapeuties. Soos mens beplan verdwyn jou gadagtes wat pla. Gelukkig is daar meer oppe as affe.
LikeLiked by 1 person
Jy was ‘n pragtige jongmeisie en is steeds so. Ek het skewe voortande. Sommer lekker skeef. Weet jy dat dit karakter gee? Daar is niks fout met jou tande nie, jy kan maar voluit lag.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie…ja ek is sommer laf oor die tande.🤣🤣
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Dis so lekker om almal se gesiggies te kan sien.
Jy was ‘n beeldskone jong vrou en ek glo jy is dit nog steeds
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Positief.
LikeLiked by 1 person
Jy was voorwaar ‘n pragtige jong meisie. Nooit besef jy was ook ‘n onderwyseres nie (‘n mooie daarby.)
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel…een van my geheime…hard gestudeer en net ‘n jaar skool gehou en verder orals afgelos en verder kinders grootgemaak!
LikeLiked by 1 person
My vriendin het ook as onderwyseres geswot. Sy is so ‘n sagte lady like mensie dat die matriekseuns bo-oor haar geloop het. Ook net ‘n jaar skoolgegee en toe bibliotekaresse geword. Daar tussen die boeke was sy sooooo gelukkig. As mens maak ons planne maar dit werk nie altyd so nie.
LikeLiked by 1 person
Soms is ek hartseer dat ek nie meer met my lewe gemaak het nie, maar dan besef ek weer dat ek as tuisbly ma, sonder betaling, soveel vir my kinders beteken het. Ek kry dit vandag dubbel en dwars terug van hulle almal.
LikeLiked by 1 person
Ma wees is ‘n groot roeping Perdebytjie. As jy vir my gesê het ek gaan eendag ‘n tuisbly ma met ‘n huisvol kinders wees, sou ek gelag het. Ek blaas nie my eie trompet nie maar my baas – ‘n kernkrag physicist – het eenkeer by my kom teedrink. Sy woorde aan my was dat hulle in die vyftien jaar wat ek weg is my nog nooit kon vervang nie. Volgens hom was die kwaliteit van my werk en my lojaliteit te hoog. Hierdie “career woman” word toe oornag ‘n huisvrou en ma. Was nog nooit spyt nie… het myself in my huis en kinders uitgeleef.
LikeLiked by 1 person
Dit verbly my om dit te hoor, Kameel. Dis ‘n eensame wêreld om ‘n tuisbly ma te wees. Niemand prys jou ooit nie en mens word soms as vanselfsprekend geneem. Wat ek egter daaruit geleer het, is dat jy nie ‘n martelaar moet wees nie en op jou eie bene moet staan om belangrike besluite te neem. As ek terugkyk,kan ek in eie reg sê ek was ‘n goeie ma, wat baie foute gemaak het, maar nog meer dinge reg gedoen het. Soms het ek klippe gekou en wou weghol, maar daardie ervaring en lewenslesse is onvervangbaar!
LikeLiked by 1 person
Laat my sommer nou dink aan ‘n artikel wat daardie jare in die Huisgenoot was wat maar afbrekend teenoor huisvrouens was. Ek wip my toe sommer en skryf ‘n brief waarin ek myself as career woman voorstel en toe as huisvrou. Dit was toe ‘n wenbrief en ek kry ‘n paar randjies daarvoor. 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Mooiskoot vir jou!!
LikeLiked by 1 person
Jy sal nie glo hoe baie moes ek vir werkende mas se kinders instaan nie…taxi gewees. Soms het hulle sommer ingeklim, want ma het niks gereël nie.Ongelukkig het ek ‘n kombi gehad en word toe sommer die dorp se lokale busbestuurder, sonder fondse!
LikeLiked by 1 person
Ag liewe land nou moes ek maar glimlag. Sien die goeie werk wat jy gedoen het!!! Soos jy sê fondloos. 😊
LikeLiked by 1 person
Zo leuk die oude foto’s! Al woon je zo ver weg en zelfs in een heel ander werelddeel, ze zijn herkenbaar 🙂
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, vir jou mooi kommentaar…altyd gewaardeerd.
LikeLiked by 1 person
Beeldskoon, en jy is steeds mooi ek het jou in lewende lywe gesien, my oë makeer niks
LikeLike
Pragtig, ek sien niks skeef raak nie. Jy kan ontspan en dit geniet!
LikeLiked by 1 person
I admire you for posting the old photos. I am just a few years older than you, and still very self-conscious about photographs – and my teeth are crooked in the same way! Seriously! 😉 It’s fun seeing your family – they look like great kids and I bet you were incredibly busy with all four of them, for quite a few years.
LikeLiked by 1 person
Those days not much was done about crooked teeth and you just had to live with it.🤣
Those were very busy years.I was a stay at home mom and never sorry about it.
Thanks for taking time to visit my blog.I appreciate it very much!
LikeLike
It’s true what you say about teeth here, too, at least where I grew up. Different times all around!
LikeLiked by 1 person
Tog te oulik!
(Ek beter nie veel meer gorrel nie… anders kom haal die anti-PC-polisie vir my!!
😉
LikeLiked by 1 person
Jy beter maar lig trap!🤣☺️
LikeLiked by 1 person
Baie… ja! 🤪😂
LikeLiked by 1 person
So lig soos Mohamed Ali?? 🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Float like a butterfly,sting like a bee…pasop!!
LikeLike
Such lovely pictures Dina. 🙂 Times long gone but forever in our memories…
1973? 20? We are indeed twins. Tot ziens “Sis”.
LikeLiked by 1 person
We are definitely bound by the time slot that we have lived in..baby boomers…after war generation.Totsiens “Broer”.
LikeLiked by 1 person
Hehe. Another word I learnt. Broer. 😉
LikeLiked by 1 person
Keep on learning.🤣
LikeLiked by 1 person
Ik will. Dankie. 😉
LikeLiked by 1 person