Lank gelede…

Una het gevra ons moet foto’s van onsself uit die tagtigs plaas, maar ek het so min, dat ek maar ‘n paar gaan uitkrap het uit my argiewe. Die fotokwaliteit is ook baie swak, maar hier kom dit…

Hierdie een was in Augustus 1973 toe ek pas 20 geword het…IMG_0644

‘n Paar maande later in Januarie 1974 nadat ek my hare afgesny het…IMG_0642

Gradeplegtigheid April 1975…img_0645.jpg

Saam met my vier spruite met vakansie op Umzumbi, Desember 1994…img_0641.jpg

Iewers in die negentigerjare, toe ek afgelos het by ‘n laerskool…tipiese onderwyseres. Kyk die haarstyl en my skewe tande, waaroor ek vandag nog selfbewus is!!

IMG_0640

77 Replies to “Lank gelede…”

  1. Wat een mooie foto’s Dina! Je staat er heel knap op. Toevallig moest ik vandaag ook een foto naar mijn school sturen om te tonen op de Powerpoint voor de start van het nieuwe schooljaar. Daar zitten dan wel 450 mensen naar te kijken. En help, ik vind geen enkele foto mooi van mijzelf die goed genoeg is. Net als ik, zie ook jij enkel de foutjes aan je gezicht. Vervelend is dat toch.

    Liked by 1 person

  2. Mooi fotos – mooi meisie en mooi vrou en die kinders het ook die gene oorgeërf. Ek sien niks verkeerd met jou tande nie! Ek is regtig besig om ‘n gly te vang in die onnatuurlike spierwit, eweredige tande wat almal deesdae op tv vertoon.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die mosie van wantroue in rye spierwit tande,Hester.Dit gee my al lankal ‘n pyn.Mense se beheptheid met skoonheid raak deesdae erg en die rykes en bekendes bestee duisende per maand aan hul voorkoms en dan preek hulle uit die hoogte hoe ons plebs ons steenkoolvoetspoor moet verminder.

      Liked by 1 person

  3. Pragtige fotos en mooi herinneringe. Dis amper al n leeftyd gelede! Gelukkig bly mens se siel steeds jonk al verouder die buitekant. Jou juffrou foto is n regte juffrou foto. Ek het vir n hele paar jaar elke jaar n skoolfoto laat neem. Nou pluk ek die lekker vrugte daaevan deur terug te blaai en te sien hoe die tyd verander het. Spesiale druk vir jou!

    Liked by 1 person

    1. Die juffroufoto’s is omtrent die beste, want dit is altyd professionele fotograwe wat dit neem.
      My kleinkinders se skoolfotos is baie mooi.
      Dis nes jy sê, my gees bly jonk en terwyl mens so voel, geniet mens steeds die lewe met al sy oppe en affe.

      Like

      1. Die skoolfotos is beslis die moeite werd gewees. Selfs die klas en sport-fotos is baie duidelik. Ek het selfs die kinders se name by die fotos geskryf. Scrap booking is baie terapeuties. Soos mens beplan verdwyn jou gadagtes wat pla. Gelukkig is daar meer oppe as affe.

        Liked by 1 person

      1. My vriendin het ook as onderwyseres geswot. Sy is so ‘n sagte lady like mensie dat die matriekseuns bo-oor haar geloop het. Ook net ‘n jaar skoolgegee en toe bibliotekaresse geword. Daar tussen die boeke was sy sooooo gelukkig. As mens maak ons planne maar dit werk nie altyd so nie.

        Liked by 1 person

        1. Soms is ek hartseer dat ek nie meer met my lewe gemaak het nie, maar dan besef ek weer dat ek as tuisbly ma, sonder betaling, soveel vir my kinders beteken het. Ek kry dit vandag dubbel en dwars terug van hulle almal.

          Liked by 1 person

        2. Ma wees is ‘n groot roeping Perdebytjie. As jy vir my gesê het ek gaan eendag ‘n tuisbly ma met ‘n huisvol kinders wees, sou ek gelag het. Ek blaas nie my eie trompet nie maar my baas – ‘n kernkrag physicist – het eenkeer by my kom teedrink. Sy woorde aan my was dat hulle in die vyftien jaar wat ek weg is my nog nooit kon vervang nie. Volgens hom was die kwaliteit van my werk en my lojaliteit te hoog. Hierdie “career woman” word toe oornag ‘n huisvrou en ma. Was nog nooit spyt nie… het myself in my huis en kinders uitgeleef.

          Liked by 1 person

        3. Dit verbly my om dit te hoor, Kameel. Dis ‘n eensame wêreld om ‘n tuisbly ma te wees. Niemand prys jou ooit nie en mens word soms as vanselfsprekend geneem. Wat ek egter daaruit geleer het, is dat jy nie ‘n martelaar moet wees nie en op jou eie bene moet staan om belangrike besluite te neem. As ek terugkyk,kan ek in eie reg sê ek was ‘n goeie ma, wat baie foute gemaak het, maar nog meer dinge reg gedoen het. Soms het ek klippe gekou en wou weghol, maar daardie ervaring en lewenslesse is onvervangbaar!

          Liked by 1 person

        4. Laat my sommer nou dink aan ‘n artikel wat daardie jare in die Huisgenoot was wat maar afbrekend teenoor huisvrouens was. Ek wip my toe sommer en skryf ‘n brief waarin ek myself as career woman voorstel en toe as huisvrou. Dit was toe ‘n wenbrief en ek kry ‘n paar randjies daarvoor. 😂😂😂

          Liked by 1 person

        5. Jy sal nie glo hoe baie moes ek vir werkende mas se kinders instaan nie…taxi gewees. Soms het hulle sommer ingeklim, want ma het niks gereël nie.Ongelukkig het ek ‘n kombi gehad en word toe sommer die dorp se lokale busbestuurder, sonder fondse!

          Liked by 1 person

  4. I admire you for posting the old photos. I am just a few years older than you, and still very self-conscious about photographs – and my teeth are crooked in the same way! Seriously! 😉 It’s fun seeing your family – they look like great kids and I bet you were incredibly busy with all four of them, for quite a few years.

    Liked by 1 person

    1. Those days not much was done about crooked teeth and you just had to live with it.🤣
      Those were very busy years.I was a stay at home mom and never sorry about it.
      Thanks for taking time to visit my blog.I appreciate it very much!

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +