Rhebusfontein se sirkus ontaard in ‘n regte sirkus!

Hierdie is ‘n pretblog deur ‘n paar bloggers en die skakel is hier https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1

Na ‘n suksesvolle openingsaand, wat erg formeel was vir ‘n sirkus, word die tent in gereedheid gebring vir ‘n spesiale vertoning vir alle Rhebusfonteiners en hul aanhangsels.

Dis ‘n gewerskaf om alles reg te kry. Op die oog af lyk dit na ‘n rustige prentjie, veral waar die olifante op die dorpsmeent langs die reuse tent, rustig smul aan maroelas van die takke van Vuurvliegie se maroelaboom, wat oor die heining hang. Hierdie vretery gaan nou al vir ‘n paar dae lank aan en niemand het enige erg daaraan nie. Inteendeel, sirkusbaas P.T. Barnum, is maar te bly, want dis ‘n besparing op kos vir hierdie reuse diere.

Die son sak en vol afwagting streep die inwoners en hul aanhangsels, na die imposante sirkustent. Una, met haar kat, Kieter, oor haar skouer gedrapeer soos ‘n nertsstola, klou aan Danie, die bulhond en Cheeky, die keffende Chihuahua, se leibande. Hulle het haar omtrent heelnag wakker gehou van opgewondenheid oor die sirkusvertoning.

Scrapy se Trompiehond is ook aan ‘n leiband, maar hy neem haar op sleeptou en tot haar verleentheid pirts-pirts hy sulke strale teen elke tentpaal en stoelpoot in sig. Bloedrooi van skaamte, met Porky-uil klouend aan haar skouer, vind sy darem ‘n sitplek waar Trompie bietjie uit die oog is.

Camilla, geklee in ‘n styfpassende katpak, wat die nodige kurwes beklemtoon, hang liefies aan Lorenzo se arm. Die man lyk erg verleë as sy kort-kort giggel en aan sy oorlob knibbel. Die twee duifies neem stelling in op die sagte stoele teen die arena. Camilla skuif styf teen Lorenzo se gespierde arm aan en leun haar kop koketterig op sy skouer.

Toortsie, Elané, Sonell, Hester, Trommeltjies en Perdebytjie het geen aanhangsels en sit rustig en knaag aan springmielies uit reuse kartonhouers. Nou en dan is daar slurpgeluide soos wat een van die ses behaaglik suig aan pienk koeldrank uit plastiekkoppies.

‘n Brullende Harley Davidson stop in ‘n stofwolk reg langs die tent en ‘n hupse Tannie Frannie wip rats tot op die grond. In haar hand het sy ‘n mandjie met broodrolletjies, wat heerlik warm gebroei word deur Lelik, haar baie lelike kat.

Positief vat hier en daar grond soos Billy Bok haar met sy horings op haar agterent klits.Gelukkig kry sy hom tot bedaring met een van die warm gebroeide broodjies uit Frannie se mandjie en kan hulle sitplekke inneem op die harde houtbankies agterlangs.

Virgo se kat, Floki, blaas en sis as sy vir Bondels met Pasella, die papegaai raaksien. Sy besluit om liewer naby die ingang te staan met Floki in haar arms. Vuurvliegie doen haar bes om Ringo, die pratende Schnauzer, se gebabbel te laat bedaar. Sy dreig dat sy een van Harpy, die Reuse-ooruil, se vere in sy keelgat gaan afdruk.

Woordnoot sit eenkant, vêr van almal af en kou heerlik aan ‘n baie lewendige stuk bloukaas. Sy is hierdeur verseker van ‘n hele blok sitplekke net vir haarself. Laastens kom Christa en haar drie brakkies, BB, Sobek en Shilo ewe ordentlik aangetrippel.

Skielik is daar ‘n geroffel van tromme, die lug is vol van die geur van springmielies en strooi, die spanning laai op…

Die tentflap lig, die orkes begin speel en onder luide applous beur die groot grys lywe van vier olifante deur die nou tentopening. Die hanteerder klap sy sweep en die stomme reuse stap gehoorsaam na hul klein stoeltjies, waarop hulle gaan sit.Die musiek word al hoe harder en werk op na ‘n hoogtepunt. Weer klap die sweep en die vier olifante gaan staan gelyk op hul voorpote met hul reuse agterstewes in die lug.

Skielik is daar ‘n viervoudige trompetgeskal…’n stortbui van halfgegisde maroelas trek die hele tent vol. Orals is daar gille en chaos. Kartonne vol springmielies, halfgedrinkte plastiekglase met koeldrank en louwarm gebroeide broodrolle trek deur die lug , soos wat almal spaander om gelyk by die tentopeninge uit te kom.

Leibande verstrengel inmekaar soos die klomp viervoetiges hakskene klap buitetoe. Die paar katte skreeu soos maer varke en hol met oopgesperde naels die berge in. Die geveerdes hap na die gegisde maroelas en sluk dit soos knoppe weg…heel tevrede oor hierdie skielike manna uit die hemel. Billy Bok hardloop in ‘n tentpaal vas en hol met ‘n gedeelte van ‘n stuk seil gespan oor sy horings, ook die berge in.

Skielik is alles stikdonker. P.T. Barnum trek ‘n vuurhoutjie en ‘n helse ontploffing laat die tent in ligte laaie.Gegisdemaroelagaswalms uit vier olifante is ‘n goeie bron van energie en het net ‘n klein vonkie nodig.

Gelukkig het geen dier of mens seergekry nie, maar die tent is tot as verbrand….

(Vuurvliegie sal die diere en geveerdes gaan troos in die grot waar hulle verskrik wegkruip).

 

66 Replies to “Rhebusfontein se sirkus ontaard in ‘n regte sirkus!”

  1. Geewizz, daar brand die tent toe af! Waar gaan ons nou verder kyk. My popcorn het sommer in die honde se mae verdwyn in die verbygaan. Jy kan darem maar n lekker storie spin hoor. Jy inspireer my nou sommer ook om weer n slaggie my on-egte brein te gebruik, ha ha. Wat het van jou woefe geword? Kom hul nie saam met jou as jy in Rebus kuier nie?

    Liked by 1 person

    1. My woewe is nog by die huis, waar hulle saans knus in manlief se arms aan die slaap raak…ook maar beter so, want hulle is nogal kwaai en sal net moleste maak op Rhebusfontein.

      Like

  2. Whahahaha!!!! Daai blou kaas…hoe het jy geweet???? Ek vrek oor bloukaas. O nee, hemel Perdebytjie!!! Gelukkig het ons almal al kans gehad om ons rokke af te wys, want wat sou ons nou met daai fênsie dresses gemaak het, noudat die tent afgebrand het? Well done!

    Liked by 1 person

        1. Ek is self lief vir bloukaas. Saam met salticracks.Karen herinner my die ander dag – my man het altyd ons kosblikke vooreberei toe ek, Karen en Oudste nog almal by Absa gewerk het. Ons het in daardie toringgeboue in die middestad gewerk en al die vloere is open plan, met honderde mense soos sardyne ingepak. So nou en dan het hy ‘n paar blapse gemaak, soos die dag wat hy die blok bloukaas beetgekry en op ons toebroodjies gesit het. Die geur van die bloukaas! Dieselfde het gebeur met gekookte eiers en op ‘n ander keer Redro Anchovy op die brood. Maar ons het darem nie honger gely nie 😁

          Liked by 1 person

        2. Ai toggie…daai reukie…ek koop by ‘n kaasfabriek hier naby my nou deesdae “mature” cheddar wat met swart peper of allerhande heerlike goed gemaak word…..die Oom jaag my omtrent uit die huis uit as ek daai bakkie oopmaak, en dis nie eers blou nie!

          Liked by 2 people

        3. Het nou net my houer oopgemaak en n hap gevat saam met n groot sluk wyn..njammies ..het nie eers salticrax nodig nie😂🤣

          Liked by 1 person

    1. Ons sou nie vinnig genoeg kon hardloop met al daardie balrokke aan nie. Die bloukaas het jy iewers genoem in een van jou skrywes.Mens moet oppas wat jy skryf, hier is mense met lang geheues!🤣🤣🤣🤣

      Like

      1. Flippit…dis BAIE lank terug…jou geheue is verbasend goed!! LOL…gelukkig was die optrede verby, ek sou gehuil het as ek daai mooi rok geskeur het!

        Liked by 1 person

  3. O genade wat n kattestrofe, dat ń maroela nou so potent kan wees😂😂😂😂😂. Bytjie jy moet darem onthou my Karolus is ook daar, maar hy is so ń rustige seuntjie. Hy het hom nou weer in ń nuwe trauma in geskrik. Ons sal nou ń dog/cat and bird whisperer moet bring Rebusfontein toe. Bietjie skindernuus, het julle gehoor Una het al haar beenhare in die ontploffing verloor. Ai, nou is haar roemryke dae getel. Hoop nie haar bene het gebrand nie. Die reuk was glo aller vreesliks toe die waterval hare verskroei, siestog🤔😥😥

    Liked by 2 people

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +