Boomstories op ‘n Maandagmôre

Daar gebeur dit toe weer. Hierdie keer word die dooie boom op die oorkantste sypaadjie uiteindelik verwyder..IMG_0606

Dieselfde span wat ons boom so vrot afgesaag het, doen dit. Intussen het ons self ons boom beter gesnoei en wag dat die somer kom om te sien of dit weer gaan uitloop…IMG_0646

Nare ontdekking…hulle het wraggies weer met daardie swaar vragmotor oor my sypaadjie gery en die sproeiers diep weggetrap, plus ‘n spoor gelos wat ons weer moet regmaak. ‘n Paar plante se blare het ook in die slag gebly. Die kol van die vorige spoor (regs onder op die foto) is nog nie eers behoorlik toegegroei nie!!IMG_0647

Ai tog en daar was ‘n hele breë straat om in te manuvreer…eishhhh!

 

38 Replies to “Boomstories op ‘n Maandagmôre”

  1. Hierdie mense is nie tuiniers nie: hulle moet ‘n dooie boom verwyder – dis al. Hulle gee nie om vir tuine nie want hulle het seker self nie tuine nie. Dit gebeur oor en oor en oor.

    Liked by 1 person

    1. Hulle het die boom omgetrek met die lorrie, toe was daar kastig nie genoeg plek nie en moes hulle oor die sypaadjie ry.Ongelukkig is sypaadjies munisipale eiendom en kan hulle ‘n ashoop ook daar begin,as hulle wil!

      Like

  2. Dit maak my ook rasend. Toe Vodacom fibre in ons estate ingesit het, het hulle die bakstene waarmee die pad gemaak is losgemaak en op mense se gras gepak. Ek het gebel en gekla en myne is op my inry gepak, waar genoeg plek was. Dit kos ‘n fortuin om gras aan die gang te hou, daarom het ek gekla tot dit opgelos is.

    Liked by 1 person

    1. Ek besef dit, maar kon nie glo dat hulle binne drie maande wéér ‘n gat in ons sypaadjie trap nie.Ek het bietjie oorreageer en tuinier het sommer met tuinvurk die gras weer gelig. Die hele straat lê nou vol fyn takke en blare en hulle het dit net so gelos.

      Like

  3. Dit tref my altyd – hoe netjies die sypaadjies gehou word daar in Gauteng. Hier by ons steur die mense hulle niks aan hulle sypaadjies nie en dis byna sonder uitsondering onnet, oorgroei en ‘n vullishoop vir almal wat verbyloop en rommel strooi. Diegene wat wel tuinmaak op hulle sypaadjies, plant sommer groente daar. Sodoende word die volk gevoed en die volk betaal hierdie weldade terug deur rommel te strooi tussen die groente.

    Liked by 1 person

  4. Toe ek sien boomsny, moes ek eers ‘n angspilletjie loop drink voor ek kom verder lees het. Die gedagte aan daardie skreeuende kettingsaag is genoeg om my weer te laat begin drink.

    Liked by 1 person

    1. Ek voel ook so oor bome, maar gelukkig was hierdie boom morsdood en sou binnekort omval….so darem ‘n goeie ding.Al ons straatbome lyk of hulle vrek… hoop nie dis daai boorgogga van Brazilië wat hier ingevaar het nie.Dink darem nie so nie.Die bome is oud en hierdie soort het nie ‘n lang leeftyd nie.

      Like

  5. DIs hartseer as ‘n boom groet…maar dis ook maar beter so….hy sou dalk met die omval eendag baie groot skade gemaak het. Hier by onsin die straat het ‘n boom nou die dag net omgeval….huis se dak flenters, kar oppie scrapyard en arme ou Wagter is uitgesit want die boom het sy rug gebreek…jammer oor jou sypaadjie!!

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +