Hoofstuk 4:Die geheim verdiep.

Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur ‘n groep bloggers. Gaan gerus verby, want dis onverstaanbaar.

This is a serial by a few bloggers. Please pass, because it will be difficult to catch the drift of the story.

D3956290-F4A9-47AC-B951-2B000B916B3D

Die volgende berig verskyn vanoggend in die Adder, plaaslike koerant van Pofadder:

Op ons afgeleë buurdorp, Rebusfontein, is vreemde dinge aan die gebeur. ‘n Geheime groep vroue is besig om ‘n ou verlate herehuis se reuse verwaarloosde biblioteek, op te knap.

Volgens inligting van ons nuutaangestelde, baie bekwame, spioenjoernalis, me Broodina Barber, is daar alreeds baie vordering gemaak met die oplossing van die geheime rondom die herehuis.

Haar uiters klandestine speurwerk het gelei tot noodsaaklike inligting, wat die toekoms van Pofadder en omstreke tot groot nut en voordeel kan wees. Dit kan lei tot ‘n toename in toerisme en opbloei van ons treurige ekonomie.

Volgens me Barber is daar reeds twee briewe, ‘n leë dagboek en verskeie foto’s gevind en het sy skelm ‘n selfoonfoto geneem van ‘n diagram van moontlikhede, wat die dames op ‘n groot plakaat teen een muur vasgespeld het. Hierdie inligting is hoogs vertroulik en net aan ons redaksie bekend.

Ons spioen ter plaatse, was gisteraand op ‘n geheime sending na die herehuis en het ‘n gruwelontdekking gemaak. Kort nadat sy, in stikdonkerte, met slegs ‘n penflitsie, die biblioteekruimte betree het, het sy deur ‘n vloerplank getrap en na benede gestort in ‘n tot dusver geheime kelder.

Vanoggend met oopmaaktyd, het die sleggeduikte blou Uno van me Barber, met skreeuende bande al knallend en in ‘n rookwolk voor ons kantoor tot stilstand gekom.

’n Uiters gehawende, stofbesmeerde me Barber, het al hiperventilerend die kantoorgebou binnegestompel. Na ‘n kalmerende knertsie Frangelico kon sy uiteindelik praat en lig werp op ‘n angswekkende gebeurtenis.

Met haar dawerende val na benede het sy vasgeval tussen iets wat gevoel het soos ‘n slagyster, wat haar styf vasknel. Toe sy uiteindelik haar penflitsie bewend aanknip, sien sy dat sy netjies in die ribbekas van ‘n spierwit geraamte lê.

In ‘n halfbedwelmde toestand kon sy loswriemel en bewend die geraamte ondersoek. Vasgestrengel tussen gebreekte nekwerwels was ‘n kettinkie met ‘n oopknip hartjie aan. In die hartjie was twee foto’s van mense reeds bekend aan ons uiters bekwame, waaghalsige spioenjoernalis…Charlotte en Joseph.

Verdere ondersoek sal gedoen word na die omstandighede van wat nou bekend staan as die Huis van Gruwels op Rebusfontein.

Ons hier by die koerant hoor al hoe die kasregisters klingel, van al die toeriste wat hier gaan draai. Die enkele bed- en ontbytplekke is reeds vol bespreek en ons doen ‘n dringende beroep op inwoners om hul huise beskikbaar te stel vir nog gaste.

Klem de Kaak. ( Redakteur)

https://scrapydo2.wordpress.com/moet die geheim verder ontrafel.

Onthou om jou skakel te plaas by https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

48 Replies to “Hoofstuk 4:Die geheim verdiep.”

  1. Aijajaai, eks bly dit was Broodina wat die ontdekking gemaak het. Hierdie Klem de Kaak beter oppas. As hy weet wat goed is vir hom beter hy wegbly van die herehuis. Hy en Broodina sukkel weer met dinge waarvan hul geen kennes het nie. Ek gaan my snuffelhond Mr T en my uilkyker bietjie kans gee om die saak te ondersoek.

    Liked by 4 people

  2. O grenade, Broodina. Lekker dat sy Charlotte se geraamte so vir ons kry. Hene. Charlotte en Joseph. O genade. Is dit Klara wat al die moeilikhede op Eden begin het……of nee, o jinne, my kop warrel. Perdebytjie, daar het jy nou weer dinge (o)opgeblaas. Adder, goeie koerantnaam, en, Klem de Kaak, maak staat op ander se verbale diarree om sy spoegkoerant vol te kry. Pffft, hy ken nie die Towerinne nie. Nogal om Pofadder se ekonomie ‘n hupstoot te gee. Hy sal ander hupstoot van toweragtige formaat kry as hy op ons rebusdroom se rug wil ry. Bravo my maat van yster en plaat! My Maandag begin met ‘n giggel. Sterkte met die speurwerk Scrapy.

    Liked by 3 people

      1. Ek is net blikkies bly dis Broodina wat daar afgevoeter het en die geraamte ontdek het, en nie een van ons nie. Vir eenkeer is ek bly oor haar gesnuffel. Hoe ons na die koerantberig die mense gaan weghou is nou ‘n ander saak. Ek is elke keer spyt ek kannie die storie aanlees nie… die plot word net dikker.

        Liked by 1 person

  3. Hello, hier is ek ook nou weer by! Sit heel oggend en lees ons storie. Moet sê, ek sukkel ietwat om nog mooi uit te pluis wie presies Leonard dan nou is? Julle het tot dusver ñ briljante storie geskryf. Geraamtes, moord, leuens.

    Liked by 1 person

    1. Maak vir jou ‘n diagram van Vuurvliegie se pos af.Sy gee ‘n goeie opsomming van al die karakters en moontlikhede onderaan haar skrywe.Al wat jy bylas is dat Charlotte moontlik in ‘n skelm verhouding was met die getroude Joseph

      Liked by 1 person

  4. Ja nee kyk…ek gaan nou op my skuifdeur se venster(dis die grootste stuk glas in my huis) n diagram optrek soos die CSI en FBI en CIA nou maak om seker te maak ek mis geen een nie! Bravo Bytjie….ons storielyn loop nou al weer in n ander rigting!!

    Liked by 1 person

      1. Gaan net my wit jassie aantrek en my nerd bril opsit…ek dink die Oom sal my laat sertifiseer as ek voor die deur staan en ek trek kringetjies em kruisies😅😅

        Liked by 2 people

        1. Ek sien die prentjie 😂😂😂 dis skreeusnaaks!!! Wanneer hulle jou opneem en jy vertel jy probeer ‘n moord op Rebusfontein oplos saam met ‘n klomp vroue en jy begin die name noem gaan hulle skokbehandeling op jou toepas Ria!!!

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +