Dissipline, dissipline, dissipline!

Dis vroegoggend en die Adoonsfamilie wei rustig in die rivierbedding. Kotie Kees kam versigtig deur Bessie Bobbejaan se dik pels, terwyl Kareltjie styf teen haar sit.Dis nog koud, maar die goue lig van die eerste sonstrale gooi die mooiste kleur oor die landskap.. Mamma Meitjie sit rustig terwyl Kiepertjie sy oggendmelkies gulsig opslurp... Skielik is …

Berghaan..

stompstertarend, kortstertarend, Bateleur... die mooiste arend met sy bloedrooi kleur Kuiken met jou skewe kop Hou duifies en soogdiertjies dop Net sewe jaar dan is my kleur ook daar en vlieg ek pronkend en al wiegend van boom tot boom oor die savanne grasvelde van sub-Sahara Afrika 'n wildernis om van te droom geluidloos maar …

Kameelperd met jou…

lange tong vou om doringtakkies om en om stroop die blaartjies van 'n tak so heel op jou gemak geen doringsteek of tand gebreek ai kameelperdjie jou vernuf laat mens skoon oorbluf. 'n Kykie onder jou ken, laat jou nog heelwat harte wen.

Instink is…

nie altyd lekker nie. Ek het dit vroegoggend op my nugtermaag beleef... By my agterdeur, onder die dak, woon en broei ‘n mossiepaartjie al jare lank. Verskeie kleingoed is al grootgemaak uit dieselfde nes. Verlede Vrydag het hul enigste babatjie uit die nes geval en soos ek maar altyd maak, het ek op ‘n leer …

Patrysie…

Patrysie Jy ken geen wysie Jou gesketter met dagbreek Is genoeg om 'n stok in laatslapers se wiele te steek Dis skril en klink soms soos 'n gil Maar dis belis 'n alarm Vir kuikentjies sag en warm Om skuiling te soek Om die naaste hoek. Bospatrys (Crested Francolin)