Instink is…

nie altyd lekker nie. Ek het dit vroegoggend op my nugtermaag beleef…

By my agterdeur, onder die dak, woon en broei ‘n mossiepaartjie al jare lank. Verskeie kleingoed is al grootgemaak uit dieselfde nes. Verlede Vrydag het hul enigste babatjie uit die nes geval en soos ek maar altyd maak, het ek op ‘n leer geklim en hom teruggesit, want hy was nog baie klein en amper veerloos.

Dis ‘n mite dat voëls hul kleintjies uitskop of verlaat as mense dit hanteer het. Nietemin, die paartjie is heelweek aktief besig om die outjie te voer en die sagte murmelgeluidjies wat hul elke keer maak as hulle met ‘n kossie nes toe kom, bereik heeldag my ore, waar ek sit en werk op my rekenaar…so vredig en gerusstellend.

Vanoggend toe ek die agterdeur oopmaak vir die brakkies se oggenddraai, was ek te laat om te keer. Binne ‘n oogwink het Tienkie die voëltjie, wat intussen seker weer uit die nes geval het, geskraap en hom doodgebyt! Ek was so kwaad vir haar, maar ek weet dis instink en sy kan dit nie help nie.

Daar staan ek toe met die warm geveerde lyfie in my hand en die trane rol. Later het ek hom gaan begrawe by die Janfrederikkuiken, wat verlede week ook deur juffrou Tienkie doodgebyt is! Ek is steeds verstom dat enige voëls in hierdie werf broei en groot kan word, met so ‘n jagter soos sy.

Die hartseerste is dat die mossiepaartjie nou al ure lank roep en tjirp in die boom by die agterdeur…

 

32 Replies to “Instink is…”

    1. Ek wou haar verwurg, maar sy verstaan nie. Gewoonlik gaan ek eerste uit om te kyk of daar voëltjies is wat leer vlieg, maar ek was vanoggend vreeslik moeg en deur die blare. Maar toe is ek helder wakker, hoor!

      Like

  1. Jip. Die Natuur ken geen genade. In ‘n stabiele populasie sal ‘n voëltjie in haar leeftyd gemiddeld slegs ongeveer twéé kuikens tot reproduksie stadium groot kry. Hier langs ons (gereëlde) staproete hou ons 4 broeipare Tobies dop. En oor die afgelope 5 jaar het slags een kuiken dit gemaak – nie al die eirs broei uit nie en die meeste kuikens verdwyn na ‘n dag of twee …

    Liked by 1 person

  2. Je bent een heel warme en gevoelige vrouw, dat siert je.
    Maar buiten geldt de wet van de jungle – ‘the strongest survive’, ook bij ons in Europa geldt dit. Gisteren nog heeft onze kat een neushoorn doodgebeten en verorberd.

    Liked by 1 person

  3. Ag Bytjie….dis so hartseer. By ons het ‘n vink kuikentjie laasweek in die swembad geval en verdink. Toe skel ek daai vink pa wat sy nes oor ‘n freakin swembad bou….

    Liked by 1 person

  4. Ag nee, man. Ek weet hoe dit voel, want my kat het altyd die vlermuise so aangeval in die bome (die ouers, wanneer hulle gaan kos soek) en dan moes Karen die weesbabas grootmaak. Dis hartseer.

    Like

  5. Ag dis hartseer veral omdat jy reeds die outjie al gered het. As trompie so n voëltjie vang laat ek hom dit eers behoorlik doodbyt sodat die voëltjie nie lei nie. Dis aaklig maar ek sien nie kans om so n papgedrukte amper lewendige voëltjie te red nie. Dit gebeur so vinnig.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +