Twee weke lank is daar al ‘n klankie in ons bosvoertuig. Ons was wildtuin toe en daarna weer op ‘n reis op agterpaaie. Aanvanklik was die klankie net effens muwwerig en ons het gedink dat die matte nat geword het by die karwassery.
Manlief het die matte in die son laat lê, goed gespuit, Stasoft onder die sitplekke gesit, selfs die filter van die lugverkoeler uitgehaal om te was, die voertuig in die son laat staan met die ruite oop…die klankie bly!
Vanoggend uit pure radeloosheid het hy al die sitplekke begin uithaal en die oorteksels afgetrek…
Al die deure oop…
Obed snuffel onder die sitplekke…
Manlief krap in die kattebak se deur en doen ‘n nare ontdekking…
‘n Pakkie grasgroen Ladies Rump Steak, wat bestem was om drie weke gelede op ‘n wildtuin vuurtjie gebraai te word!!!
Gelukkig was dit vakuumverpak, maar selfs dit is nie ‘n waarborg teen muishond se streke nie.
Prachtig en leuk verhaal.
Dat doet me terugdenken dat ik als kind eens een bol kaas onder de zetel van iemands wagen had weggestopt.
Stel U voor hoe dat in die zijne auto beginnen te stinken is.
Het heeft dagen geduurt vooraleer hij wist vanwaar de stank kwam.
‘s nachts als het afkoelde en met de deuren open trok de stank gedeeltelijk weg.
Maar overdag als de zon terug op zijn wagen scheen…….
LikeLiked by 1 person
Dit is heel grappig, maar nie vir die eienaar! Dankie dat jy kom inloer het Theo. Ek het jou lanklaas hier gesien.Erg gewaardeerd!
LikeLiked by 1 person
Hehe. Toe ons jongste spruit nog op skool was, was daar toe mos ook so ‘n “klankie” by die sitkamer se rusbank. En daar, onder die kussings ‘n week se toebroodjies, nog steeds verpak, groen van die muf …
Dit sê seker nie veel oor ons vermoë om lekker toebroodjies te maak nie?
LikeLiked by 1 person
Ek dink heelwat mense het al sulke stinkstories oorgekom.😄
LikeLike
Oe eina pyn, ons het ook al so iets oorgekom! Gelukkig is die skuldige ontdek, en nou kan julle weer asemhaal.🤗
LikeLiked by 1 person
Manlief het selfs gegoogle, maar dit het nie gehelp nie, want hulle verwys jou na jou motorhandelaar. Stel jou voor watter gek sou hy van homself gemaak het!
LikeLike
Dis seker nou die koei in die sloot. 😉
LikeLike
Gelukkig kon ons haar uit die sloot help. Sy is nou in my vrieskas stewig toegedraai, want in hierdie hitte kan ons nie tot Donderdag wag vir die vuilgoedlorrie nie.My asblik sal dalk begin wegloop!😃
LikeLike
😂🌻
LikeLike
Ai toggie…die ergste is dat julle uitgemis het op n heerlike stuk braaivleis!!!
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
WAT ‘n storie!
LikeLiked by 1 person
En in hierdie hitte, Anne!
LikeLike
Wat ek wil weet is wat het julle in die plek daarvan gebraai??? Wow dis hartseer, my simpatie
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie…skoonseun was in beheer van die klein vrieskas en die braaiery…ek dink hy is die skuldige. Dit seker uitgehaal, tydelik in die deur se rak gesit, want daar is altyd ‘n spul goed in die kattebak en toe seker vergeet daarvan en ander vleis uitgehaal!
LikeLike
Eish, groot skade
LikeLiked by 1 person
Haha wat een verhaal en dan nog Ladies rump stk!
LikeLiked by 1 person
Na dese eet ek nie weer vleis nie!
LikeLike
Haha
LikeLiked by 1 person
My oorgekom met ‘n muis wat agter die ou Philco yskas ingehol het en vemoedelik lewendig en aade konneksies gelyk raakgetrap het.en net daar die lewe verlaat het.. gelukkig kon ek hom met platieksak uithaal en sommer in selfde sak toeknoop met nog drie lae daarna.
LikeLiked by 1 person
Niks ruik erger as ‘n dooie muis en ‘n vrot aartappel nie!
LikeLike
Almal waardeer ‘n lekker verouderde steak, maar ek vermoed hierdie een het dalk ‘n dag of wat te lank gelê. Die binnekant van ‘n mouterkar raak darem erg klein as muishond saamry.
LikeLiked by 1 person
En wás hierdie mouterkar naderhand klein…ek en manlief het mekaar wedersyds beskuldig.😂😂
LikeLike
Wat ‘n heerlike stukkie vleis moes wees raak toe ‘n probleem. Miskien as hy nou uit die vrieskas uitkom…. nee toemaar los maar daardie gedagte.
LikeLiked by 1 person
Oeee, neee!
LikeLiked by 1 person
Dat je het niet heb gemist 🙂
LikeLiked by 1 person
Gelukkig het ons dit gekry! Ons het tans geweldige warm temperature en dit sou heel erg raak!
LikeLike
Jy het ‘n baie flukse, raakvatter-man! My kind in die VSA se oorlede hond Daisy is twee keer in die middel van die nag deur ‘n regte muishond besproei – sy moes die bedremmelde hond onmiddellik met tamatiesous bad, dit help glo vir die reuk…
LikeLiked by 1 person
Oe, gelukkig was dit nie ‘n regte muishond nie! Interessant van die tamatiesous.🤣
LikeLiked by 1 person
Neeeeeeee dit is te duur om dit te vergeet!
LikeLiked by 1 person
Wel dis nou bietjie laat!
LikeLiked by 1 person
Dit het ons al oorgekom Dina! Bly julle het dit gevind!
LikeLiked by 1 person
☺️
LikeLiked by 1 person
Oef! Dis ‘n groot jammerte van die vleis, maar dis sowaar nie ‘n lekker plek om jou aandete te verloor nie!
LikeLiked by 1 person
Ek is net bly ons het dit gekry!
LikeLiked by 1 person
Ek het gelag vir jou opmerking dat jy en jou man mekaar oor en weer beskuldig het. Ek kan daardie gesprekke in my kop hoor 🤣
LikeLiked by 1 person
Deesdae gebeur daardie beskuldigings gereeld🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n kenmerk van ouderdom 😂
LikeLiked by 1 person
🤣
LikeLiked by 1 person
Bietjie ryper as ryp… Hoe draai my maag nou! Gelukkig kon julle dit darem opspoor!
LikeLiked by 1 person
Oorryp sou ek sê!😳
LikeLiked by 1 person
Haha! Brazilians in the Northeast call that Carne de Sol. Sun meat. They salt the meat and hang it to dry in the sun. Generally on the same strings you extend laundry to dry. 🙂
LikeLiked by 1 person
Salted meat can be much better than vacuum packed three week old steak🤣🤣
LikeLiked by 1 person
I can imagine. Now it’s funny your dogs didn’t catch the scent?
LikeLiked by 1 person
We didn’t think of putting them onto it!🤣
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLiked by 1 person
<) ek het ook ;n stinkstorie of 2. Bly dot was nie regte muishond nie!
LikeLike
Wha ha HAAA!!!! Daai stek is nou goed “mature”!!!
Ek dink daai steak is so goed “overdone” dat sy nie eers op ‘n kool of drie hoef te val nie!! 😵🤣🤔😂
LikeLiked by 1 person
Lag maar lekker!As jy dit gesien en geruik het, eet jy nooit weer vleis nie!!🤣🤣🤣
LikeLike