Muishond op ‘n Maandagmôre

Twee weke lank is daar al ‘n klankie in ons bosvoertuig. Ons was wildtuin toe en daarna weer op ‘n reis op agterpaaie. Aanvanklik was die klankie net effens muwwerig en ons het gedink dat die matte nat geword het by die karwassery.

Manlief het die matte in die son laat lê, goed gespuit, Stasoft onder die sitplekke gesit, selfs die filter van die lugverkoeler uitgehaal om te was, die voertuig in die son laat staan met die ruite oop…die klankie bly!

Vanoggend uit pure radeloosheid het hy al die sitplekke begin uithaal en die oorteksels afgetrek…img_0042

Al die deure oop…img_0043

Obed snuffel onder die sitplekke…img_0041

Manlief krap in die kattebak se deur en doen ‘n nare ontdekking…img_0039

‘n Pakkie grasgroen Ladies Rump Steak, wat bestem was om drie weke gelede op ‘n wildtuin vuurtjie gebraai te word!!!

Gelukkig was dit vakuumverpak, maar selfs dit is nie ‘n waarborg teen muishond se streke nie.

49 Replies to “Muishond op ‘n Maandagmôre”

  1. Prachtig en leuk verhaal.
    Dat doet me terugdenken dat ik als kind eens een bol kaas onder de zetel van iemands wagen had weggestopt.
    Stel U voor hoe dat in die zijne auto beginnen te stinken is.
    Het heeft dagen geduurt vooraleer hij wist vanwaar de stank kwam.
    ‘s nachts als het afkoelde en met de deuren open trok de stank gedeeltelijk weg.
    Maar overdag als de zon terug op zijn wagen scheen…….

    Liked by 1 person

  2. Hehe. Toe ons jongste spruit nog op skool was, was daar toe mos ook so ‘n “klankie” by die sitkamer se rusbank. En daar, onder die kussings ‘n week se toebroodjies, nog steeds verpak, groen van die muf …

    Dit sê seker nie veel oor ons vermoë om lekker toebroodjies te maak nie?

    Liked by 1 person

    1. Gelukkig kon ons haar uit die sloot help. Sy is nou in my vrieskas stewig toegedraai, want in hierdie hitte kan ons nie tot Donderdag wag vir die vuilgoedlorrie nie.My asblik sal dalk begin wegloop!😃

      Like

    1. Ek weet nie…skoonseun was in beheer van die klein vrieskas en die braaiery…ek dink hy is die skuldige. Dit seker uitgehaal, tydelik in die deur se rak gesit, want daar is altyd ‘n spul goed in die kattebak en toe seker vergeet daarvan en ander vleis uitgehaal!

      Like

  3. My oorgekom met ‘n muis wat agter die ou Philco yskas ingehol het en vemoedelik lewendig en aade konneksies gelyk raakgetrap het.en net daar die lewe verlaat het.. gelukkig kon ek hom met platieksak uithaal en sommer in selfde sak toeknoop met nog drie lae daarna.

    Liked by 1 person

  4. Almal waardeer ‘n lekker verouderde steak, maar ek vermoed hierdie een het dalk ‘n dag of wat te lank gelê. Die binnekant van ‘n mouterkar raak darem erg klein as muishond saamry.

    Liked by 1 person

  5. Jy het ‘n baie flukse, raakvatter-man! My kind in die VSA se oorlede hond Daisy is twee keer in die middel van die nag deur ‘n regte muishond besproei – sy moes die bedremmelde hond onmiddellik met tamatiesous bad, dit help glo vir die reuk…

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +