Dissipline, dissipline, dissipline!

Dis vroegoggend en die Adoonsfamilie wei rustig in die rivierbedding. Kotie Kees kam versigtig deur Bessie Bobbejaan se dik pels, terwyl Kareltjie styf teen haar sit.Dis nog koud, maar die goue lig van die eerste sonstrale gooi die mooiste kleur oor die landskap.._MG_9050

Mamma Meitjie sit rustig terwyl Kiepertjie sy oggendmelkies gulsig opslurp…_MG_9055

Skielik is daar ‘n oorverdowende lawaai en Mamma Meitjie vat die pad met oopgesperde lippe, terwyl Kiepertjie angsbevange aan haar klou…_MG_9015

Bondeltjie Bobbejaan spring verskrik in sussie Katryn se arms. Albei staar angstig na waar die lawaai vandaan kom…_MG_9012

Katryntjie hou vir Bondeltjie styf vas terwyl hy nuuskierig oor haar skouer loer…_MG_9042

Die lawaai is nou eens so erg en die ontstigte tweetjies klou mekaar stywer vas…_MG_9023

Brolloks, die leierbobbejaan hardloop al boggommend agter ‘n skreeuende Fielies aan…_MG_9028

“Vandag trek ek jou basvelle af!” Brul hy verwoed…_MG_9027

Na ‘n hewige jaagtog deur bome en bosse, vang Brolloks uiteindelik vir Fielies. Die stomme outjie kan net tande wys en laag kruip voor die vreesaanjaende harige monster.._MG_9032

Intussen sit almal die pettalje en gade slaan…_MG_9030

O jinne toggie, wat gaan nou gebeur? Bondeltjie jy moet nou mooi kyk wat jong bobbejaanmannetjies nie mag doen nie, hoor…_MG_9043

Seun, laat ons mekaar nou mooi verstaan…jy dek nie weer een van die wyfies in hierdie trop nie. Jy is ‘n snotneus en nog nat agter die ore…_MG_9036

Hierdie verhaal het werklik gebeur. Twee reuse mannetjies het twee snotneuse gejaag en dit was die vreeslikste gegil wat die twee stouterds aangehef het. Uiteindelik was daar geen geweld nie, net hierdie dissiplinêre praatjie deur die Alfamannetjie.

 

 

59 Replies to “Dissipline, dissipline, dissipline!”

    1. Dit was rof om te aanskou asook die verskriklike geskreeu van die twee jong mannetjies wat oor die tou probeer trap het. Die ander een is deur nog een van die groot mannetjies gejaag, maar ek het gefokus op een plek.Eintlik vrek snaaks gewees!

      Liked by 1 person

  1. Ag hulle is so oulik, maar ek is doodbang vir hulle! En shame, die arme twee stouterds nê? Lekker gegiggel, my middelste seun se bynaam is Fielies 😆

    As ek so na die klompie kyk kan ek nie help om aan Susters van Eva te dink nie ❤
    Dis 'n boek wat altyd by my sal bly. Veral oor die bobbejane.

    Liked by 1 person

  2. Dag Dina, mag ik jou om raad vragen alsjeblieft, ik zoek de vertaling van een lied, Lize Beekman Sal Jy Probeer Onthou, maar kan het niet vinden, omdat ik de suidafrikaanse taal niet machtig ben vind ik het vertalen erg moeilijk, wil jij me helpen alsjeblieft,

    Een prachtige serie apen plaats je hier, de rangorde is heel erg belangrijk heb ik begrepen

    Liked by 1 person

    1. Dag Klaproos, ek het oral gesoek, maar kry nie die lirieke nie.Wel net die lied wat gesing word. Ek dink dit het te doen met kopiereg.As ek die woorde kan kry sal ek dit probeer vertaal, maar ek is ook nie Nederlands magtig nie… ek verstaan dit wel goed.Ek is do jammer dat ek nie kan help nie.
      Baie dankie vir besoek op my blog.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +