Dis vroegoggend en die Adoonsfamilie wei rustig in die rivierbedding. Kotie Kees kam versigtig deur Bessie Bobbejaan se dik pels, terwyl Kareltjie styf teen haar sit.Dis nog koud, maar die goue lig van die eerste sonstrale gooi die mooiste kleur oor die landskap..
Mamma Meitjie sit rustig terwyl Kiepertjie sy oggendmelkies gulsig opslurp…
Skielik is daar ‘n oorverdowende lawaai en Mamma Meitjie vat die pad met oopgesperde lippe, terwyl Kiepertjie angsbevange aan haar klou…
Bondeltjie Bobbejaan spring verskrik in sussie Katryn se arms. Albei staar angstig na waar die lawaai vandaan kom…
Katryntjie hou vir Bondeltjie styf vas terwyl hy nuuskierig oor haar skouer loer…
Die lawaai is nou eens so erg en die ontstigte tweetjies klou mekaar stywer vas…
Brolloks, die leierbobbejaan hardloop al boggommend agter ‘n skreeuende Fielies aan…
“Vandag trek ek jou basvelle af!” Brul hy verwoed…
Na ‘n hewige jaagtog deur bome en bosse, vang Brolloks uiteindelik vir Fielies. Die stomme outjie kan net tande wys en laag kruip voor die vreesaanjaende harige monster..
Intussen sit almal die pettalje en gade slaan…
O jinne toggie, wat gaan nou gebeur? Bondeltjie jy moet nou mooi kyk wat jong bobbejaanmannetjies nie mag doen nie, hoor…
Seun, laat ons mekaar nou mooi verstaan…jy dek nie weer een van die wyfies in hierdie trop nie. Jy is ‘n snotneus en nog nat agter die ore…
Hierdie verhaal het werklik gebeur. Twee reuse mannetjies het twee snotneuse gejaag en dit was die vreeslikste gegil wat die twee stouterds aangehef het. Uiteindelik was daar geen geweld nie, net hierdie dissiplinêre praatjie deur die Alfamannetjie.
Soos altyd prag foto’s en dan ‘n lekker Dina-storie om die natuur se maniere te vertel! Mooi, maat!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Vuurvliegie.
LikeLike
Fantasties Dina! Dis omtrent ‘n drama wat hier afgespeel het!
LikeLiked by 1 person
Dankie Aletta. Ek het gedink die groot bobbejaan gaan die kleintjie aanrand, maar daar was geen geweld, maar baie respek!
LikeLike
Ongelooflik
LikeLiked by 1 person
Ag jimmel…so pragtige storie! EN natuurlik maak die fotos die storie! Pragtig Dina…jy het beslis ‘n gawe talent!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Woordnoot.
LikeLike
Kostelik, Dina. Jou foto’s en byskrifte laat die verhaal so voor my oë ontvou.
LikeLiked by 1 person
Dit was rof om te aanskou asook die verskriklike geskreeu van die twee jong mannetjies wat oor die tou probeer trap het. Die ander een is deur nog een van die groot mannetjies gejaag, maar ek het gefokus op een plek.Eintlik vrek snaaks gewees!
LikeLiked by 1 person
Ook maar moeilik as die bloed warm is en die natuur roep!
LikeLiked by 1 person
Hehe! Daardie drang het al vir baie moeilikheid gesorg!
LikeLiked by 1 person
Dit is so oulik bymekaar gesit en vertel, Perdebytjie!
LikeLiked by 1 person
Dankie Una.
LikeLike
Oulik vertel. Lief die foto’s
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Christa.
LikeLiked by 1 person
Wat een thriller!
Blij dat we dit mochten meemaken!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir kom lees, Paul.
LikeLiked by 1 person
Een mooi waargebeurd verhaal. Fijn om te lezen.
LikeLike
Dankie Suske.
LikeLiked by 2 people
Het ek nou hierdie storie geniet! 😁
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie…dit was voorwaar iets om te aanskou!
LikeLiked by 1 person
Wow dit was nou amasing om te lees en die foto daarby te sien. Knap gedaan Bytjie jy het wonderlike talent gekry
LikeLiked by 1 person
Baie dankie liewe Bondels.
LikeLike
Het jy gesien die een kleintjie se naam is Bondeltjie?Toe ek klaar geskryf het, het ek eers besef dis jou skuilnaam.Hoop nie jy neem aanstoot nie!🤣🤣
LikeLike
Ek het gesien 😁 dis oukey
LikeLiked by 1 person
BAIE beter as daardie foto verhale van die 1960s! Hierdie een is VOL aksie en ons leer iets aan die einde. Ek het hierdie verhaal baie geniet.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie,Anne. Ek is bly jy het dit geniet.
LikeLike
Wat staan ze er mooi op Dina!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie,Bea.
LikeLiked by 1 person
Het omtrent die kommosie gehoor soos jy vertel het!
LikeLiked by 1 person
Dit was iets vreesliks Frannie… die bosse het gedreun van die lawaai!
LikeLiked by 1 person
Love the story and the colours. Of the Bush and baboons. Those are the colours of Africa. 😉
LikeLiked by 1 person
Yes, very dry at the moment!
LikeLiked by 1 person
Ag hulle is so oulik, maar ek is doodbang vir hulle! En shame, die arme twee stouterds nê? Lekker gegiggel, my middelste seun se bynaam is Fielies 😆
As ek so na die klompie kyk kan ek nie help om aan Susters van Eva te dink nie ❤
Dis 'n boek wat altyd by my sal bly. Veral oor die bobbejane.
LikeLiked by 1 person
Ek is ook baie bang vir ‘n bobbejaan.Daardie skerp tande kan baie skade doen… veral die mannetjies is skrikwekkend verby.
Ek het ook die boek gelees, maar bietjie vergeet!☺️
LikeLiked by 1 person
apen kunnen vreselijk gillen en zeker als ze opgaan in een machtsspel!
LikeLiked by 1 person
Geweldig hoor.Dankie vir inloer, Joke.
LikeLiked by 1 person
Oulike storie met pragtige foto’s
LikeLiked by 1 person
Dankie Tina.
LikeLiked by 1 person
Goed veryel Perdebytjie… maar jô ek is bly ek was nie Fielies nie. Ek bang bobbejane!!!
LikeLiked by 1 person
Fielies wou mos met vuur speel!
LikeLiked by 1 person
Dag Dina, mag ik jou om raad vragen alsjeblieft, ik zoek de vertaling van een lied, Lize Beekman Sal Jy Probeer Onthou, maar kan het niet vinden, omdat ik de suidafrikaanse taal niet machtig ben vind ik het vertalen erg moeilijk, wil jij me helpen alsjeblieft,
Een prachtige serie apen plaats je hier, de rangorde is heel erg belangrijk heb ik begrepen
LikeLiked by 1 person
Dag Klaproos, ek het oral gesoek, maar kry nie die lirieke nie.Wel net die lied wat gesing word. Ek dink dit het te doen met kopiereg.As ek die woorde kan kry sal ek dit probeer vertaal, maar ek is ook nie Nederlands magtig nie… ek verstaan dit wel goed.Ek is do jammer dat ek nie kan help nie.
Baie dankie vir besoek op my blog.
LikeLike
Dank je wel dat je de moeite genomen hebt ❤
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n groot plesier… jammer ek kon nie van meer hulp wees nie.😵❤️
LikeLike
Excellent images and terrific series.
LikeLiked by 1 person
Thanks for visiting my blog, Jane.
LikeLiked by 1 person
Jy skryf goed… en is gelukkig om so iets te belewe… Stuur nog
LikeLiked by 1 person
Baie dankie… gaaf van jou!
LikeLike
Snotneuse, I love it! 😉 And so it goes, another day in the animal kingdom….captured beautifully by Dina! 🙂
LikeLiked by 1 person
Glad you enjoyed my blog!
LikeLiked by 1 person
Dit is nou ‘n dina-mo van ‘n storie. Met wonderlike fotos wat die interaksie en sosiale gedrag van die trop aantoon
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het,Abrie.
LikeLike
Zo leuk virtueel met je op stap te gaan
LikeLiked by 1 person
Dankie Marylou.
LikeLike
Absoluut mal oor jou vertellings by die spog fotos. Wonderlik!
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Wolfie!
LikeLiked by 1 person
Ai Brolloks… sharing is caring! Laat die laatjies ook so ‘n plesiertie of twee afknyp! 🥴😵🤣😂
LikeLiked by 1 person
Hulle moet tog iewers oefen!🤣🤣
LikeLike