Hierdie gemeenskap het duidelik hard gewerk om hul dorp netjies en leefbaar te maak. Die gemeenskapsaal…
Die netjiese sportvelde…
Die Afrikaner se geskiedenis word sterk aangehang en Christelikheid is baie belangrik. Op Monumentkoppie is borsbeelde van vorige staatspresidente en eerste ministers…
Paul Kruger figureer ook sterk…
‘n Verslete vlag waai op die koppie. Dit wys ‘n seuntjie met opgerolde moue…
Tussen die presidentebeelde pryk ‘n beeldjie van hierdie seuntjie, in die hoofposisie…
Die geheim word ontrafel, wanneer mens die onderskrif lees…
Halfpad teen die koppie op, is die Ierse Monument, ter ere aan die Ierse vrywilligers wat saam met die Boerekrygers, in die Anglo-Boereoorlog teen Brittanje geveg het. Die monument was aanvanklik in 1976 in Brixton, Johannesburg, onthul. In 1992 is dit afgebreek vir kommersiële ontwikkeling en na Orania geneem…
Uitsig vanaf die koppie, oor die kerk, dorp en omgewing…
Vir meeste Suid-Afrikaners is die volgende museum aanstootlik, want Hendrik Verwoerd was die vader van Apartheid…
Sekerlik een van die interessantste monumente wat ek al gesien het, is die Koeksistermonument…
Die onderskrif verduidelik hoekom koeksisters so deel van Afrikanerkultuur is…
As jy lus is vir hierdie lekkernytjie…
Betaal dan ook sommer met die geldeenheid van die dorp. Dit staan bekend as die Ora en is eintlik maar ‘n koepon met dieselfde ruilwaarde as Suid-Afrika se Rand…
Dit het ‘n vervaldatum en heelwat voorwaardes op die agterkant. Elke koepon is persoonlik geteken deur twee lede van die Orania Sakekamer…
Kunstenaars het ook hul intrek in die dorpie geneem…
‘n Kleurvolle kwekery met allerhande ou gemorsies, maak dit ‘n vrolike plek om ‘n ete of drinkdingetjie te geniet…
Selfs die kamerpot het sy ereplekkie…
Ou weegskaal…
en ploegskaar…
Lekker boerekos kan hier bestel word…
Engelse kunstenaar se winkeltjie…
Hy neem die fantastieste foto’s, is van Natal en hy sê niemand pla hom omdat hy Engels is en op Sondae handel dryf nie.
Ek sluit af, deur te sê, ek het met ‘n oop gemoed die dorpie besoek en dat ek aangenaam verras was. Ek stem nie saam met hul beleid van eksklusiwiteit nie en ek is lankal verby verheerliking van volkshelde en nasionalisme. Daarmee gee ek steeds ruimte aan elkeen wat voel dis hoe hy sy lewe wil leef en ek toon respek daarvoor.
Like this:
Like Loading...