Besoek aan Suid-Afrika se mees omstrede dorp

Hierdie dorp is jare lankal in politieke omstredenheid gehul, omdat ‘n groep Afrikaners hulle hier gevestig het en die dorp tot eksklusief blank verklaar het. Die hele inslag is volkseie kultuur, taal, godsdiens en onafhanklikheid van alle vreemde arbeid.IMG_3204

Ons was werklik verras toe ons die dorpie binnery. Nadat ons deur verskeie vuil, vervalle plattelandse dorpe is, was hierdie ‘n absolute juweeltjie langs die Oranjerivier, met sy verskeie uitgestrekte landerye en besproeiingssisteme oral sigbaar..IMG_3137

Ons het tuisgegaan in ‘n pragtige oord reg langs die rivier..IMG_3129

Dit word beman en bewerk deur slegs Afrikaanse jongmense. Die kokke en kelners in die pragtige restaurant is ook almal jong vriendelike Afrikaners…IMG_3127

Dit was ‘n voormalige konstruksiedorp van Departement Waterwese vir die Oranjerivierwaterskema en het vervalle en verlate gestaan. In Desember 1990 is die dorp deur die Afrikanervryheidstigting op ‘n veiling gekoop en amptelik op 1 April 1991 ge-open, waarna mense begin intrek het.Dit was ‘n moeilike tydperk, want die dorp was vervalle en geld was min. Tog het hierdie mense saamgestaan en agt-en-twintig  jaar later is dit ‘n gevestigde gemeenskap en ‘n pragtige skoon dorp met ‘n hele aantal nuwe huise..IMG_3139

IMG_3147

Daar is geen slaggate in die paaie nie en selfs die grondpaaie wat in die meerderheid is, is in ‘n uitstekende toestand..IMG_3182

Orals is netjiese kennisgewingborde, slegs in Afrikaans en ook ‘n herwinningskema…IMG_3145

Straatname is vernoem na verskeie edelstene soos Smarag- en Diamantstraat..IMG_3179

asook die name van voëls…IMG_3140

Hare Akademie en Salon Beulah vir hare en skoonheid, alles opgerig deur bouers, telers en vakmanne uit die gemeenskap..

IMG_3206

Mooi winkelsentrum…IMG_3211

Interessante beroep en benaming daarvoor…IMG_3151

IMG_3150

Word vervolg…volgende keer meer oor die kultuur.

 

 

52 Replies to “Besoek aan Suid-Afrika se mees omstrede dorp”

      1. So 3 weke terug praat hier n man in die gang en hy vertel hoe disgusted hy was met Orania. Volgens hom was dit vuil en verwaarloos nes die ander plattelandse dorpies.. na ek jou blog gelees het is ek 100 persent oortuig hy was glad nie daar nie.

        Liked by 1 person

        1. Hy was beslis nie daar nie! Ons het op ‘n Saterdagmiddag daar aangekom en weer die Sondag vertrek…tyd waar niemand werk nie en die dorp was silwerskoon. Ek het nêrens ‘n papier sien rondlê nie.Party mense se tuine is verwaarloos en hier en daar ‘n motorwrak in die agterplaas, maar dit kry mens orals.

          Like

        2. Nee ek glo ook hy was nie naby nie want hy het gepraat van potholes en geen diens in die winkels..ek gaan jou blog uitprint en vir die ou fee asn wie hy hierdie strooi vertel het…die man wat dit moes aanhoor kom gereeld hier na die drs toe. Dis hoe mens negatiwiteit uitroei

          Liked by 1 person

        3. Ek sal nog foto’s plaas en vertel. Dit was werklik ‘n openbaring vir ons ook. Mens luister altyd na ander mense se stories en dan besluit jy op jou eie storie. My eie storie was heeltemal uitgewis toe ek self gesien het wat daar aangaan.

          Like

      1. Nee, maar ek het wel vir die Kleinfontein Kultuur Gemeenskap buite Pretoria besoek. Dit was ook baie interessant – en nog meer so want hulle het vir ons aangedui dat ons welkom is om daar te kom bly al is on Engelssprekend!

        Liked by 1 person

  1. Dis jammer dat die term selfbeskikking so ‘n nare raspolitiek geur gekry het. Die dorp is bewys van wat vermag kan word indien ‘n gemeenskap begin om na homself om te sien instede daarvan om swaarverdiende belastinggeld in die bodemlose put van pilitiek gedrewe dienslewering te stort.
    Dink jou net in waar die geemeenskap waarin ek en jy woon se belasting in twee gedeel word, een deel is “nasionale belasting” wat soos normaal aan die regering oorbetaal word, maar die ander deel word in die gemeenskap/woonbuurt begroting gestort. Daaruit word lede van die gemeenskap betaal om strate skoon te hou, infrastruktuur in stand te hou, algemene administrasie en al die ander take wat tans aan gesiglose politieke partye toevertrou word.

    Liked by 3 people

    1. Daardie dienste word so te sê omtrent nie gelewer nie.Ons strate is vol gate en die stormwaterpype is verstop van vuilis en grond.Ons gaan onder water wees met een groot reën en dan sal hulle sê dis “global warming”se skuld.
      Jy is heeltemal reg.Mens hoef nie eksklusief te leef nie, maar dit sou ideaal wees as gemeenskappe vir hulself kon sorg.

      Like

      1. Die tyd toe hul begein het was dit juis die hoogtepumt om apartheid te laat voortlewe. Dis hoe ek ook maar groot geword het. Nie dat ek werklik rassisties is nie. Ek het my mede werkers in laaste jare in SA uit genooi om gereeld n koppie tee by my aan huis te drink. Wat hul geniet en waardeer het.

        Liked by 1 person

  2. Een spookstadje! Die perdekapelaan, is dat een kapelaan voor de paarden, moeten die ook naar de kerk? Oh sorry Dina, vind de naam zo mooi. Zo gezellig om die borden te lezen en zie dat jullie ook moeten sorteren, glas, plastiek enz.

    Liked by 1 person

  3. Hi Dina – hierdie bly ‘n interressante onderwerp – en so ‘n oop vraag i.v.b.m. wat jy noem: “omdat ‘n groep Afrikaners hulle hier gevestig het en die dorp tot eksklusief blank verklaar het….”

    So dit het my laat wonder: Sal Orania my inlaat? (sien video later)

    Ek is ‘n Afrikaner, het ‘n redelike donker “kompleksie”… (en ek praat nie hier van my psige nie … 😉 ). Byv. baie mense (ingeslote Afrikaners) van Franse afkoms het ‘n redelike donker kompleksie a.g.v. Suid Europa afkoms – sien hier:
    https://en.wikipedia.org/wiki/Mediterranean_race

    Ok, so toe gaan kyk ek so bietjie na ‘n paar videos or Orania. Sien bietjie hierdie twee dames wat in Orania woon – mens kan tot mens se eie gevogtrekkings kom, maar so ek wonder of dit nie miskien nie net ‘n persepsie is dat: ‘…hulle die dorp tot eksklusief tot blank verklaar het… (het jy dit spesifiek iewers gelees?)

    Liked by 1 person

    1. Dankie JJ, ek het gaan lees oor die Suid Europese afkoms…baie interessant. Nooit besef daar was soveel beskrywings en kategorisering van mense met betrekking tot skedelvorm, neuse ens. Ek het ook ‘n lang smal neus…ek noem dit ‘n boomklimneus…jy haak hom so in die stam en trek jouself boontoe.😄
      Die Oraniërs sê nêrens spesifiek dat hulle net wit is nie. Hierdie is gevolgtrekkings wat gemaak word, omdat die spesifieke kultuur vorige bedeling Afrikaans is. Geen ander groep, kleurlinge ingesluit, wil assosieer met Verwoerdmuseums, vorige staatspresidente, ens. Dus word hulle outomaties uitgesluit.
      Die kultuur in Afrikaanse skole het dieselfde uitsluitingsfaktor, dis hoekom daar nou so ‘n verwoede aanval op hulle geloods word.Vir my is dit uiters onregverdig, want Engelse skole word nie so genadeloos aangeval nie en gaan min of meer aan soos tevore. Hier in Benoni is ‘n Engelse staatsskool, wat steeds hul leerlinge keur. Ek noem nie name nie. Hulle is ten volle geïntegreer, maar skep net die room. Word beskou as een vd beste staatsskole.
      Twee baie oulike dames, wat beslis nie geïsoleerd is nie, want hulle het hulself bemagtig deur hul studies en mag sekerlik gaan bly en werk waar hulle wil, sonder dat iemand donker motiewe daaragter sien.

      Liked by 1 person

  4. (NS: Ek beplan nie om werklik daar te gaan woon nie – dis ‘n filosofiese oorweging i.t.v, die debat oor Orania se ‘ekskluwiteit’ – ek wil nie eintlik glad nie (!) die vraag direk vra nie, (maar as a filosoof moet ek) maar is Monja hier bo … ? Tog woon sy in Orania).

    Afrikaners van all herkomste BO!! 🙂

    Groete,
    J.J.

    Liked by 1 person

    1. Ek dink in Monja se geval is dit dat sy tuis voel op die plek waar sy vandaan kom. Baie mense doen dit. My kinders is naby hul grootwordplek. Ek voel altyd ‘n stekie van heimwee as ek in my geboortedorp kom.Alles is bekend en toe my ouers nog daar was, was dit ‘n plek van tuiskoms.
      Dus ook geen bymotiewe van Monja se kant af nie, volgens my.

      Liked by 2 people

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +