Besoek aan Suid-Afrika se mees omstrede dorp, deel 2

Hierdie gemeenskap het duidelik hard gewerk om hul dorp netjies en leefbaar te maak. Die gemeenskapsaal…IMG_3161

Die netjiese sportvelde…IMG_3176

Die Afrikaner se geskiedenis word sterk aangehang en Christelikheid is baie belangrik. Op Monumentkoppie is borsbeelde van vorige staatspresidente en eerste ministers…IMG_3167

Paul Kruger figureer ook sterk…IMG_3173

‘n Verslete vlag waai op die koppie. Dit wys ‘n seuntjie met opgerolde moue…IMG_3168

Tussen die presidentebeelde pryk ‘n beeldjie van hierdie seuntjie, in die hoofposisie…IMG_3169

Die geheim word ontrafel, wanneer mens die onderskrif lees…IMG_3172

Halfpad teen die koppie op, is die Ierse Monument, ter ere aan die Ierse vrywilligers wat saam met die Boerekrygers, in die Anglo-Boereoorlog teen Brittanje geveg het. Die monument was aanvanklik in 1976 in Brixton, Johannesburg, onthul. In 1992 is dit afgebreek vir kommersiële ontwikkeling en na Orania geneem…IMG_3163

Uitsig vanaf die koppie, oor die kerk, dorp en omgewing…IMG_3171

Vir meeste Suid-Afrikaners is die volgende museum aanstootlik, want Hendrik Verwoerd was die vader van Apartheid…IMG_3205

Sekerlik een van die interessantste monumente wat ek al gesien het, is die Koeksistermonument…IMG_3153

Die onderskrif verduidelik hoekom koeksisters so deel van Afrikanerkultuur is…IMG_3155

As jy lus is vir hierdie lekkernytjie…IMG_3207

Betaal dan ook sommer met die geldeenheid van die dorp. Dit staan bekend as die Ora en is eintlik maar ‘n koepon met dieselfde ruilwaarde as Suid-Afrika se Rand…C97BCE71-2E5B-4539-AF07-DC45DF1A8BD9

Dit het ‘n vervaldatum en heelwat voorwaardes op die agterkant. Elke koepon is persoonlik geteken deur twee lede van die Orania Sakekamer…C3889288-5D54-4C6D-95D1-CB128BE5FFCF

Kunstenaars het ook hul intrek in die dorpie geneem…IMG_3183

‘n Kleurvolle kwekery met allerhande ou gemorsies, maak dit ‘n vrolike plek om ‘n ete of drinkdingetjie te geniet…IMG_3192

Selfs die kamerpot het sy ereplekkie…IMG_3194

Ou weegskaal…IMG_3196

en ploegskaar…IMG_3200

Lekker boerekos kan hier bestel word…IMG_3187

Engelse kunstenaar se winkeltjie…IMG_3186

Hy neem die fantastieste foto’s, is van Natal en hy sê niemand pla hom omdat hy Engels is en op Sondae handel dryf nie.

Ek sluit af, deur te sê, ek het met ‘n oop gemoed die dorpie besoek en dat ek aangenaam verras was. Ek stem nie saam met hul beleid van eksklusiwiteit nie en ek is lankal verby verheerliking van volkshelde en nasionalisme. Daarmee gee ek steeds ruimte aan elkeen wat voel dis hoe hy sy lewe wil leef en ek toon respek daarvoor.

90 Replies to “Besoek aan Suid-Afrika se mees omstrede dorp, deel 2”

  1. Dit is inderdaad baie interessant! Dankie vir die fotos en insig wat dit bring. Kulturele identiteit is baie ingewikkeld omdat a kulturele groep (a volk…) se identiteit geskoei word in sy geskiedenis. So die geskiedenis van ‘n volk kan nie losgemaak word van sy huidige identiteit nie – alhoewel ‘n volk se geskiedenis natuurlik oor tyd aanpas by sy huidige realiteite ook, maar kulturele identiteit le baie diep – en dit geld vir alle nasies.

    Alle nasies en volke was op ‘n slag (en baie is nog steeds) nasionalisties en het nog steeds volkshelde (alhoewel die volkshelde, natuurlik gewoonlik in ‘n nuwe konteks gesien word in ‘n post-kolonialistiese wereld) . Ek kuier op die oomblik in Argentinie en hulle vereer nog steeds hulle volkshelde hier (hulle is nie skaam oor hulle of probeer hulle wegsteek nie, maar hulle is ook beried om hulle te kritiseer).

    Op ‘n manier lyk Orania vir my soos ‘n groot opelug museum – die hele dorp is ‘n Afrikaner kulturele ‘lewende museum’ wat ook die geskiedenis en afkoms van die Afrikaner bewaar, want sy geskiedenis en leiers in tog absoluut deel van die Afrikaner identiteit. En aangesien die spasies waar Afrikaner identiteit bewaar (en ten volle waardeer kan word) al hoe minder word in Suid Afrika, dink ek Orania speel ‘n belangrike rol as ‘n plek waar Afrikaner weer hulle kultuur kan ontdek indien hulle voel hulle het van hulle indentiteit verloor. Ek dink aangesien identiteit so ‘n belangrike rol speel in die post-moderne wereld – almal soek eintlik identiteit (veral baie jongmense) – beteken dat wat Orania doen is eintlik heeltmal in lyn met die moderne tye.

    Mense is baie sensitief oor die konsep van ekslusiwiteit oor die algemeen (en veral in Suid Afrika) maar hoe behou enige kultuur homself sonder om tot ‘n mate eksklusief te wees nie? Byvoorbeeld, as ek Franse klasse neem by die Franse skool (Allianiance Francaise) dan leer ek Frans en Franse kultuur – ek leer nie Duitse of Engelse of Afrikaans kultuur nie by hulle nie, maar Franse kultuur (!).

    Etniese ekskluswiteit is natuurlik ‘n heeltemal ander ding wat nie gegrond is op kultuur nie en soos ek dit verstaan is Orania ‘n kultuur-gemeenskap, nie ‘n etniese gemeenskap nie. Dit is wel die geval dat die Afrikaner kultuur hoofsaaklik uit ‘n seker etniese groep mense bestaan (a.g.v. Afrikaners se herkoms), maar dit is die geval met meeste volke, met uitsonderings.

    J.J.

    [verskoon asb die spelfoute]

    Liked by 5 people

    1. Jy som dit pragtig op, want dis presies wat dit is.Ek kry die gevoel dat die Afrikaner altyd uitgesonder word en geteiken word, wanneer hy sy geskiedenis wil onthou.Daar is ‘n algemene neiging om alles daaraan verbonde, uit te wis en net altyd die slegte dinge uit te lig.
      Ek wat as Afrikaner opgegroei het, blok my verlede uit en ook alle gevoel daaroor, omdat ek verward is oor my gevoelens.Dit waarin ek geglo het is uitgewis en met politieke korrektheid vervang.Dit voel soms of ek in limbo is en nêrens hoort nie. As ek sien wat vandag in SA aangaan, verwar dit my nog meer, want ‘n teruggryp na die verlede help nie, maar waar ons nou is, is ook baie sleg en verkeerd.

      Liked by 4 people

      1. Ek dink jy is reg dat die Afrikaner altyd uitgesonder word. Ek ondervind dit in elke land waarin ek reis (alhoewel nie alle mense so is nie). Jy som dit baie goed op in terme van hoe ons as Afrikaners verward is oor ons gevoelens en ons verlede – en hoe ons tot ‘n groot mate ons verlede en ons geskiedenis verwerp. Ek kan boekdele hieroor skryf, maar daar steek iets agter dit… As mens so bietjie onderoek instel – en om te reis na ander lande toe het my veral gehelp in hierdie opsig – dan kom mens agter dat ‘almal’ (baie mense) oorsee eintlik weghardloop van hulle eie geskiedenis af… en die moeite wat mense in ander lande sal doen om eerder die fokus op die mees bekende ‘sondebok’ (of te wel “scapegoat”) te plaas (ons, natuurlik) is werklikwaar ongelooflik (!!). (Dit kan hoogs verwarrend wees as mens nie die geskiedenis van ander lande ken nie. )

        Na ‘n paar jaar se ondersoek a.g.v. hierdie tipe ondervindige weet ek nou van beter – en as jy nou ooit will sien hoe vinnig mense die onderwerp wil verander (eintlik wil weghardloop) wanneer jy hulle eie geskiedenis opring… dan begin mens besef hoekom hulle so graag ons sin eerste wil opbring – om aandag van hulleself of te trek net ingeval hulle geskiedenis miskein optkom, en om die morele hoe grond eenvouding vooruit te vat voor die onderwerp of gesprek eers opkom… Dit is natuurlik verwarrend vir ons want Afrikaners het nie die gewoonte om ander lande se negatiewe geskiedenis voor hulle te gooi nie.

        Ongelukkig is ons as Afrikaners nie baie goed ingelig oor die geskiedenis van ander lande nie – en oor die algemeen ken ons ook nie ons eie geskiedenis baie goed nie (defnitief nie goed genoeg nie) – en hoe meer mens leer, hoe meer leer mens dat konteks is (was) alles… (byv. die Koue Oorlog, die psigiese impak op ons na die Boere Oorlog, om ons eie kultuur te behou nadat dit amper uitgesterf het, ens).

        Die grootse guns wat enige Afrikaner hom of haarself kan doen is om die geskiedenis van ALLE lande te bestudeer wat deur Noordelike lande gekoloniseer was – en dit dan te vergelyk met wat gedurend apartheid gebeur het – en wat hulle sal vind is dat… (verbasend genoeg…. ) Afrikaners eintlik baie minder skade aangerig het en baie meer gebou het… as ander lande in terme van die inheemse mense – en dit is juis hoekom ons geteiken word – die mense in en van daardie lande (en sommige groepe in Suid Afrika ook) weet dit baie goed (!), maar meeste van ons weet dit nie! (Ons glo ons is sleg… en eintlik doen ons onself ‘n groot onreg)

        [*ek wil nie name noem nie, maar sien gerus die geskiedenis van al die lande in Suid-Amerika, Noord Amerika, Sentraal Amerika, Australasie en Europa wat gekoloniaseer was of wat gekoloniaseer het – en vergelyk spesifiek met die 48 jaar van apartheid (voor dit was ons nie in bewind van die hele land nie).

        Liked by 2 people

        1. Dis ‘n besondere insiggewende artikel,JJ.Dit laat my ook bietjie verstaan hoekom ek soms voel of ek nêrens behoort nie.Ek wil graag by jou weet wat het gebeur dat ons sedert 2013 so oorgeskuif het na ethnic politics. Was dit regeringgedrewe, swak dienslewering, skokkende ontdekkings dat die landsregeerders korrup is?Ek hoor graag jou mening.

          Like

        2. Dina, dis ‘n baie goeie vraag. Ek dink dit is a kombinasie van ‘n paar dinge. Die jeug wat net na apartheid gebore is, is nou die jeug wat identiteits-politiek beoefen, maar hulle weet eintlik baie min oor die volle geskiedenis van S.A. (veral oor die Afrikaner se geskiedenis). Die dele wat hoofsaaklik op konsentreer word is hoe hulle onderdruk was. So baie van dit het te doen met onkunde gekoppel met ‘n baie sterk behoefte om polities aktief te wees (soos hulle ouers), so hulle val terug op die eensydige geskiedenis van die verlede. Politiek leiers buit hierdie situasie heeltemal uit en sosiale media gekoppel met identiteits politiek blaas dit aan.

          Dit is beie meer ‘hip’ om ‘n politieke aktivis te wees wat veg teen oonskynlike rasse onderdrukking (al was dit in die verlede) as om eenvouding die huidige regering verantwoordelik te hou vir swak dienslewering en ‘n tekort aan werksgeleenthede.

          Maar die onderliggende redes is ‘n tergukeer na dieselfde sterk ideologie wat onder apatrtheid teen die ou regering regering gebruik was gekombineerd met nasionalisme (ironies genoeg…). Daarby gevoeg is ‘n tergukeer na tribalisme, maar in a moderne vorm: identiteits politiek.

          Ongelukkig blyk dit wel ook dat daar vooruit beplan was om nie die ooreenkomste lang termyn na te kom wat gemaak was aan die einde van apartheid met ons leiers nie. Daar was vooruit beplan om na 20 jaar of wat terug te keer na die ‘rewolusie’ – die sogenaamde 2de fase. So ons leiers was om die bos gelei. Daars meer, maar dit is van die hoof redes, so ons is eintlik in ‘n redelike benarde posisie, want die pad voerntoe is op die oomblik nie baie duidelik nie. Soos jy vroer gese het – wat nou gebeur is ook glad nie reg nie, so wat nou?

          Persoonlik dink ek dat oplossings sal vorm, maar dit gaan ‘n tydjie vat (‘n hele paar jaar) en intussen moet mens maar so bes moontlik probeer positief bly en dinge te laat werk.

          Liked by 2 people

        3. Ek is net bitter hartseer dat soveel jong mense die land verlaat.Dis meestal gegradueerdes en hulle vorm ‘n groot deel van die belastingbasis.Wat gaan oorbly van kundigheid en die ekonomie as dit voortduur?

          Like

        4. Ek voorspel dat baie mense eendag gaan terugkeer… en hulle gaan hulle nuutgevonde kennis ook terugbring en dit sal tot ons voordeel wees. Ek weet dit is baie moeilik onder die huidige omstandighede om so iets te glo, maar ek dink dit is geskryf in ons toeoms (Oom Siener van Rensburg….)

          Liked by 1 person

        5. 🙂 DIt was nie heeltmal tong in die kies nie. Maar selfs al was daar nie ‘n siener nie, sou ek nog steeds tot daardie gevolgtrekking gekom het. Die land gaan heel moontlik opbreek in dele in die toekoms wat nuwe gelenthede gaan bring. As dinge eers stabiliseer sal baie mense wil terugkom. Baie Afrikaners wat nou lang termyn oorsee woon is entlik daar teen hulle wil.

          Liked by 1 person

        6. Wat my baie moed gee is die mense wat ten spyte van alles, planne maak om dinge te laat werk.Mens kannie altyd sit en wag vir die politici en regering nie.Ek sien heelwat gemeenskappe begin self arms uitsteek en vir hulself iets doen.. goeie tekens.

          Liked by 1 person

        7. Ja, absoluut! Baie goeie tekens. Dit is uit ‘ gevoel van magteloosheid en frustraise wat mense self inklim en begin doen. Daar is geen ander uitweg nie, maar doen is in elkgeval in ons bloed, so ek dink dit gaan net aanhou groei… die momentum is nog nie daar nie, maar daar is alreeds goeie beweging – byvoorbeeld die nuwe private universiteite wat nou gebou word.

          Liked by 1 person

        8. Ons eie klein woonbuurt sorg reeds vir ons eie veiligheid, maak self ons sypaadjies en twee parke netjies, hou eenmaal ‘n jaar vergadering, vorder finansies in vir verbetering van ons ingang en betaling van ons veiligheidswagte. Ongelukkig is ons beperk om iets aan ons strate, water en riolering te doen want dis munisipale verantwoordelikheid.Die tyd gaan egter kom dat ons daar ook gaan inspring, want dinge word nie gedoen nie…. moue oprol soos in Orania!🤣🤣

          Liked by 1 person

        9. Jy slaan die spyker op sy kop! In ander wêrelddele het dit wies gegaan en tog word ons geteiken as die ergste sondebokke. Hier was nooit ‘n genocide soos in Ruanda, Kongo en baie ander lande, selfs Zimbabwe onder Mogabe se bewind.Genocide op die Hereros in Namibië deur die Duitsers, om maar enkeles te noem.Verlede week is ‘n ou gevonnis oor genocide in Kongo… nooit eers gehoor daarvan nie.

          Liked by 1 person

      2. Alhoewel min mense daaroor praat – die grootste rede hoekom ons nou voel ons behoort nerens nie, en ons is nerens tuis nie is omdat ons in ons geskiedenis ons eie land gehad het – eers was daar die Boere republieke wat ons verloor het na die Boere Oorlog en na dit was ons in beheer van die hele land Suid Afrika – en gedurende daardie tyd was ons besig met ‘n nasie bou program wat veronderstel was om ons op te bou en te bevorder op alle vlakke na die Boere Oorlog.

        Ons is nou a volk wat nie ‘n eie land het nie, want daar word nou vir die eerste keer in ons geskiedenis vir ons gese dat ons nie hier (in S.A.) hoord nie – dit is ‘n nuwe situasie wat ons nie eers onder apartheid ondervind het nie. Juis is ons kultuur hier in Afrika gevorm en ontwikkel. Suid Afrika is die enigste land waar ons KAN tuis wees, want ons is van hier af (hier gebore, ons unieke kultuur is net hier, nie elders nie). Ons is nie Nederlands, of Vlaams, of Duits of Frans of Engels nie – en wanneer ons in daardie lande gaan woon or werk voel ons ook nooit werklik 100% tuis nie, want dit is nie ons geboorte kulture nie en hulle is eintlik redelike anders as ons sin.

        Om mens se land te verloor as jy alreeds een gehad het, het ‘n groot impak op mens. Dit laat mens magteloos voel. Ons is bouers – ons moet besig wees om te bou om tor ons eie reg te kom – en ek dink dit is die rede hoekom daar nou sekere Afrikaner organisaies wat besig is om weer te begin bou om paralelle strukture te ontwikkel vir wander die ou strukture heeltemal platval. Ek dink dit is ‘n baie positiewe ontwikkeling en dit is hoekom ons hierdie tye sal oorlewe en beter uitkom aan die ander kant.

        Liked by 2 people

      1. Ja ek het stem ook daarmee saam. Ons het maar in n tyd groot geword wat vandag baie swaar op ons druk. Mens kan nie wegkom van verlede en geskiedenis nie. Dis dinge wat gebeur het. Die jonger geslag moet eintlik daaruit leer en op die “goeie”voortbou al is dit half onmoontlik. Elke tydperk het sy eie goeie en swak dele.

        Liked by 2 people

        1. Die ergste is, dat ek nooit werklik iets bevraagteken het nie. Vandat ek my verstand gekry het, was dit die leefwyse waaraan ons blootgestel was en ek het dit so aanvaar. Miskien was dit ook omdat baie dinge weggesteek is en vrye spraak onderdruk is, dat ek so half dofkop was oor alles.Vandag het ek baie insig daaroor, maar daardie diep emosies kom tog gedurig boontoe en verwar my.

          Liked by 1 person

        2. Ja, Stem saam. My ouers het nooit aan politiek deelgeneem nie. Het alles op skool geleer. Al wat ek geweet het Nasionaal was reg en Sap was die vyand. SAP is ook aan Engels verbind wat ek ook voel nie reg was nie. Ek onthou ook dat die gemeenskap waar ek groot geword het my kom oplaai het toe ek kon stem. Alles is net so en niks na links of regs nie. Net die regering van die dag is verheerlik. Nou beduie ek darem goed wat ek nie eers aan wil dink nie.

          Liked by 2 people

        3. Elke mens op aarde is gebreinspoel om sekere denke te hê.Dis nie altyd sleg nie, maar mens moet altyd jou onsinverklikker aansit en nie alles glo nie.Ons is nooit geleer om krities te dink nie.Nou eers op my oudag begryp ek dinge baie beter.

          Like

  2. Afrikaners was oor die algemeen baie oningelig gedurende die apartheidsjare en die land het baie streng sosiale en morele reels gehad (ons was nie veronderstel veel te bevraagteken nie…) – ek was op hoorskool in die 80’s – en ons was min of meer heeltemal geisoleerd gedurede daardie tyd in terme van wat in die land gebeur. Alhoewel, as mens eers die ware geskiedenis begin leer oor daardie tyd dan kom mens ook agter dat die hele wereld net seker informasie gegee was oor wat in S.A, gebeur het – en so tot vandag toe het mense oorsee ‘n baie eensydige idee oor die geskiedenis van S.A.

    Liked by 2 people

    1. Ek sien dit duidelik wanneer buitelanders kommentaar lewer.Dinge was meer ingewikkeld as wat hulle persepsies was en steeds vandag is.Politiek is maar ‘n smerige spul. Dis lekker om met jou hieroor te praat, want jy het ‘n ander invalshoek.Ek was in die laat sestiger jare op hoërskool en ons isolasie was toe nog erger.

      Liked by 1 person

  3. Dis waar ja. Ek dink die Koue Oorlog het die situasie baie vererger en dit was die atmospfeer gedurende daardie tyd, ook byv. in Oos-Duitland en die res van Oos-Europa was die breinspoel en autokrasie nog erger. Alhoewel daardie tye darem nou verby is gebeur die breinspoel deesdae nou weer net op ‘n ander manier… (Kan ons dit ooit ontsnap? Ons kan seker droom daaroor – ons het darem so 20 jaar van redelike vrye denke en se gehad na ’94…)

    Liked by 1 person

    1. Ons sal nooit breinspoeling ontsnap nie, maar ‘n goeie teenvoeter is die ontwikkeling van kritiese denke.Dis egter moeilik om vir mense dit te leer, want mense is oor die algemeen skaapagtig en volg eerder die trop as om uit te staan en miskien gebrandmerk te word vir ander denkwyses.

      Liked by 1 person

  4. Dina, net so vir interresantheid – het jy al gehoor van die Mennoniete in Suid Amerika? Daar is Mennoniet kultuur- groepe in Paraguay in Suid Amerika en ook in Belize in Sentraal Amerika. Kyk nou bevoorbeeld hoe vergelyk hulle met die Afrikaner in terme van herkoms, geloof en tradisie – hulle lewe afsonderlik om hulle kultuur te behou en te bewaar en tog hoor mens baie min (amoer glad nie) van hulle, maar mens hoor baaie oor die Afrikaners.

    Hier’s iets oor die Mennoniete in Paraguay:

    “Mennonite settlers came to Paraguay from Germany, Canada, Russia and other countries for a number of reasons: religious freedom, the chance to practice their beliefs without hindrance, the quest for land. Although German immigrants had settled in Paraguay before the turn of the 20th century, it wasn’t until the 1920’s and 30s that many, many more arrived.

    Many of the immigrants from Russia were fleeing from the ravages of the Bolshevik Revolution and the later Stalin repressions. They traveled to Germany and to other countries and eventually joined the emigration to Paraguay.”

    https://www.tripsavvy.com/mennonites-in-paraguay-1635502

    Liked by 1 person

    1. Oor die Mennoniete in Belize:
      (Sien Wikipedia)

      “The Friesian and Flemish ancestors of the vast majority of Belizean Mennonites settled in the Vistula delta, starting in the middle of the 16th century and migrated to southern Russia between 1789 and the early 1800s, settling the Chortitza and Molotschna Mennonite colonies. During the years in Russia they became an ethnoreligious group.”

      “Economic contributions to Belize:
      Mennonites in Belize contribute to the carpentry, engineering and agricultural industries of Belize. They produce milk, cheese, beans, corn, melons, honey, chicken, and eggs. They have turned sections of tropical jungle into highly productive farmland. They are also skilled in manufacturing household furniture as well as constructing houses.[citation needed]”

      Liked by 1 person

        1. Hier by ons in Benoni,het ons die Spadereners(Blourokke)Hulle het ‘n reuse stuk grond, waar hul kerk en woonplekke is.Daar is ‘n muur om.Hulle is selfversorgend en dis netjies en agtermekaar.Enige iemand wat wil kan daar bly,as jy voldoen aan hul tipe leefwyse.

          Liked by 1 person

        2. Dina, vir my is dit die selfversorgendheid van al hierdie groepe en die feit dat hulle gelowing is en hulle tradisies en waardes behou en bewaar wat vir my so intressant is omdat ons in so ‘n afvallinge wereld woon op die oomblik.
          (Die ou stelsel in S.A. was heeltemal te konserwatief vir my, maar nou voel ek die nuwe bedeling is ver, te ver in die teenoorgestedlde rigting in…).

          Alhoewel Orania nie spesifiek ‘n geloofs-gemmeenskap is nie, is Afrikaners se kultuur sterk gekoppel aan hulle geloof en ek dink selfs die ongelowige onder ons hou nog steeds tot ‘n groot genoeg mate meeste van ons waardes as ‘n kultuur groep, so dit is nog steeds deel van ons fondasie stelsel.

          My teorie is dat soos wat alles besig is om in te tuimel (nie net in S.A. nie, maar in baie plekke in die wereld) sal dit die fondasie houers en bouers wees wat deur dit sal kom en ook in sommige gevalle op die ou end die voortou sal neem en sal lei.

          En die tekens is alreeds daar – in die S.A. konteks, hier is ‘n artikel vandag geplaas wat aansluit by dit – en dit in ag geneem is daar defenitief lig aan die einde van die tonnel, soos hulle se:

          https://www.politicsweb.co.za/opinion/what-next-for-south-africa

          Liked by 1 person

  5. Ja die eksklusiwiteit is ook vir my ‘n probleem. In Op pad skryf Dana Snyman ook hieroor. Die verval in ander dorpe gekontrasteer met Orania. In my opinie (en dit is ‘n opinie) is die netheid deel van ‘n “ons” is beter as “hulle” ingesteldheid.

    Liked by 1 person

    1. Abrie, hulle is kultuur eksklusief en nie ras eksklusief nie (om die waarheid te se hulle is nie eers heeltemal kultuur eksklusief nie want daar woon ook Englese mense daar, maar die wat van ander kulture afkoem moet die Afrikaner kulturr aanneem). Ek neem aan jy hou dus van geen kultuur groeperings nie? Wat byvoorbeeld van die Pondo (Mpondo / AmaMpondo) kultuur of die Ndebele kultuur – hoeveel blankes is daar onder hulle?

      Verskoon my, maar dit steek my dwars in die krop dat Afrikaners so gewillig is om hulleself te ondermyn – is dit net onkunde (of “virtue signalling”? )
      https://www.lionworldtravel.com/news/tribes-south-africa-meet-ndebele-people

      Like

      1. “The Mpondo people, also called AmaMpondo, are a Southern African Nguni/Mbo ethnic group.[3] Their traditional homeland has been in the contemporary era Eastern Cape province of South Africa, more specifically what used to be the Transkei region.[2] They speak a Nguni / Mbo language called isiMpondo’ which is similar to other Mbo languages like Siswati and isiNdebele. AmaMpondo are currently calling for their language to be recognized as the 12th official language of South Africa.”
        https://en.wikipedia.org/wiki/Mpondo_people

        Liked by 1 person

        1. “It means celebration of our culture, promotion of our culture and preservation of our culture. It also means unity in diversity because it’s not just about AmaMpondo, it’s about uniting other tribes or other cultures and also those cultures to share their traditions and heritage with us,” Sigcau says.

          Song and dance are also part of Pondo culture. Young men are divided into three categories which include iintsizwa, young men who never went to school, iindlavini-those who went to school but dropped out and amatshawe the graduates. While they dance, other young men and women sing for them.

          AmaMpondo are perceived as stubborn and resisted the Bantu Authorities Act that proposed the segregation and transfer of blacks to their independent homelands.

          That resistance led to AmaMpondo Revolt between 1960 and 1962.

          “Pondos are not stubborn but the fact of the matter they are very principled in terms of guarding and protecting their land. If you touch their land then you are touching the rest of the Pondo nation. We have a history of resistance.”
          http://www.sabcnews.com/sabcnews/the-culture-and-heritage-of-the-amampondo-tribe/

          Liked by 1 person

      2. Ai Jean – Jacques ons ken mekaar nie en die kanse is baie goed dat ons mekaar gaan misverstaan. Ek het kommentaar gelewer op ‘n skrywe van Dina van Wyk, ‘n mede- blogger met eie ek al ‘n lang pad stap en sy, die outeur daarvan kan vrymoedigheid neem om my te kritiseer indien nodig. Ek het egter geen behoefte om my denke in die lig van jou tot gevolgtrekking springery te nuanseer nie. Aangesien ek nie ‘n duif is nie doen ek nie hierdie in krop steek ding nie. Gegroet.

        Liked by 1 person

    2. Ek weet darem nie of netheid dui daarop dat mens dink jy is beter as ander nie. Dis ‘n leefwyse wat ek en baie ander mense nastreef en beslis een van die dinge in SA is wat duidelik agteruit gegaan het.Ry deur Belfast se hoofstraat om te sien wat ek bedoel en gaan kyk wat het met hul eens pragtige stadsaal gebeur.

      Liked by 1 person

    3. Abrie, ek glo ook nie aan eksklusiwiteit nie, maar deesdae raak dit al hoe moeiliker om blank te wees. Politici soos Malema en vele ander, blameer heeltyd “white settlers” vir alles wat verkeerd gegaan het.As jy op jou eie risiko ‘n besigheid op die been gebring het, hard gewerk het en begin goed doen, word jy geforseer om xaantal swart mense te bemagtig. Ek het geen probleem met bemagtiging nie, maar werk hierdie ding na die anderkant toe ook? Ek het nog nooit gehoor van ‘n swart maatskappy wat wittes moet inneem nie. My dogter is weg by ‘n baie bekende semistaatsmaatskappy, wat ek liewer nie sal noem nie. Die swart CEO het openlik gesê hy sal nie rus, voordat al die witmense uit is nie.Wanneer hulle verslag moes doen oor hul prestasie, wat nie altyd na wense was nie, het hulle my dogter se eerlike opinie geskrap en net die positiewe dinge aanvaar, sodat die mpy nie sleg moet lyk nie.
      Nodeloos om te sê my dogter is weg daar en sy word een van die dae met ope arms iewers in die buiteland verwelkom, soos duisende ander Suid-Afrikaners.

      Like

  6. Die vraag is natuurlik: Sal die joernalis hier bo (in die eNCA onderhoud) byvoorbeeld die Pondo of Ndebele gemeenskappe besoek en vir hulle se – soos hy doen in die onderhoud in Orania: “Maar ja, daar is mense wat nie sal saamstem nie en vir julle sal se dat al wat julle eintlik wil he is om ekslusief te bly in hierdie gemeenskap tot die koste van die res van die land…” ?

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s