Na ‘n lang droogte en met riviere wat skaars geloop het, trek moeder Natuur haar wolkkombers oor groot dele van Suid-Afrika en giet emmersvol heerlike lawende water uit. Tot dusver het ons binne ses dae 130mm gehad.
Dinge raak bietjie woes op sommige plekke. Foto’s en video’s van motors wat wegspoel en winkels en huise wat onder water is, word oral op sosiale media gepos.
Dis nie vreemde gebeure nie. In my leeftyd het dit al ‘n hele paar maal gebeur en dit het beslis niks te doen met klimaatsverandering nie. Tog vreemd hoe sensasioneel elke natuurramp deur die media toegedig word aan klimaatsverandering. Hierdie dinge gebeur al eeue lank. Die natuur is nie stagnant nie en sal ewigdeur verander en nietige klein mensies sal geen dooie duit kan uitrig om klimaat te beheer nie.
Energie moet liewer ingespan word om besoedeling, oorbevolking, oorbenutting van bronne, vermorsing en uitwissing van natuurlewe aan te spreek.
Waar dit verlede week dor en droog was, lyk ons agtertuin vandag so…