Reën, reën, lieflike reën!

Na ‘n lang droogte en met riviere wat skaars geloop het, trek moeder Natuur haar wolkkombers oor groot dele van Suid-Afrika en giet emmersvol heerlike lawende water uit. Tot dusver het ons binne ses dae 130mm gehad.

Dinge raak bietjie woes op sommige plekke. Foto’s en video’s van motors wat wegspoel en winkels en huise wat onder water is, word oral op sosiale media gepos.

Dis nie vreemde gebeure nie. In my leeftyd het dit al ‘n hele paar maal gebeur en dit het beslis niks te doen met klimaatsverandering nie. Tog vreemd hoe sensasioneel elke natuurramp deur die media toegedig word aan klimaatsverandering. Hierdie dinge gebeur al eeue lank. Die natuur is nie stagnant nie en sal ewigdeur verander en nietige klein mensies sal geen dooie duit kan uitrig om klimaat te beheer nie.

Energie moet liewer ingespan word om besoedeling, oorbevolking, oorbenutting van bronne, vermorsing en uitwissing van natuurlewe aan te spreek.

Waar dit verlede week dor en droog was, lyk ons agtertuin vandag so…E878C9DF-1102-4FF9-8868-4444C514BE0A

42 Replies to “Reën, reën, lieflike reën!”

  1. Goed om te hoor dat dit reën. Tina praat ook van reën in Pietersburg. Ek stem saam met die ding dat daar gedurig siklusse van weer rond beweeg. Dis nie altyd dieselfde tyd of wanneer ons dit die meeste nodig het nie. Dit het tog altyd wel op die einde weer gedraai na natter tye. Stem ook saam met dat die mense hulself moet regruk en inrig om die natuur aan te vul en nie te vernietig nie.

    Liked by 1 person

  2. Ek is so dankbaar oor die reën, dis selfs koud genoeg dat ons die koolstoof vir die honde al Vrydagaand begin aansteek het. (my honde is mal en hardloop in die reën en kom lê dan met hulle nat gatte in die huis!)

    Ek kan met hierdie tipe somer oor die weg kom!

    Liked by 1 person

    1. As mens mooi daarna kyk, is dit ‘n geldmakery soos min. Dis soos die histerie met die draai van die eeu, toe almal gedink het ons rekenaars gaan uitbom. Dit het miljoene gekos om alles op te dateer en toe was dit nie eers nodig nie. Ek glo wel dat die klimaat wissel en gedurig verander, maar dat mense nie werklik daarvoor verantwoordelijk is nie. Dis weer die mens met sy grootheidswaan, wat dink dat hy klimaat kan beheer. Dink aan die breinspoeling van Amerikaanse films waar die mens meteorite afskiet, vuurspuwende berge tem en oorstromings beheer.

      Liked by 1 person

    1. Baie dankie vir jou mooi boodskap , Theo! Ek kom nou eers hier kyk. Ek kry nooit ‘n boodskap dat jy op my blog kommentaar lewer nie. Ek weet nie of dit WP is of ‘n setting op jou blog nie.

      Like

  3. Climate change is complex, and I agree that extremes have been happening for a very long time,but it seems they’re happening more lately. I hope nations can work together to tread more lightly on this precious planet. Have a wonderful New Year!

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +