As besluite hier geneem word…

word dit blitsig afgehandel.

Verlede week is besluit om die visdam toe te gooi.

Maandagmiddag kom die Koihandelaar en sy helpers die visse vang…Dinsdag…begin dam leegpomp…Woensdag…net bietjie water op die bodem, wat met die hand uitgeskep moet word.

Die hartseerste is al die langbeenwaterspinnekoppies wat nou verward in die lug hang bokant die amper droë dam. Die voëls kom ook kort-kort soek, waar die watervalletjie is. Gewoonlik bad en drink hulle soggens en saans daar.

Op die bietjie water wat oor is, hardloop die motorbootgoggatjies verward rond en hier en daar duik ‘n naaldekoker nog oor die vuil water.

‘n Hele ekosisteem is vernietig en ek beleef dit eerstehands met intense hartseer.

50 Replies to “As besluite hier geneem word…”

    1. Ek weet nou die visse is veilig en gevestig, maar omdat ek so lief is vir die natuur en altyd my watervriendjies dopgehou het, is ek die hartseerste oor hulle. Ek en kleinseuntjie het altyd die spinnekoppies se dradespinnery met verwondering saam geniet.

      Liked by 1 person

  1. Hoe vinniger die seer tand uitgetrek word hoe korter is die pyn.

    Ek kan dit nou opgelukkig nie met my swembad doen nie dit sal die eiendom se waarde verlaag

    MAAR

    Ek sou sooooo graag wou!!!

    On Thu, Jan 16, 2020 at 8:21 AM Perdebytjie se nes wrote:

    > perdebytjie posted: “word dit blitsig afgehandel. Verlede week is besluit > om die visdam toe te gooi. Maandagmiddag kom die Koihandelaar en sy helpers > die visse vang…Dinsdag…begin dam leegpomp…Woensdag…net bietjie > water op die bodem, wat met die hand uitgeskep moet w” >

    Liked by 1 person

    1. Dit gaan nou baie vinnig.Die dam is al halfpad toegegooi.Dis groot werk, want dit was ‘n diep dam en die grond word met kruiwaens aangery vanaf die straat, waar die grond getip is.Dis ‘n hele ent en die outjies het eergister en gister heeldag heen en weer gestoot aan die vragte.Ek het hulle so jammer gekry.

      Like

      1. Dis maar n ding. Nou laat jy my dink aan my seun wat kruiwa gestoot het tot sy gô uit was. Hy het drie beddings gemaak wat gevul moes word. Twee ladings grond wat ook n ent van beddings af was. Ek het nog fotos geneem. Hier is mos nie helpers nie. Jy spring maar self in en laat waai. Dit sommer n ander storietjie. Die kind van my vat nie nonsies van werk nie. Hy het nou die tweede huis ge-renovate. Alles self gedoen!

        Liked by 1 person

        1. I’m sure it is a wise decision, despite the many memories. The mere fact of owning a house in a country and being limited in time to occupy it just blows my mind… Grrrr.
          (Selling on of our studios in Paris. Might buy something in the South of France as a pied-à-terre. We’ll see this summer)

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +