Die Geheim is ontrafel… Kluisenaar slothoofstuk

Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur ‘n klomp bloggers. Gaan gerus verby, want my gewone lesers sal geen kop of stert hiervan uitmaak nie.

Camilla lê in ‘n diepe slaap op ‘n geruite kombers. Die yl sonstraaltjies van ‘n nuwe dag, kielie oor haar welgevormde hoë wangbene en laat opeens haar ooglede oopfladder. Sy sit vervaard regop en staar onbegrypend om haar. Oral op geruite komberse, lê al die inwoners van Rebusfontein uitgestrek, met hul slapende troeteldiere styf teen hul stil lywe.

Die onthou sukkel om deur haar benewelde brein te breek, maar stuk-stuk kom alles terug…

Gisteraand was almal bymekaar op die dorpsmeent… daar waar al verskeie gesellige en minder aangename gebeurtenisse plaasgevind het. Sy onthou die fiasko van die sirkustent wat in vlamme opgegaan het, nadat metaangas uit olifantlywe en ‘n ondeurdagte trek van ‘n vuurhoutjie, die hele tent verwoes het.

Die herinnering aan die verwaarloosde biblioteek en Broodina se val deur die verotte vloerplanke en haar landing in die ribbekas van ‘n geraamte, stuur opnuut rillings deur Camilla se lyf. Sy onthou dat daardie geheim opgelos is en dat almal op Rebusfontein tevrede was met die uitslag.

Wat het gisteraand gebeur en hoekom lê almal in ‘n diepe beswyming? Eenkant staan ‘n lang tafel, steeds gelaai met heerlike bantingkosse uit Toortsie se kombuis. Verskeie bottels met ‘n groen vloeistof, staan orals oopgemaak. Met haar fyn neusie, snuif Camilla aan een bottel en voel dadelik erg lighoofdig.

Skielik sien sy visioene van pratende diere, ‘n arend genaamd Harpy, ‘n donker aantreklike man, wat haar tone laat omkrul van lekkerkry, ‘n getatoeëerde spierpaleis wat diep in haar oë kyk, laggende dansende dames, ‘n swewende mansponiestert, Broodina wat wegtrek in ‘n knallende rokende Uno, PT Barnum se sirkustent, olifante wat toertjies doen…

Die slapende Towerinne ontwaak nou een vir een en die troeteldiere begin ook wakker word. Almal lyk verward en staar om hulle heen.

Camilla begin stadig maar seker weer helder dink en skielik snap sy wat gebeur het. Met ‘n pers gemanikuurde vingernael, tik sy teen een van die bottels en sê: “Towerinne, daar was nooit ‘n kluisenaar genaamd Alexander nie, Lorenzo was net in ons gedagtes, Harpy was ‘n mite, pratende diere bestaan nie. Ons is bedwelm deur hierdie groen drankie!”

Eenkant op die hoek van die tafel, sit ‘n pikswart kraai, heerlik en smul aan ‘n stukkie vetterige bantingfrikkadel. Hy vlieg krysend op en verdwyn ooswaarts teen die helder oggendson…hy word net ‘n spikkeltjie.

76 Replies to “Die Geheim is ontrafel… Kluisenaar slothoofstuk”

  1. Nee kyk, julle met die groen voggies is te wild vir die groen oë van hierdie outjie. Ek herinner my dat dateen van die Dallas reekse ‘n droom was. Ek dink Patrick Duffy is geskiet enuit die reeks en die volgende reeks word hy weer lewendig gedroom

    Liked by 4 people

  2. Wel, ek weet nou ook nie, want Lorenzo het so pas hier by my hospitaalbed opgedaag. Asvaal geskrik en bewerig. Hy wou weet of ek hom nog kan sien. Toe moes ek aan hom vat. Ek het hom aan die boud geknyp en hy het hard en duidelik “Eina!” geskreeu. Nope, ek hallusineer nie. Ek het nie die groen drankie gedrink nie. En my Ponsiekat praat – beslis.

    Liked by 4 people

    1. Dankie tog Hester!!! Anders moes ons hele spul groendakkies toe!!! Lorenzo vra of jy hom kan sien!! LOL (die gesiggies op my foon het verdwyn… in die plek daarvan het ek nou ‘n bar wat al my woorde verander)

      Liked by 2 people

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +