Bosstories…

Roftie Renostervoël is vanoggend lus vir ontbyt op die boonste verdieping van Katryn Kameel se bewegende restaurant. Katryn se ogies blink soos nat lukwartpitte, van pure lekkerkry…_MG_8723

Roftie bekyk eers die spyskaart met ‘n kennersoog en besluit dan op sy gunsteling maaltyd…_MG_8720

Hy peins nog ‘n bietjie, maar hy sien reeds die heerlike sappige bosluise, wat soos swart glippertjie druiwekorrels in Katryn se maanhaar, ingeryg sit…_MG_8717

Sy bek gaan oop, hy pik en hy sluk, pik en sluk, pik en sluk, totdat sy krop tot barstens toe vol is…_MG_8715

Wat ‘n heerlike maaltyd, dankie Katryn! Om te betaal vir die sappige ontbyt, sal ek jou maanhaar mooi uitkam en jy kan my aflaai by Bulletjie Buffel se Bosluiskroeg…IMG_0696

Bulletjie is effens geïrriteerd, want Roftie kielie sy neusgate en hy voel hier kom ‘n groot niesbui…IMG_0723

Roftie is maar versigtig vir Bulletjie en gaan kam liewer al die lekker vetgesuipte bosluise op Bulletjie se bors uit…IMG_0693 Ja, in hierdie kroeg is dit net die bosluise wat suip…bloederige drankies!

38 Replies to “Bosstories…”

  1. Ag dis darem die mooiste mooi!

    So terloops, ons het ‘n muskeljaatkat wat gereeld in ons tuin kom kuier. Maar nou wil hy ons Hadedas se babas in hulle nes vang. Dis vir my vreeslik. Ons “nurse” die voëls al vir jare, want hulle is my gunsteling. Elke keer as hulle skree in die nag hardloop my man met die flits uit, dan hardloop Japie (die muskeljaatkat) weg, hy is baie wild. Dit is vreeslik, klink of iemand hulle kele afsny. Maar ons het nou besluit ons moet seker die natuur sy gang laat gaan. Hulle het nou al twee nagte sonder ons inmenging oorleef. My hart sal vreeslik seer wees as Hugo & Hugo se babas geëet word 😦

    Al die Hadedas se name is Hugo, ek weet nie wie is meneer en wie is mevrou nie! 😆

    Liked by 3 people

        1. Ek het gister weer gaan kyk na hulle, hulle is GROOT hoor!

          Ek het hulle met my selfoon probeer afneem, maar jy kan niks sien nie, sal vanaand my kamera uithaal en hulle ordentlik probeer afneem. Hulle is te oulik!

          Liked by 1 person

  2. Jou storie saam met die fotos is so mooi! Jy kan n boek saamstel daaroor!

    Die fisioterapeut hier langs ons vertel dat sy nou al vir twee dae vreemde geluide in haar motor hoor. Vanoggend toe sy uiteindelik besluit dat sy nou moet kyk, kry sy sewe dassies wat in die motorenjin rondhang! Hulle ry al twee dae saam met haar rond!

    Liked by 3 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s