Vier die lewe..

Gister vyf-en-twintig jaar gelede is my skoonseun se pa oorlede in ‘n motorongeluk, toe skoonseun maar net sewe jaar oud was. Gister is sy eerste babatjie gebore en kon hy haar teen hom vasdruk. Sy is vernoem na sy ma, wat oorlede is aan kanker, toe skoonseun maar een-en-twintig was. Hierdie klein bondeltjie mensie is ‘n viering van die lewens wat was en nooit die voorreg sal hê om haar te sien grootword nie.

Gisteraand toe ons gaan kennis maak met hierdie skatjie, was ons so gelukkig dat die pediater ook daar aangekom het. Met die grootste liefde en deernis het hierdie grote man, ons babatjie ondersoek. Eers die refleks van die handjies, wat dadelik sy vingers vasgryp. Daarna volg die voetjies, wat soos kloutjies om sy vingers krul. Ogies knip teen die liggie wat daarin skyn. Armpies word heen en weer, op en af gefleks. Daarna volg die beentjies en heupe. Wat op die oog af redelik rof lyk, het hierdie kleine bondeltjie gladnie ontstel nie.

Die toppunt was toe hy haar bolyfie oplig en haar weer laat val. Die armpies skiet kante toe en weer terug…blykbaar ook ‘n normale refleks. Laastens het hy met sy pinkie haar verhemelte bevoel, om seker te maak daar is nie ‘n opening tussen die harde en sagte verhemelte nie.

Die mooiste oomblik was, toe sy begin huil en hy haar vat en saggies heen en weer skommel, soos ‘n bootjie. Sy was onmiddellik stil.

Welkom kleine mensie, ons vier die nuwe lewe saam met jou!

44 Replies to “Vier die lewe..”

  1. Veels geluk aan julle almal en welkom hier by ons, kleine meisie!

    Jy laat my nou sommer weer n knop in my keel kry as ek dink aan Joubert se geboortedag en hoe ek gesnik het oor my eie Pa nie meer daar was om die kleinseun wat sy naam dra te ontmoet nie.

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s