Doodstil op ‘n Vrydag…

Vanoggend toe ek opstaan om koffie te maak, voel iets baie vreemd. Ek maak die agterdeur oop en asem die vars oggendlug diep in. In die bome kwetter die voëls hul borrelende oggendgesange. Iets makeer… die geruis wat gewoonlik van die snelweg af hoorbaar is, is WEG! Die gedreun van vliegtuie op die lughawe vier kilometer hiervandaan, is WEG! Die geloei van sirenes is WEG! Die verstikkende gasdampe van uitlaatpype is WEG! Die oggendwasigheid van besoedeling is WEG en ‘n helderskoon blou lug is sigbaar deur die bome in my agterplaas.

Dit voel asof ek in ‘n droom is. Dit is maar net Dag Een van ons inperking en dit neem stadig om in te sink, dat ‘n klein onsigbare virus die hele wêreld lamlê. Daar is nou al soveel gefilosofeer, grappies gemaak en geskryf oor die onderwerp en die uitwerking daarvan, dat ek besluit het dat ek net vandag daaroor sal skryf.

Gelukkig was ek tot ‘n week gelede vêrweg in die Kgalagadi, weg van al die histerie. Daar kon ek sielerus vind en saam met die diere in hul natuurlike staat verkeer.Die mens het sy eie leefwêreld so verander, dat hy nie meer weet wie of wat hy is nie. Die hovaardigheid van die mens om homself as die baas van die natuur aan te stel, het hom nou gruwelik in die hakskeen gebyt.Die uiteinde van hierdie hele sage kan nie voorspel word nie. Wat dit ekonomies gaan aanrig is ook net bespiegeling.

Al wat ek weet, is dat ons moet besin en diep nadink oor ons hele dekadente leefwyse.

In die volgende dae sal ek opbeurende foto’s en verhale met julle deel oor daardie wonderlike semi-woestynwêreld in Suid-Afrika se noordwestelike hoek teen die grens van Namibië en Botswana.

‘n Voorsmakie…IMG_3467

IMG_3468

42 Replies to “Doodstil op ‘n Vrydag…”

  1. Het is niet te vatten wat er nu aan het gebeuren is… Ik hoop ook dat de wereld er grote lessen uit trekt wanneer we hier uit zijn geraakt.
    Prachtige foto’s Dina!
    Hou het veilig en gezond voor jezelf en iedereen!

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie Ineke. Ek bly ver van die winkels af. Hier is steeds mense wat aangaan asof niks gebeur het nie. Stel jou egter voor dat jy vir drie weke saam met uitgebreide familie in ‘n sinkhuisie moet sit in hierdie hitte. In die meeste townships steur die mense hulle nie hieraan nie. Ek is beangs om te dink hoe die virus in hierdie areas soos ‘n veldbrand kan versprei.

      Like

      1. Juis vanoggend met my ekstra aan die slaap raak gedroom van die warboel in die dele, Ek moet mos opstaan as ek wakker word. Om te bly lê maak my kop skoon deurmekaar. Ek dink dis omdat ek my medikasie meestal vroeg oggend drink as dit later is smag my liggaam na die kalmering medikasie, Elke geval, ek hoop jul kan uithou tot die storm verby is. Hier is ons 4 weke ingeperk wat ek dink beter is. Baie sterkte en liefde. Ek is in gees met julle.

        Liked by 1 person

  2. Sjoe… daais “great” fotos!
    Jy is reg… die mensdom moet wakkerskrik – hy is sy eie grootste vyand!
    Ek wonder nou, na aanluiding van joy skrywe… sal dit nie goed wees as ons in die toekomes een week per maand “lockdown” hou nie? Ek dink dit sal die planeet ‘n geweldige hupstooitjie gee!!
    Of – ons moet weer begin om die “braakjare” beginsils toe te pas!!

    Like

  3. Al wat ek weet, is dat ons moet besin en diep nadink oor ons hele dekadente leefwyse…..All I know is that we need to reflect and think deeply about our whole decadent way of life…..that is what we call the takeaway. I agree, and let’s hope that after this is over, there will be significant, positive changes.

    Liked by 1 person

  4. Dis nogal iets wat ek ook ondervind….woon naby die N1 na Pietersburg toe en die gedruis van motors is heel dag hoorbaar. Dit was die naweek doodstil maar vandag het iemand ‘n grinder ontdek…..en dis nou flippen steurend!!!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s