wakker wees!
Ek sit heerlik op die stoepie van ons Kieliekrankiehuisie (wilderniskamp wat slegs tien mense huisves) en uitstaar oor die pragtige rooi duine van die Kgalagadi. Na goeie reëns, is die duine oortrek met gras en veldblomme. Ek is half in ‘n beswyming van die hitte (sowat 38°C elke dag) en my ooglede wil-wil toe val. Skielik sien ek ‘n beweging uit die hoek van my oog. Langs die houtreling van die stoep, is ‘n digte struik, waarin die voëltjies heeltyd baljaar.
Ek kyk, maar o wee… dis ‘n hele paar meter groter as die geveerdes!
Ek skrik nie regtig vir slange nie, maar ‘n Kaapse kobra (Naja nivea) is nie jou speelmaat nie! Gewoonlik maak hulle bakkop as hulle skrik, maar hierdie slang was heel rustig en op ‘n missie…
Hy seil aanmekaar en patrolleer die struik van hoek tot kant…
Dinge raak nou bietjie warm vir my, veral omdat ta nou stoep se kant toe mik!
O nee! Miskien is dit nou ‘n goeie tyd om hakke te klap na ‘n veiliger oord!
Hy sit sy kop op die dwarsbalk en sy hele lyf val ondertoe uit die bos uit, maar hy klou met sy kop en soos ‘n wafferse gimnas, hys hy sy lyf tot op die hout!
Steeds steur hy hom nie aan my nie en ek bly op ‘n veilige afstand…
Hier kom hy…
Krul homself om die pale van die stoepafskorting…
Teen hierdie tyd is ek binne met die deur stewig toe!
Deur die glasvenster lyk die slang ekstra lank en daar is nie genoeg spasie om sy hele lengte te fotografeer nie…
Hy krul deur die koelsak, wat ek buite gesit het om droog te word…
Nou sommer onderdeur!
Gelukkig kry hy nie waarvoor hy gesoek het nie en verdwyn weer in die bos, nadat die kampbestuurder met sy slangstok hom verjaag het. Hy was op geen stadium agressief nie.
Feite oor die Kaapse kobra ook bekend as Geelslang: Hulle is bedags en vroeg saans aktief en vreet ‘n verskeidenheid prooi asook ander slange. Hulle sal in lae bome klim en voëlneste deursoek vir eiers en kuikens. Hulle eet verskeie knaagdiere en is dus nuttig om rot- en muisplae te beheer.
Ongelukkig is hulle baie senuweeagtig en dodelik. Die kop maak ‘n breë bak as dit gekonfronteer word en dan moet mens maak dat jy wegkom. Hulle spoeg nie. Die gif is neurotoksies en die dood word deur vinnige verlamming veroorsaak.Groot hoeveelhede teengif is nodig om die byt te behandel…dus is kanse op oorlewing op ver-afgeleë plekke, maar skraal.
Habitat: Dorre karoostreke, veral langs rivierlope tot in goed gedreineerde oop gebiede langs die suidkus. Verspreiding: Deur Kaapland, in die ooste tot by Oos-Londen en noord tot in Suid-Namibië, Botswana en die Vrystaat.
Dina, jy is uitermatig braaf met jou foto-nemery!🤗
LikeLiked by 1 person
Ek maak altyd seker dat ek veilig is. Ek het ‘n hele ruk op ‘n afstand vir hom gekyk en gesien hy is rustig.
LikeLiked by 1 person
Koue rillings, mooi fotos nogtans
LikeLiked by 1 person
Ja, nie almal se vriend nie!
LikeLiked by 1 person
Ek, aan die anderkant, sou solank my goedjies begin pak het (kamera ook) en baie vinnig huis toe gegaan het nadat die slang verwyder is. Jy is ‘n brawe vrou, Bytjie.
LikeLiked by 1 person
Hehe! Ek neem jou nie kwalik nie Hester.Ons het wel daarna ons deur en vensters styf toe gehou terwyl ons ‘n middagslapie vang!
LikeLiked by 1 person
Het die slang nie dalk iets van ‘n Appel gesê nie? 😉
LikeLiked by 1 person
Mooi beestje maar ik zou het niet willen tegenkomen 😅
LikeLiked by 1 person
Mens wil regtig nie deur hom gepik word nie! Dankie vir inloer, Theo.
LikeLike
Kan slange praat, Vuurklip?
LikeLike
Waaah Dina, een slang! Die zou ik nooit durven fotograferen, ik was al lang kilometers weg gelopen. Blij dat we hier geen slangen hebben…
LikeLiked by 1 person
Dit is en bly ‘n skrikwekkende reptiel en ek bly maar ver weg!Dankie vir inloer, Bea.
LikeLiked by 1 person
Ik ben ook blij dat er hier geen slangen te vinden zijn. Wel mooie foto’s van dat beest.
LikeLiked by 1 person
Dis redelik skrikwekkend om dit te sien! Mooibly Suske. Ek gaan later al die stories van Nonkel Juul opvang.Het nou baie gemis toe ons weg was.
LikeLike
Pragtige fotos. Dit is so skaars om hulle se duidelik te sien. Jy was bevoorreg. En so gevaarlik as wat hulle is, dit is eintlik so n mooi elegant ding.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Dis die eerste keer dat ek een in die natuur sien en dit was besonders vir my.Hy het so mooi geblink toe die son op hom skyn.
LikeLiked by 1 person
Ik krijg ineens zin in paling bij het zien van die foto’s.
Je neemt wel grote risico’s, Dina. Opletten!!
LikeLiked by 1 person
Ek is baie versigtig en neem geen kanse.My verhaal word meer dramaties vertel as wat dit is.Ek is ver van die slang af met ‘n lang lens.Dit lyk erger as wat dit is.Dankie vir die omgee oor my veiligheid, Paul.😀
LikeLiked by 1 person
Nee wat Bytjie hiervan hou ek niks. Daar is nie ‘n manier waarop ek langer daar sou gebly het nie. Jy is definitief baie braaf.
LikeLiked by 1 person
Met die deur netjies tussen ons, was dit darem heel veilig, Kameel.
LikeLiked by 1 person
Angswekkend!
LikeLiked by 1 person
This is a MARVELLOUS encounter – SO special and it is wonderful that you were able to take this series of really lovely photographs of the snake.
LikeLiked by 1 person
Thanks Anne.I also think it was special,although most people will disagree!🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Aaaaargh! Ek gril my besimpeld! Innig verlig dat daar iemand met ‘n slangstok was! (Fantastiese foto’s, maar aitoggie, man, ‘Bytjie!)
LikeLiked by 1 person
Hehe,Frannie! Dit was nogal ‘n adrenaliengelaaide besigheid.
LikeLiked by 1 person
Jy was baie braaf om daardie foto’s te neem! Ek sou lankal weggehardloop het!
LikeLiked by 1 person
Ek het darem afstand gehou.
LikeLike
Dis goed. 😄
LikeLiked by 1 person
Mooi, maar nie mooi foto’s nie. Ek kan sien daar was effe van ‘n bewerasie, by die fotograaf.
LikeLiked by 1 person
Goed raakgesien!🤣🤣
LikeLike
Krijg er koude rillingen van
LikeLiked by 1 person
Ja dit bly maar ‘n skrikwekkende reptiel vir meeste mense.
LikeLike
Hiert jou slang se kind! Hy was nogal naby. Geen wonder die voeltjies het tekere gegaan nie. Hul is mod fyn as dit by slange raaksien kom. Bly maar n gevaarlike storie. Mens speel nie met hulle nie. Dankie vir die storie en n goeie einde.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy het dit geniet,Ineke.
LikeLike
Ek het ook al ondervinding met n bakkop in ons drein gehad wat sy kop bak gemaak het toe hy sy kop uitsteek om uit te kom. Dan pofadders was ook nie ongewoon nie.Brrr ril ek nou vir die idee hoe naby n mens aan so n slang was.
LikeLiked by 1 person
Grote Griet, Dina!!! Ek het nog nooit n Koperkapel gesien nie, maar ek weet ook nie of ek een wil sien wat by my koelsak rondkrap nie… Jou fotos is besonders hoor!
LikeLiked by 2 people
Ek het aanvanklik groot geskrik, maar toe ek sien hoe rustig hy is, het ek gou my kamera, wat altyd byderhand is, gegryp. Dis ook ‘n eerste vir my.Dis ‘n pragtige slang en die kampbestuurder het gesê dat die slang nog jonk is, vandaar die swart spikkels.
Altyd lekker om ‘n eerste te sien in die natuur, né Dries!
LikeLiked by 2 people
Defnitief, Dina, veral as dit iets onverwags is!
LikeLike
Sjoe Bytjie ek is bly jy is veilig. Ek sou gesukkel het om daar te slaap, vensters moet oop wees….
LikeLiked by 1 person
Vensters was darem oop… stewige gaas voor!🤣
LikeLike
O dankie tog!! Ek is mal oor die bos maar ek wil nie graag met n slang maats maak nie
LikeLiked by 1 person
Whaaa
LikeLiked by 1 person
🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Staan eerder agter die glas… daai boetie se gif is nie ons maatjie nie!
Nou wonder ek… as daar een was… maar, julle het almal terug huistoe gekom so ek kan maar ophou wonder!! 🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Hehe! Gelukkig was daar net een op soek na voëltjies.
LikeLiked by 1 person
Geveerde voëltjies of die wat nie vlerke het nie?? 🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Hahaa, stouterd!
LikeLike
The photos were fun, until the translator told me it’s a kind of cobra! Scary! Well, I’m glad there was no problem chasing it away. Stay healthy and safe, Dina!
LikeLiked by 1 person
Quite a deadly snake, but still beautiful in it’s own way!
LikeLiked by 1 person
Oooooo jy is al te dapper! Tog so bly julle het hom nie doodgemaak nie
LikeLiked by 1 person
Mens mag niks doodmaak in die park nie.Die kampbestuurder het net seker gemaak ons is veilig.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie beleid
LikeLiked by 1 person
Freakit…..ek sou nie eers die kamera kon stil hou nie…..wat nog ‘n hele reeks fotos neem!
LikeLiked by 1 person
Hehe!🤣🤣
LikeLike