Ek is mal oor goggas en al ken ek net enkeles se name, keer dit my nie om hulle raak te sien en te verwonder aan hul prag nie.
Ek plaas ‘n reeks van drie “skoonhede”, wat ek in die Kgalagadi raakgesien het…
Dié torretjie is ook goed gekamoefleer en met ‘n klipharde doppie as beskerming, oorleef hy ook goed…
Die Kgalagadi was oortrek met geel blomme van die Dubbeltjieplant. Honderde van hierdie goggas het heerlik gesmul aan die geel lekkerte…
Kyk die pragtige hartvormige bolyfie met rooi kolletjies…rooi is ‘n afskrikmiddel vir voornemende vreters en die kolle lyk soos oë, wat vyande raaksien…
Loshande my gunsteling! Hy is piepklein, omtrent so groot soos my wysvinger se nael…
Sy rug is bedek met sandkristalle wat hom goed kamoefleer…
Sy verdedigingsmeganisme is om dood-dood te speel. As mens aan hom raak rol hy op en lyk nes ‘n sandkorrel…
Wie dink nog dat goggas vervelige wesens is?
Mooie foto’s van die kleine doch mooie beestjes.
LikeLiked by 1 person
Dankie Suske.
LikeLiked by 1 person
Ek is baie bly om hierdie mooi fotos te sien – hulle wys dat selfs die kleinste dinge interessant is.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Anne.
LikeLike
Prachtig, het inspireert me om mijn Website https://groetenuittienen.blog/ ook volledig in het teken te brengen van fotoreportages.
Er is nog werk aan de winkel, maar ik doe mijn best.
Groetjes uit België
Theo-Herbots
LikeLiked by 1 person
Dankie Theo, ek is bly ek kan jou inspireer. Groete uit ‘n doodstil Johannesburg.
LikeLiked by 1 person
Het is hier in Tienen ook doodstil. Tengevolge de coronacrisis zijn alle winkels, cafe’s, restaurants, alle bedrijven zijn gesloten. Iedereen moet binnen in zijn huis blijven. Juist buitengaan om boodschappen te doen in enkele voedingswinkels die nog open zijn. Daar mag men met max. 5 personen tegelijkertijd binnen en niet langer dan 30 minuten. Enkel wandelen of fietsen mag nog mits minstens 1,5 meter van anderen afblijven. Er mogen niet meer dan 2 mensen nog tegelijkertijd samen zijn en dan nog op1,5 meter. Elke overtreding wordt zwaar beboet. MAAR voor mij is het een voordeel. Ik ga alle dagen wandelen en foto’s nemen. Plaatsen waar ik anders moeilijk foto’s kon maken door het drukke verkeer zijn nu stil en verlaten. En eenzaaam? iemand die oog heeft voor de natuur en het leven in de natuur, die zich begeeft in die natuur is NIET eenzaam. Groetjes uit Tienen. Theo
LikeLiked by 1 person
Ons is ook verbied om iewers te gaan.Ons mag nie eers gaan stap nie. Gelukkig was ons twee weke terug in die natuur en kon ek foto’s neem en dit nou geniet.Bly gesond en neem mooi foto’s.
LikeLiked by 1 person
Ik heb nog een serie oude zwart-wit-foto’s gevonden en heb er meteen een bericht over gemaakt hoe het er aan toe ging in mijn jeugd.
https://groetenuittienen.blog/theo-herbots-zwart-wit-fotos-uit-mijn-verleden-black-and-white-photos-from-my-past/
Groetjes Uit Vlaanderen
Theo
LikeLike
Dank voor deze prachtfoto’s.
Wie het kleine niet eert ….
Stille groet,
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou besoek hier, Rob.
LikeLike
Jy maak my nou ook bedag daarop om die klein dingetjies raak te sien, Dina.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan sit soms net stil en kyk om my. Mens sal verbaas wees wat in die miniatuurwereld aangaan.
LikeLike
Ek hoor jou, Dina!
LikeLiked by 1 person
Die eerstes lyk baie soos n tok-tokkie. Hoe groot is hulle? Die tweede hart gogga ruik ook nogal sterk as jy hom wil afgooi. Laaste enetjie is te kostelik. Klein en getrain moet ek byse.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook dis ‘n tok-tokkie. Hy is omtrent groot soos my duimnael.
Daardie hartgogga lyk verniet so onskuldig! Die laaste een het my verstom. Dankie vir inloer Ineke.Sterk bly, daardie kant.
LikeLike
Die tok-tokkies is so groot soos jy verduidelik en selfs bietjie kleiner. Met daardie harde buite vlerke tik of tok hul die boutjies op harde grond om mekaar te roep.
LikeLiked by 1 person
Ek kom agter jy is ‘n tok- tokkie liefhebber.
LikeLike
Goeie ou dae en mooi herinneringe. Meestal in skadu van n rosyntjiebos gesit en dan die outjies dop gehou.
LikeLiked by 1 person
Fantasties wat n mens als van bewus word as jou fokus bietjie fyner word. Pragtige fotos daarby, Dina!
LikeLiked by 1 person
Die miniatuurwereld is soms baie interessant, as mens net tyd wil afstaan om daarna te kyk.Dankie vir jou mooi woorde, Dries.
LikeLiked by 1 person
Die outjie wat homself kamoefleer as ‘n sandkorrel! Te oulik.
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook die meeste van hom.
LikeLiked by 1 person
Aitsa oulike goggas!
LikeLiked by 1 person
Dankie Tina.
LikeLiked by 1 person
Ag dis mooi, love om die goggas deur jou oë te sien
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, jy is dierbaar.
LikeLike
Gogga… ja, goggas is tops!!
Laat my ook dink aan die kleinkinders hier… nie een kan Afrikaans praat nie, nie een het ‘n voet in SA gesit nie maar hulle weet wat goggas is!! Klink nogal snaals as hulle op Ierse Engels vir ons vetel daar is goggas in die tuin… of huis, of wherever! 🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Dis so ‘n lekker woord. Mens kan dit so in jou keel rol en uitspoeg.🤣
LikeLike