Tydens goeie reën spring allerhande verrassings op uit die dorre aarde van die Kgalagadi. Die pragtige Afrikaanse name is ewe beskrywend en uniek. Die mees sigbare rankplant in die Kalahari, is die duwweltjie(afgelei van duiweltjie).Ook bekend as dubbetjie (Tribulus Zeyheri)…
Die springbok, volstruis en waaiersterteekhoring vreet die blomme, wat van naderby so lyk…
Verskeie ruspes en goggas vreet ook die plante…
Honderde van hierdie plante het vanjaar, na goeie reëns, hul verskyning gemaak.Dit staan bekend as die gifbol (Nerine lacticoma)…
Die blomme is baie giftig vir diere…
Swartstorm (Senna italica) lyk soos ‘n kers in die sand…
Brandboontjie/Bokboontjie (Sesamum triphyllum) laat jou brand as jy daaraan vat…
Duiwelsklou (Harpagophytum procumbens) het vieslike dorings. Wanneer die blare met koue water in jou hande stukkend gevryf word, gee dit ‘n seperigheid af, baie beter as enige fabriekseep…
Kalaharisampioene ( Sommer my eie naam) het orals in die veld opgeslaan…
Tsammas (Citrullus lanatus) is tydens droogtetye die hoofbron van water. Dit bestaan uit omtrent 90% tot 95% vog…
Gemsbokkomkommer (Acanthosicyos naudinianus) smaak baie bitter, maar word tog deur springbokke, ratels, damaramolle en jakkalse gevreet. Die leë doppe gaar water op tydens reënval en is ‘n waterbron vir insekte en kleiner soogdiere…
Wilde-ertjie/Oorpynpeultjie (Cleome angustifolia)… 
Driedoring (Rhigozum trichotomum) het nie dorings nie, maar elke takkie se eindpunt, vertak in drie verskillende takkies…
Katstert (Hermbstaedtia fleckii) is loshande die mooiste vir my…

Besembos kan goed gebruik word…
Like this:
Like Loading...