Mooiste name.

Tydens goeie reën spring allerhande verrassings op uit die dorre aarde van die Kgalagadi. Die pragtige Afrikaanse name is ewe beskrywend en uniek. Die mees sigbare rankplant in die Kalahari, is die duwweltjie(afgelei van duiweltjie).Ook bekend as dubbetjie (Tribulus Zeyheri)…IMG_2962

Die springbok, volstruis en waaiersterteekhoring vreet die blomme, wat van naderby so lyk…_MG_0499

Verskeie ruspes en goggas vreet ook die plante…IMG_2980

Honderde van hierdie plante het vanjaar, na goeie reëns, hul verskyning gemaak.Dit staan bekend as die gifbol (Nerine lacticoma)…IMG_2220

Die blomme is baie giftig vir diere…IMG_2518

Swartstorm (Senna italica) lyk soos ‘n kers in die sand…IMG_3585

Brandboontjie/Bokboontjie (Sesamum triphyllum) laat jou brand as jy daaraan vat…IMG_3562

Duiwelsklou (Harpagophytum procumbens) het vieslike dorings. Wanneer die blare met koue water in jou hande stukkend gevryf word, gee dit ‘n seperigheid af, baie beter as enige fabriekseep…_MG_9919

Kalaharisampioene ( Sommer my eie naam) het orals in die veld opgeslaan…IMG_2779

Tsammas (Citrullus lanatus) is tydens droogtetye die hoofbron van water. Dit bestaan uit omtrent 90% tot 95% vog…_MG_0498

Gemsbokkomkommer (Acanthosicyos naudinianus) smaak baie bitter, maar word tog deur springbokke, ratels, damaramolle en jakkalse gevreet. Die leë doppe gaar water op tydens reënval en is ‘n waterbron vir insekte en kleiner soogdiere…IMG_3587

Wilde-ertjie/Oorpynpeultjie (Cleome angustifolia)…  IMG_3617

Driedoring (Rhigozum trichotomum) het nie dorings nie, maar elke takkie se eindpunt, vertak in drie verskillende takkies…IMG_3361

Katstert (Hermbstaedtia fleckii) is loshande die mooiste vir my…IMG_2966

_MG_0583

Besembos kan goed gebruik word…IMG_3822

 

 

 

48 Replies to “Mooiste name.”

        1. She was in Shanghai and luckily returned in August last year. She is staying with us at the moment and we enjoy catching up on all the years that she was gone. Last night we heard that we are locked down for the next three weeks!!

          Liked by 1 person

        2. Well, she did come back on time. Probably misses Asia. But then it is lovely for you all to catch up with her. And learn about China. Lockdown is everywhere. We’ve been in it for almost a month now. And it supposedly is until end of month… Let’s see how it goes. Sorry you can’t go in the Bush for a while.

          Liked by 1 person

  1. Dis te pragtig. Die name is ook werklik beskrywend van hoe die plante?blommetjies lyk. Ons het as kinders die duwweltjies Duiwels drêk genoem omdat hul mens so seer steek. Ons het natuurlik daardie tyd baie meer kaalvoet geloop ook. Dit moet n belewenis wees om so n dorre streek met so n kleur skouspel te sien. Baie bly jy het dit mooi vasgelê met jou kamera. Hoop jul is nog positief en veilig.

    Liked by 1 person

      1. Daardie rusteloos en vasdruk kom en gaan met vlae. Staan lekker op dan is dit net of ek nie kan koers kry nie. Volgende dag staan ek bedruk op maar as ek my loopie geloop het voel dit weer beter. Ek kom bv nie regtig tot iets nie, Dit bekommer my half meer omdat ek nie gewoond daaraan is om so net nie te kan begin en iets doen nie. Het vandag bv darem my storie wat ek skryf n goeie stoot gegee. Terwyl ek gister net mooi niks wou doen nie. Wel ons sal daardeur kom. Net moedhou. Hier is daar darem regtig goeie verbetering in die onderdrukking van die virus. Net 29 gevalle positief. Hoogste was dink ek 89 of so iets. Hul kyk om die lock down dalk aan einde van 4 weke te begin verslap.Hipe liefde en n stywe druk vir jou.

        Liked by 1 person

        1. Ek dink mens verloor dryfkrag as jy so ingeperk is, want waarvoor moet mens nou jou bed opmaak, hare kam, grimering aansit, skottelgoed was ens. as daar tog niemand is wat kom kuier en jyself nêrens gaan nie.Ek dink mens moet jouself motiveer om dinge te doen.Ek is nie eers lus om blogs te lees nie. Ek oefen darem weer bietjie klavier, ook maar net om vir myself musiek te maak. Dis ook depressie wat ongemerk insluip en oefening en stap help ook. Sterkte liewe Ineke. Ek dink aan jou.

          Like

        2. Ja jong daardie depressie hou maar altyd sy voet in die deur. Tog is daar so baie om na uit te sien elke dag. Ek het bv n vreemde tipe van n reieragtige voël in die weiveld gesien. Hy was te ver om mooi te sien. Hy het egter soos n regte reier gestaan en gemik en iets opgepik uit die gras. Soiets maak mens se dag. Ek maak steeds my bed elke more op en stort en trek skoon aan want ek weet dis deel om my gemoed hoog te hou. Klink of dit regtig nie beter wil gaan daar by julle nie. Ons is amper oppad om moontlik een stap terug te beweeg. Skole gaan moontlik 29e gedeeltelik weer oop wees. Hope liefde en moedhou vriendin.

          Liked by 1 person

        3. Ons het gisteraand gehoor die tyd word met nog twee weke verleng.Ek kry my kop reg en pak maar die bul by die horings. Dankie vir jou bemoediging.Jy is ‘n steunpilaar liewe Ineke.

          Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s