VVVTT Towerinwêreldtoer. Hfst 4 deel 2

Wat reeds gebeur het: https://perdebytjie.wordpress.com/2020/07/06/vvvtt-towerinwereldtoer-hoofstuk-4-deel-1/

Almal bondel uit die voertuig en draf nader na die klipman. Omdat dit Towerinne is, begin hulle ‘n gesprek met hom voer, wat min of meer só klink:

Vraag:”Mannetjie, hoekom sit jy hier op dié verlate plek? “Antwoord: “Kughukughu!”

V: “Mannetjie is jy dors vir ‘n knertsie?” A:”Kughukughu!”

Na vele probeerslae gee almal moed op en bestudeer sy fyn afwerking van naderby en gooi ‘n paar aalmoesies in sy verroeste bedelblikkie…IMG_8149

Ons  ry verder en kom uiteindelik by ‘n interessante padteken uit. Dit staan bekend as die Groen Drom…IMG_8156

‘n Mens moet jou storie ken in die woestynland. Vanaf die drom loop paaie in verskillende rigtings en jy moet weet waarheen jy mik. Grapjasse wat al hier verby is, het verskeie lagwekkende items en plakkers, agtergelaat en vir ‘n oomblik talm ons om te  sien wat alles daar is. Die botteltjie Jaegermeister sorg vir groot opgewondenheid, want die drank-connoisseurs in ons midde lek lippe af vir ‘n doppie. Helaas, iemand was reeds voor ons hier…sugggg… IMG_8157

Ons koers verder na die westelike kant van die Hartmannvallei…IMG_8238

By ons kampplek word tente uitgedeel, wat self opgeslaan moet word. Sonell protesteer kliphard dat haar pragtig gemanikuurde naels gaan breek. Frannie steek viervoet vas en dreig dat sy Perdebytjie met een van haar broodjies oor die kop gaan slaan. Kort voor lank murmereer almal en Perdeby swig onder die druk. Tyd om die towertent uit te haal en oop te vou. Die gerieflike beddens en badkamergeriewe, laat almal bedaar en oeee! en aaa! oor die pragtige omgewing…IMG_8175IMG_8350

‘n Reuse trop springbokke kom nuuskierig nader…IMG_8232

Na ‘n heerlike nagrus in uiterste luuksheid styg die towertent op en hang bokant die uitkykpunt oor die Kunenerivier en Hartmannvallei.Misslierte maak die rivier onsigbaar. Anderkant die rivier is Angola…IMG_8211

Nietige mens, wat dink jy kan die wêreld regeer! Hierdie bring mens tot jou sinne…IMG_8328

IMG_8331

IMG_8253

Verskeie lugstrome laat die towertent teen ‘n flinke spoed by die Blou Drom land…IMG_8362

Die humorsin ontgaan niemand…

 

Die volgende landingsplek is die Rooi Drom…IMG_8371

en ‘n ontmoeting met Himbavrouens…IMG_8418

Die pragtige Marienflussvallei oppad na Camp Sincro, langs die Kunenerivier…IMG_8400

Wie sit daar?IMG_8396

Nog een van die geheimsinnige Kaokoland klipmanne. Hierdie een wou glad nie praat nie en het nie eers opgekyk toe Seegogga vir hom ‘n glasie van haar bokswyn aanbied nie…IMG_8397

Na ‘n heerlike nagrus in ons gerieflike Towertent, word Toortsie, Woordnoot en Kameel wreed ontnugter deur hierdie skepsel…IMG_0327

Hulle kies sommer die hasepad…IMG_8754

Die tent haal hulle eers in by die Hoarusibrivier. Adrenalien doen snaakse goed met mense! Ons oornag hier. Perdeby sê sy het nou genoeg van gemak gehad en verkies om in haar eie tent op die sanderige rivierbedding te slaap..IMG_8797Die volgende oggend styg ons vir oulaas in ‘n stofwolk op en wuif totsiens aan die pragtige Namibië. Ons reis word nou verder beheer deur Seegogga….

Hierdie hoofstuk vorm deel van die uitdaging vir Afrikaanse bloggers wat as die Towerinne bekend staan. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar, onverklaarbaar. Maar nie vir die Towerinne nie.

As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die eerste hoofstuk te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.

Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

 

 

 

 

50 Replies to “VVVTT Towerinwêreldtoer. Hfst 4 deel 2”

  1. Groen drom, rooi drom, blou drom – o jinne Bytjie – daar sal ek mos murtu verdwaal. Die dame met die rooi klei (?) in haar hare en op haar vel … ek het videos gekry op YouTube. Hulle is pragtige mense. Die skerpioen is nie so pragtig nie. Jy het die Towerinne se stoutste verwagtinge oortref met hierdie toer. Absoluut wonderlik!

    Liked by 2 people

    1. Ek wou nog van die Himbas geplaas het, maar ek respekteer hul privaatheid en het net die een van agter af gepos. Ek het pragtige foto’s van hulle. Die rooi is dierevet en oker wat gemeng word en oor die hele liggaam gesmeer word.

      Liked by 4 people

    1. Nou kan ek salig rus want ek het die land deur jou oë gesien! Wat ń belewenis. Jy het ons dele gewys wat meeste besoekers daar sekerlik gemis het, Perdebytjie. Wel gedaan!

      Liked by 1 person

  2. Dit was nou beslis n heerlike natuur toer. Die woestyn bly steeds iets besonders en op sy eie. Skoonheid op sy beste! Die dromme was vir my ook heel interessant. Hoe haal daardie Himba vroue se velle asem? Voel of dit mens benoud kan maak. Hul is egter gewoond daaraan. Op die oomblik is dit ysig hier(wil wil hael tussenin) jy het my nou heerlik verwarm binne en buite met jou mooi fotos.

    Liked by 1 person

    1. Hulle loop omtrent heeltemal nakend. Hierdie pasta wat hulle maak van oker en dierevet, beskerm hulle teen die elemente. Ek weet ook nie hoe haal hul velle asem nie.
      Ons het ook ‘n koue front aan die kom. Warm bly!

      Like

  3. O dit was ‘n wonderlike toer Bytjie! Hier op my laptop is ek baie meer leesbaar. Delete asb my vorige kommentaar? Die woestynsand het so in my ogies gewaai dat ek nie mooi kon sien toe ek tik nie. Ek wens ons kan nog rof en tjommel in die natuur!

    Liked by 1 person

  4. Dit was heerlik om te sien… maar jy weet natuurlik dat my hart meeste van die tyd in my keel gesit het. Ook nie verniet nie… kyk hoe het daardie skerpioen ons laat hardloop. Weereens dankie dat jy ons gewys het hoe lyk Namibië.

    Liked by 1 person

  5. Aaaah, dankie dat jy ons Towertent oopgevou het, ‘Bytjie! Toe kon ek uiteindelik die skrikwekkende omgewing beleef, in plaas daarvan om oor my eie ongerief te moun! Selfs in my jeug was Suidwes vir my een te veel…
    Jou respek en liefde vir die natuur en die wildernis se mense en diere is bewonderenswaardig.

    Liked by 1 person

  6. Sjoe dit was ‘n heerlike toer, ek sal dit graag in regte lewe wil beleef. Daai dromme en die klipmanne. Jy sal vir ons ‘n kaart moet teken, sodat ons hulle kan gaan opspoor Bytjie

    Liked by 1 person

    1. Dankie dat jy kom saamtoer het. Al teken ek ook ‘n kaart, sal ons nooit daar uitkom nie🤪Dis wille woestyn en net gidse wat die plek goed ken en GPS koördinate sal werk. Gelukkig het ons ‘n gids gehad.

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +