Vreemde tyd

2020 het aangebreek soos enige ander nuwe jaar in die 66 jaar wat ek al op die aarde is.Vanaf November 2019, was daar kort-kort gerugte van ‘n epidemie in Sjina, maar ons het ons min daaraan gesteur. Dis mos ver van ons af .

Einde Februarie het ons ‘n kleindogter ryker geword en die plan was dat ek na ons wegbreek, sou gaan help met die nuwe kleinding. In Maart was ons op ons jaarlikse uitstappie na die Kgalagadi. Dit was wonderlik en terwyl ons daar was het allerhande gerugte van grenssluitings en inperkings die rondte begin doen.

Gelukkig was ons al tuis, toe die skokkende nuus kom dat ons ingeperk word en nie eers met ons kinders mag kuier nie. Die kinders met die nuwe baba moes self sien kom klaar en waar ek vreeslik graag my dogter wou help, moes sy maar alleen regkom.

Aanvanklik was dit snaaks en het ons elke dag geoefen, kos gemaak, nuwe resepte uitprobeer, gelees, gelag, tv gekyk en sommer net buite gesit in die heerlike soel laatsomer- en vroeë herfsdae.

Uit Duitsland het my seun laat weet dat hulle in kwarantyn was, na ‘n ski- naweek in Italië. Die oord waar hulle was, was een van die plekke waar die virus met mening toegeslaan het. Gelukkig kon hulle die huis haal, sonder dat hulle in Italië vasgekeer is. My seun- hulle, was albei siek, maar is nooit getoets nie. Hulle vermoed hulle het die virus gehad, na aanleiding van die simptome. Iemand het elke dag vir hulle kos gebring en by hul deur gelos. Die werklikheid het stadigaan by ons begin insink, dat daar iets leliks aan die broei was.

Hier in SA was daar baie gegis en gewonder of dit nie ‘n politieke maneuver was om beheer oor mense te hê nie en samesweringsteorieë het orals op sosiale media rondgevlieg.

Toe begin die eerste gevalle, die eerste sterftes en die ding begin al naderkom. Eers was dit stadig en min gevalle. Weer is daar bespiegel dat dit leuens is en dat statistieke gedokter word om ons in die duister te hou.

Die dag het gekom dat dit aan ons deur kom klop het. Iemand in ons buurt het gesterf, sy vrou dodelik siek. Hier en daar begin mens hoor van iemand wat jy ken. Tot die dag wat my skoonseun en dogter ook platgetrek word. Die viermaande oue baba was ook nou in gedrang en ons het nie geweet wat om te doen nie. Eindelik het hulle besluit sy moet maar by hulle bly en dat hulle maskers dra naby haar en heeltyd steriliseer voor hulle aan haar vat. Sy kon ook nie na ons toe kom nie, want sy kon ‘n moontlike draer sonder simptome wees.

My ander dogter het aanlyn begin klasgee en ‘n hele nuwe wêreld is geskep. Aanvanklik het dit maar met rukke en stote gegaan, maar soos tyd aanstap het hul tegniek verbeter en kon hulle later dit weer toepas toe vakbonde dwang gebruik om weereens die skole te sluit.

My oudste dogter en haar man is omtrent in die diepkant ingegooi. Met twee lewendige seuntjies wat opgekrop tuis moes sit en ‘n ma en pa wat veeleisende beroepe aanlyn probeer beoefen, het dit soms dol gegaan. Toe die pappie ‘n noodblindedermoperasie moes ondergaan, was dit eers chaoties. Geen besoeke is toegelaat nie en hy was regtig baie siek. Gelukkig het hy Covid vrygespring.

Waar ouers vroeër kon inspring en help, moes ons nou slegs sit en kyk hoe ons kinders spook om alles onder beheer te hou. Dit laat mens magteloos voel.

Intussen het een van my beste vriendinne eensaam in ‘n hospitaal aan kanker gesterf en ‘n ander een se man is oorlede nadat sy hom meer as ‘n maand gelede laas kon sien. Dis so onnatuurlik, maar ek verstaan dis oral aan die orde van die dag en niemand se storie is uniek nie. Terloops, net 15 uitgenooide mense mag die verassingsroudiens in ‘n kapel bywoon.

Dis asof daar ‘n hele gat in my lewe is. Ons kan nie ons kleindogter sien ontwikkel nie en ons kleinseuns word onderwerp aan onnatuurlike gedrag soos maskers dra en afstand hou. Probeer dit nou aan ‘n drie- en sesjarige verduidelik. Vreemd genoeg, verstaan hulle dit en pas goed daarby aan, maar die effék wat dit later gaan hê is nog onseker. Een van hul hulponderwysers het ook gesterf en dit is nou die kleinste wat vir jou oor die telefoon sê: “Teacher Sibongile died from Covid”!

Ek het vir niks lus nie, het lanklaas geblog, gaan nêrens as ek nie moet nie, lees niemand se blogs nie. Kortom, ek het my lewenslus verloor. Ek veg bitter hard daarteen, want ek besef dit is depressie. Dus as ek nie by julle lees nie, wees geduldig. Ek sal weer die lig sien.

82 Replies to “Vreemde tyd”

  1. Het is net of je een verhaal schrijft hoe het er hier in België aan toegaat.
    Want het komt voor een groot gedeelte overeen met wat jij schrijft wat er daar in Zuid-Afrika gebeurt.
    Misschien dat dit bericht dat ik onlangs geschreven heb jullie daar in Zuid-Afrika kan bemoedigen
    https://groetenuittienen.blog/video-bemoedig-elkaar-in-deze-coronatijd-video-encourage-each-other-in-this-corona-time/.
    Groetjes uit Tienen
    Theo

    Liked by 1 person

  2. Ek is bly jy het geskryf Bytjie. Mens moet sulke goed uit jou gestel kry op een of ander manier. Dis hoekom ek skryf. Dit ontlaai lekker. Ek self was by ‘n begrafnis en moes agterna hoor daar is 3 begrafnis gangers wat Positief getoets was vir covid. Ek het myself geisoleer al het ek geen simptome en is gesond. Maar dit raak soms teveel

    Liked by 1 person

  3. Een mooi en ook verdrietig verslag. Het is hier in Nederland niet heel anders (geweest), al hadden we denk ik wel meer vrijheden dan in veel andere landen. Het virus leek even op zijn retour maar het begin opnieuw de kop op te steken. Dit is een verloren jaar. Ik wil je graag zeggen: kop op. Laat je er niet onder brengen. Alles sal (uiteindelijk) reg kom. (Overigens, bij mensen van mijn leeftijd, 60+, is deze uitdrukking uit het Afrikaans gesneden koek. 🙂 )

    Liked by 1 person

  4. Julle is deur rowwe tye, Dina, en ek is bly dat ek daarvan geweet het en julle op my hart kon dra. Moet sê, ek verstaan presies hoe jou gemoedstoestand is. Ek voel baie dieselfde.

    Liked by 1 person

  5. Ieder mens ervaart deze vreselijk nare periode anders. Ik vind het erg voor je dat je je daardoor zo beroerd voelt. Ik heb deze tijd, tot nu toe, en het gaat vast nog langer duren, eigenlijk wel als heel relaxed ervaren. Geen druk, geen moeten, geen afspraken. Het was prima. Toen zieken in de familie, een dode zelfs (een 85jarige oom die leed aan dementie en Parkinson), dan komt het eng dichtbij. Zoals ook bij jou het geval is.
    Toen kwam de periode zoals bij iedereen, je wilt weer wat ondernemen. Maar voorzichtig. Hoe dit afloopt weet niemand.
    Mijn zoon en zijn gezin in Spanje, gelukkig de Canarische Eilanden waar relatief weinig besmettingen waren, maar toch.. eng. Het is gewoon bizar dat de hele wereld in hetzelfde schuitje zit. We moeten er nu maar het beste van hopen en er het beste van maken! Sterkte lief Bijtje!!!

    Liked by 1 person

  6. Een depressie is heel gevaarlijk, sinds korr kan ik daarover meespreken. Laat je goed verzorgen en praat zoveel mogelijk met je geliefden. Vrees niet dat je ‘zaagt’, echt niet!
    Covid-19 is een heel vuil beest dat veel kapotmaakt. Wij zitten ondertussen in de tweede golf.

    Liked by 1 person

  7. Ai Perdebytjie, dit is regtig ‘n slegte tyd vir ieder en elk. Geen grap nie. Ek kon darem gister ‘n klein bietjie nader aan my ma kom, soveel dat sy my darem herken het. Die vorige twee keer het sy my nie eers herken nie! Ek wens vir jou sterkte toe.

    Liked by 1 person

    1. Dit klink nou seker nie goed nie, maar ek is bly my ouers en skoonouers leef nie meer nie. Wat sou deur hulle koppe gegaan het as soiets met hulle moes gebeur? Ek kry die ou mense vreeslik jammer. Sterkte Toortsie.

      Liked by 1 person

      1. Dankie Perdebytjie. Gelukkig word my ma regtig baie goed versorg by ons ouetehuis. Ek dink nie sy besef regtig meer wat aangaan nie, so dis darem nie te erg nie. Ek verstaan wat jy sê oor jou ouers en skoonouers. My skoonma is oorlede net voor die lockdown en ons kon haar betyds begrawe kry. Dit is maar beter so.

        Liked by 1 person

  8. Ek verstaan goed hoe jy voel. My seun kon eers na drie maande na sy familie in Noorwee terug gaan, maar ons het vriende aan COVID-19 verloor en voel ook sleg dat ons nog nie daardie families kon kuier nie. Daardie periode van besig-wees is verby: dit is nou harde werk om deur party dae te kom. Ons is almal saam en ek sal aan jou dink.

    Liked by 1 person

  9. Liewe Perdebytjie, dit is verskriklike slegte tye, mens kan net bid. Vir my voel dit of daar nooit ‘n einde gaan kom nie, maar ek en jy sal net moet glo dat ons ons kleinkinders wat in hierdie tyd gebore is, weer gaan sien voor hulle loop. Sterkte, ek dink aan jou. En dankie vir die gesels nou die dag, jy is spesiaal. Ek volg jou raad oor foto’s.

    Liked by 1 person

  10. Ek wens ek kon troos aanbied, maar vir die eerste keer in baie jare is my emosionele barometer op ‘n laagtepunt. Ek wil in my groot swart kookpot inklim en die deksel oortrek. Daar is plek vir jou ook as dit alles te veel raak 🤗

    Liked by 2 people

  11. Lieve Dina, het virus heeft ons allemaal in zijn greep. Het zijn bange en onzekere tijden. Ik mis je mooie foto’s die voor afleiding zorgen. Hopelijk kan je je moed een beetje terugvinden in verstrooiing en fotografie. Dat zou mooi zijn. Ik wens je heel veel sterkte en kracht. Blijven ademen en doorgaan Dina. Het komt goed, maar het zal van lange duur zijn en we moeten er het beste van maken. Lieve groet en dikke knuffel.❤️

    Liked by 1 person

  12. Jy weet dit dan. My ma se situasie in die ouetehuis is onuithoudbaar en nou dat sy in die hospitaal is, is dit nog erger. Behalwe vir 5 onwettige minute voor sy in gegaan het, het ek haar 7 maande laas gesien. Dit breek ons altwee.

    Liked by 1 person

  13. Ek kan net my kop skud en wonder waar alles gaan eindig. En dan maar weer die volgende dag aanpak.
    Ek is so jammer Dina, die ding het my nog nie persoonlik geraak nie maar wel mense wat ek ken. Wat ek wel weet is dat this too shall pass hou moed

    Liked by 1 person

  14. Ai, Dina.
    Julle het dit regtig sleg gehad en ek hoop en bid van harte dat die ergste nou oor is in jul en jul geliefdes se lewens, dat die wat nog siek is of siek was volkome sal hestel, dat die nare dinge waaraan jou kleinkinders so jonk blootgestel moes word hul nie sal bybly nie, dat jy een van die dae weer jou kinders en kleinkinders kan bederf en dat die mooi herinneringe van die wat heen is mettertyd die huidige hartseer gedagtes oor hulle sal verplaas.
    Mens MAG kla wanneer dit so gaan. Mens MOET kla wanneer dit so gaan. Want solank jy kla hoop en glo mens nog dat daar iets beter kan wees, dat dinge weer kan regkom.
    Aan hoop kan mens vashou.
    Ek hoop die son skyn vinnig weer helder en warm oor jou.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir jou pragtige boodskap, Dries. Dit beteken baie vir my. Ek dink aan julle wat ook deur hierdie traumatiese tydperk moet gaan. Gelukkig is ons almal daar vir mekaar en kan ons oor en weer bemoedig.

      Liked by 1 person

  15. Pragtig geskryf Dina.

    Die pandemie kruip vonnig nader aan ons almal.

    Groete en sterkte.

    Ek stuur dit vir ‘n paar van my klasmaats ook aan. Dit is te goed om weg te steek.

    Thys

    Liked by 1 person

  16. Dis presies soos ek ook voel. Ons was laasweek Heilbron toe na die ouetehuis toe. My hart het gebreek om te sien hoe kom die ou mensies, nie eers pasiente nie, daar ronddraai net om iemand anders te he om mee te gesels. In my depressie dae het ek gesê ek lê onder die bed, ek sien ek soek alweer n kolletjie daar….sterkte vriendin.

    Liked by 1 person

  17. Ai perdebytjie, dis so swaar. Gelukkig was ek in die posisie om my dogter wat erg aan nageboorte depressie gely het, met n 5 weke oud baba by my te kon inneem. Vir 3 maande. Toe hulle teruggaan, was sy gesond en die band tussen ma en baba weer herstel. My hart bloei vir jou.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Appeltjie. Ek voel so skuldig dat ek nie daar was vir my dogter nie. Ons weet dis omstandighede buite beheer, maar mens se moederinstink vertel vir jou ander dinge. Ekis bly jy kon jou dogter bystaan.

      Liked by 1 person

    1. Dis of mens half in ‘n staat van stilstand kom en niks wil doen nie. Ek dink darem ek begin nou gewoond raak aan alles en dit voel of dinge meer “ normaal” raak. Dankie vir inloer, Sletta.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s